OB lê strafregtelike klag teen minister

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane het Woensdag gesê sy het strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsekuriteit, oor die minister se versuim om ʼn “gedeklassifiseerde dokument” te oorhandig.

Dié dokument bevat besonderhede oor ʼn ondersoek na die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan.

Mkhwebane het in ʼn verklaring gesê Letsatsi-Duba se versuim om die verslag te oorhandig, kom neer op inmenging met die Openbare Beskermer se werk en dit is teen die wet.

“Die Grondwet stel dit duidelik dat geen persoon of liggaam of organisasie mag inmeng met die funksionering van onafhanklike grondwetlike instansies soos my kantoor nie. Die grondwethof het dit verder duidelik gemaak dat ek nie ondermyn of gesaboteer mag word nie en dat my mag ‘nie veronderstel is om die knie te buig voor enigiemand nie’.”

Die klag is op 13 Maart ingedien, net twee dae ná Letsatsi-Duba ʼn strafregtelike saak teen Mkhwebane ingedien het. Die minister voer aan Mkhwebane het onwettig ʼn afskrif van die verslag ontvang omdat dit nog steeds as hoogs vertroulik geklassifiseer is.

Mkhwebane probeer bepaal of Gordhan die Wet op Uitvoerende Lede se Etiekkode oortree het wat betref ʼn vervroegde pensioenbetaling aan die voormalige kommissaris van die inkomstediens, Ivan Pillay.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cassie Carstens ·

Hierdie vrou hou haar duidelik met nonsens op in plaas van om haar korrupte kollegas te ondersoek. Sy is ‘n spioen enhet geen regsagtergrond sover ek weet nie. What a wasting of time, en dan is sy nogal pertinent daarop dat niemand haar mag weerspreek nie? Arrogante kader van Jacob Zuma.

BlinkStephaans ·

Dit wil vir my al lyk of die OB haar besig hou met amper onbenullighede en duidelike misdadeige gedrag soos die melkery saak word doodgedruk. Die goedjies wat sy so bedrywig ondersoek om haar te laat besig lyk kan sommer deur die naaste speurtak ondersoek word. Daar is sake wat sekerlik van ñ ernstiger aard is wat veel meer van die belastingbetaler se geld opgeslurp het, maar daardie dossiere lê en stof vergader in die hoop dat almal daarvan sal vergeet.

Elsa ·

Sy ry n dooie perd. Die hof het mos klaar die uispraak gegee

Thinus ·

Alweer dubbele standaarde. Daar is meer kritieke goed om te ondersoek nou worry sy oor iemand se vroee verlof. Sy is regtig onbevoeg en net nog ‘n Zuma kant puppet. Wat van Zuma, Guptas, Mokonjane, en die res van die kriminele gemors wat ons land so skade aangerig het. Selektiewe vervolging, net soos Abrahams.

Skroef ·

Terwyl alles gaan oor EK en MY! Ons wul weet if Brian molefe al die onwettig – bekomde pensuoen terug betaal het?

Neels ·

Aag suestog vir wie wilsy nou beindruk. Die ou sakue is mos nou al lankal afgehandel. Olaas dat sy n regte ondersoek na die gewese no1 en sy meelopers doen. Dit sal ook nooit gebeur nie want sy was n Gupta aanstelling

Hendri ·

Ag toggie tog! Met respekte en vergunning aan Jan F Cilliers kan ek sê; Sy slaap in die rus van die eeue gesus… Sal iemand tog net vir die ou dwaalgees ‘n espresso aangee dat sy die koffie kan ruik? Busiswe jy kan maar ophou dien, jou meester swaai lankal nie meer die septer nie, hy stook nog net die vuur so agterlangs met vrot steenkool van die Guptas. Vlam gaan niks vlam nie want tot sy twak is is nat. Los tog nou vir oompie Pravin, alles is afgehandel, sy klagtes llê saam met siembamba in die die sloot. Morsdood. Ten ergste is jy net ‘n irritasie en ten beste ‘n verleentheid vir jouself. Die skoene van Tuli wat jy probeer volstaan is myle te groot vir jou en soos jy jou gewig probeer rondgooi met daardie skoene aan gaan jy vir jou kort voor lank bloedbek val. Moenie se oom het jou nie gewaarsku nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.