OB kry wéér bloedneus in die hof

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, in die Konstitusionele Hof. (Skermgreep: Siphelele Dludla/ANA)

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandagoggend die Openbare Beskermer (OB) se voorgestelde regstellende optrede teen Pravin Gordhan opsy gesit hangende ʼn hersieningsproses.

Regter Sulet Potterill het bevind adv. Busisiwe Mkhwebane het Gordhan, minister van openbare ondernemings, nie die geleentheid gegee om sy kant van die saak te stel nie. Sy het gesê regstellende optrede is vaag en onsinnig en dat daar onherroeplike skade teen Gordhan aangerig kan word indien daar dringend teen hom opgetree word.

Potterill het Gordhan se dringende aansoek toegestaan en ook beslis dat Mkhwebane vir die koste van die aansoek aanspreeklik is.

Gordhan het die hofaansoek gebring om die remediërende optrede wat die OB in haar verslag oor die sogenaamde geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beveel het, te verhoed totdat die hersiening van die verslag afgehandel is.

Mkhwebane hou in die verslag vol dat Gordhan destyds die Grondwet asook die uitvoerende etiese gedragskode oortree het. Sy het verskeie regeringsfunksies, onder andere pres. Cyril Ramaphosa en die polisie, versoek om teen Gordhan op te tree vir sy rol in die destydse stigting van die sogenaamde geheime eenheid.

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Maandag se hofuitspraak volg nadat die Konstitusionele Hof verlede week ʼn vroeëre hooggeregshofbeslissing gehandhaaf het dat Mkhwebane persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir ʼn gedeelte van die regskoste in die hofstryd tussen haar en die Reserwebank.

Die hof het bevind Mkhwebane het haar mandaat oortree, dat haar ondersoek foutief was en dat sy nie eerlik in die ondersoek was nie. Die hof het voorts gelas dat 85% van die koste van die aansoek deur die OB se kantoor betaal moet word en dat Mkhwebane 15% daarvan uit haar eie sak moet opdok.

Die Reserwebank, die minister van finansies, die nasionale tesourie en Absa het almal onderskeidelik gevra vir ʼn hersiening van die verslag.

In Junie 2017 het Mkhwebane bevind die regering het versuim om die sogenaamde CIEX-verslag, wat verband gehou het met beweerde gesteelde staatsgeld en die herwinning van R3,2 miljard by Bankorp Limited/Absa, in werking te stel.

Sy het ook gesê die publiek is benadeel deur die optrede van die regering en die Reserwebank.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

INA ·

Goed so…
Sy hèt miskien ñ punt beet, maar sy benader die situasie verkeerd. Ek dink nie sy moet hiet & gebied nie… Stuur die verslag deur na die betrokke owerheid vir kennisname & verdere instruksies.
Sy kanmiskien moontlikke voorstelle maak; dit mag dalk beter werk…

Corne ·

Jo jo jo. Sy gaan nooit leer nie, nie eers met hierdie hof uitspraak nie.

De Villiers ·

Hoekom moet 85% deur haar kantoor betaal word? Daardie gedeelte is tog op die einde maar my en jou belastinggeld wat deur haar kantoor se begroting betaal moet word. Kan sy nie maar persoonlik aanspreeklik wees vir die totale koste nie?

JohanL ·

My advies aan haar is eenvoudig – bedank. Sy het reeds soveel regsonkostes om te betaal en teen die trant gaan sy agteruit boer.

Het die land al ‘n swakker OB gehad? Ek twyfel.

Ekke Dink ·

Sy Moet moet n oneervolle omntslag ontvang en Ace en Mallema moet ook uit alle hofverigtinge geskors word. Hulle sit agter al die kwaad.

Ekke Dink ·

Skuus ek bedoel Ace en Mallema moet uit alle parlement sittings geskors word. Mallema het mooi by Mogabe en Zuma geleer.

Sê maar net ·

THULI THULI, waar is jy?? Jy was darem maar net in ‘n ander klas…..

DeVill ·

Thuli is hand om die blaas met die EFF, is jy seker jy soek haar terug as OB?
Sy is glad nie meer die Thuli van ouds nie, haar dogter het haar gedraai!
Sy is nou in dieselfde koor as die wat druk vir onteining sonder vergoeding ens…

marous ·

Geen land het ‘n openbare beskermer nodig tensy die regering verrot is nie . In hierdie land het hulle ‘n miljoen nodig ….met boeie .

Linda ·

Ek ‘like’ wat ek hier lees !!! Iemand moet haar kort vat. Sy dink dat sy en Julius Malema die land regeer !!! Hoe Ramaphosa van haar ontslae gaan raak weet ek nie want blykbaar moet die Parlement vir so iets stem !

Moenieklanie. ·

Maklik, Mnr. Ramaphosa is die land se prsident en kan baie hieromtrent doen. Ek stem Raak onteslae van hierdie rugsteker.

Linda ·

Glo my, sy sal nie bedank nie, haar brood word aan albei kante gebotter !

Johan ·

Hierdie dame kom nie eers agter dat sy nie bevoeg is om haar werk te doen nie. Sy boer agteruit met al die hofsake wat sy verloor. Ek wil net vir haar sterkte toewens vir haar volgende hofsaak (wat sy ook gaan verloor!)

Penellope Jones ·

Sal seker nie aanvaarbaar wees vir haar nie. . . .

Gert van Wierdapark ·

O Bee, sy en haar spannetjie huil seker nou “Krokodil-trane” Ons voel vir haar = VERE!

Lou ·

Ek het hierdie berig op die internet raakgeloop.

“In a Canadian study published by “Psychological Science”, two scientists of the Brock University of Ontario found that “people with low IQs tend to be more in favour of harsh punishments, more homophobic and more likely to be racist.””

Ek kan nogal so paar name in die SA Politieke sirkus hier inlees. !!

Lou ·

Ek sou ook graag wil weet hoe het sy dit reggery om ‘n Advokaat te word met die redenasie vermoë wat sy nou ten toon stel??

Louis leeu ·

Weereens verloor sy n hof geding,wys jou net sy is onbevoeg om die werk te doen.Raak ontslae van haar

Johann cb ·

Kry sy stééds nie die boodskap om haar tassie te pak en te loop nie?!

B R ·

Sy luister vir en ondersteun alies wat sleg is. Ek glo die goeie sal die slegte oorwin.
Kom ons bid daarvoor

Swart Piet ·

AS die ANC regtig korrupdsie wil beveg stel vir Gerrie Nel aan as OB en kyk hoe vinnig kom korrupsie in die staatsdiens tot n einde.

Sb ·

Fire haar ASAP. Sy is ‘n skande vir Suid Afrikaans integriteit en geregtigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.