OB meen spioenbewerings is poging om haar te skors

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy ʼn spioen is, kan tot haar skorsing lei, het Eyewitness News berig.

“Ek dink die motief was om my te dwing om vir ʼn ondersoek te vra en dan sodoende vir die president ʼn rede te gee om my te skors hangende die ondersoek,” het Madonsela aan die radiokanaal gesê.

Volgens Madonsela het die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) verkeerd opgetree deur te sê hy sal ondersoek instel “bloot omdat iemand die bewerings gemaak het”. Sy het gesê die ondersoek is ʼn poging om haar kantoor te ondermyn. “Ons kyk na dinge en as daar nie iets is waarmee ons kan werk nie, dan gaan ons nie daarmee voort nie.”

Die SSA het verlede week aangekondig dat hy bewerings van spioenasie teen Madonsela, Julius Malema, Lindiwe Mazibuko en Joseph Mathunjwa ondersoek. Brian Dube, woordvoerder van die SSA, het gesê die bewerings teen die vier het die SSA gelei na ’n WordPress-webjoernaal genaamd africainteligenceleaks.wordpress.com.

Madonsela het intussen gesê die mense wat die bewerings gemaak het, moet eerder ondersoek word aangesien “jy regtig nie ʼn vuurpylwetenskaplike hoef te wees om te sien dat die manewales ʼn poging is om mense te belaster nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jjobson ·

Thuli en Mazibuke het niks verkeerd gedoen nie maar word die teikens van die SSA (SAAMSWERENDE SOTTE AGENTSKAP). Mal -ema het maar h i korrupte geskiedenis. Los die 2heldinne uit, hulle is prez gehalte.

Elize ·

Stem saam met jou Zahn. Al die korruptes wil van haar ontslae raak, omdat sy nie n banghaar op haar kop het nie. En omdat sy die guts gehad het om die president aan te vat!

Ghost ·

Dink hulle het n naam uit daai lys gelos. Zuma. Hy konkel baie met die russe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.