OB laat Nkandla-kwessie in parlement se hande

Adv. Thuli Mandonsela op 19 Maart 2014 toe die Nkandla-verslag vrygestel is.

Adv. Thuli Mandonsela op 19 Maart 2014 toe die Nkandla-verslag vrygestel is.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het die veelbesproke Nkandla-kwessie in die hande van die parlement oorgelaat.

Oupa Segalwe, die OB se waarnemende woordvoerder, het Woensdag bekend gemaak dat Madonsela nog nie terugvoer ontvang het op ʼn brief wat haar kantoor meer as ʼn maand gelede aan president Jacob Zuma oor die kwessie gestuur het nie. “Sy het besluit om die hele Nkandla-kwessie in die parlement se hande te laat,” het Segalwe gesê.

Madonsela het in September die president in kennis gestel dat die uitkoms van die voorstellings wat sy in haar verslag oor opgraderings by Nkandla gemaak het, nie meer in haar hande is nie. “Ek los nou die kwessie in die hande van die parlement, Suid-Afrika en die regbank,” het sy destyds gesê.

Ashton Schippers, ʼn hooggeregshofregter van die Wes-Kaap, het vroeër verduidelik dat Madonsela se pligte nie behels dat sy “blote aanbevelings” maak wat net geïgnoreer kan word nie.

Segalwe het dit beaam en gesê dit is die sienswyse wat die OB nog altyd gehad het.

Die regering het R246 miljoen aan opgraderings aan Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal betaal. Madonsela het in Maart vanjaar aanbeveel dat Zuma die gedeelte, wat nie aan veiligheidsopgraderings spandeer is nie, moet terugbetaal.

Klik hier om vorige berigte oor Nkandla te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alet ·

Vergeet daarvan daar gaan tog niks van kom nie sy het alles gegee om dit te openbaar die ANC het alleen reg in Suid Afrika .As jy n skelm is is jy een ander skelms word gevang ander kom los

Theresa ·

Jy is reg Alet. Daar gaan niks van kom nie. Een maal ‘n skelm, altyd ‘n skelm en hulle kom met alles weg en doen net wat hulle wil. Nou beweer die ANC dat die OB nie fondse nodig het nie en sal dit nie toestaan nie. My bek hang oop…………………….

jakoos ·

Ek vermoed die skelm na wie julle twee verwys is Zuma. Kan julle asb. vaste feite gee waar hy aan enige “skelmstreek” skuldig bevind is? Gaan kyk weer, nie eens Madonsela het hom van skelmgeid of diefstal of iets beskuldig nie. Bloot “bevind” dat die skuif van die veekraal en die swembad en nog iets nie behoorlik volgens die regte wet gedoen is nie en dat hy dus daarvoor aanspreeklik gehou moet word. Maar daar is ander wat daarop wys dat sy nie haar storie mooi reg gekry het nie – en dat daar wel ander wette is waarvolgens die goed gedoen is. Die parlement sal nou tereg bepaal wat wel geld en wat nie – en lyk my Madonsela het nou handdoek ingegooi en erken nou die Parlement is die oppergesag – nie sy nie – of sy en julle en ek nou daarvan hou of nie!

Ek het geen beswaar as julle Zuma wil aanval nie – maar doen dit dan net op grond van feite – nie emosies en wanvoorstellings nie.

Net ekke ·

Hi Jakoos, welkom in Suid Afrika. Ek hoop jy het jou buitelandse verblyf geniet,want as jy hier gebly het, sou jy geweet het wat aangaan.

Dis nie NET Madonsela wat handdoek ingooi met die parlement nie, die opposisie partye het ook.

ANC = Parlement en hulle het al voor die tyd besluit Zooms het van geen sout of water geweet nie.Natuurlik word hy beskerm,anders is hul almal uit hul soustrein joppies uit.

Die sirkus gaan een van die dae bankrot wees, want daar is hopeloos te veel narre.

moegoe ·

Thuli jyt verkeerd gehandel, parlement is ANC- Bang vir Zoem-Zoem,wnt moontlik raak jy Ge-Fire.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.