OB moet president se seun ondersoek oor tender

(Foto: Bongani Mbatha/ANA)

Die burgerregtegroep AfriForum het die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, gevra om ondersoek in te stel na die R6 miljoen wat die maatskappy sonder winsoogmerk Supplier Development Initiatives (SDI) ontvang het.

Pres. Cyril Ramaphosa se seun, Andile, is ʼn medestigter van dié maatskappy wat onder meer Gautengse minibustaxi’s help omskep het om aan Covid-19-regulasies te voldoen. Die veranderinge wat aan die taxi’s aangebring word, moet die verspreiding van die virus onder pendelaars help verminder. Ventilators word onder meer in taxivensters geïnstalleer en ʼn plastiekafskorting hou taxibestuurders eenkant van passasiers.

“Weens onlangse openbarings van staatskorrupsie en -buitery van Covid-19-verligtingsfondse is dit in openbare belang om vas te stel of Andile Ramaphosa staatsondersteuning vir die projek ontvang het en of dit op korrupsie neerkom,” het Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, gesê.

“AfriForum het die OB daarom namens sy lede en in openbare belang versoek om die saak te ondersoek. Indien die feit dat hy die seun van die president is enige rol gespeel het in die toekenning van staatsfondse, kan dit op korrupsie neerkom en moet dit daarom ondersoek word,” het Taute gesê.

Daar is in hierdie stadium egter geen bevestiging dat staatsgeld wél vir die projek aangewend is nie.

AfriForum sê Suid-Afrika is reeds in ʼn volgehoue stryd teen korrupsie gewikkel en dat dit veral nou tydens die Covid-19-pandemie ʼn nasionale krisis geword het.

“ʼn Vinnige reaksie is dus noodsaaklik. Die ANC se gestelde verbintenis tot die uitroei van korrupsie blyk egter niks minder as lippediens te wees nie.”

Die president se kantoor is vroeër reeds in omstredenheid gedompel nadat ʼn ondersoek na twee tenders van die Gautengse departement van gesondheid van stapel gestuur is. Die tenders, wat later gekanselleer is, was vir die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) aan Royal Bhaka Projects.

Khusela Diko, die president se woordvoerder, se man is ʼn direkteur van dié maatskappy. Diko is ook ʼn lid van die Gautengse provinsiale uitvoerende komitee en is Dinsdag op spesiale verlof geplaas.

Sunday Independent het verlede week onthul dat Madzikane Diko se maatskappy ʼn PPE-tender ter waarde van R2,2 miljard ontvang het. Dit was deel van ʼn tender wat aan 75 maatskappye toegeken is. Royal Bhaka Projects het kontrakte ter waarde van R47 miljoen en R78 miljoen ontvang.

Die pryse vir die toerusting wat Diko se maatskappy verskaf het, is glo onreëlmatig verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nell ·

Lyk my die bedrog rondom Covid-19 is veel erger en verreikend as die virus self. Die IMF sal maar sorgvuldig moet boekhou van daai R70 miljard-lening. Die fat cats lek seker al lippe af.

Axel ·

Bheki Cele het gister dit baie duidelik gemaak dat die Staat NIE met familie lede mag besigheid doen nie. Cyril dan sit JY op tv en kyk ons in die oë en lief vir Suid Afrika. SKANDE, JY IS NIE PRESIDENT NIE

Scalla ·

Geen benul van geld, enige regdenkende mens weet mos n virus sal nie gekeer word in n prop vol taxi nie!!

Adeline ·

Volg net die geld spoor vanuit die regering en AL die korrupsie sal oopgevlek kan word. Lippetaal hetsy deur kommentaar of vanaf enige lid in en buite die voos vrot korrupte anc het geen waarde of fondasie nie – alles leuens en skelm streke. Die lid wat gesing word is “covid-19 gemeng met apartheid”. Ek bid dat elke korrupte daad wat gepleeg word openbaar gemaak sal word en dit orals uitgebasuin word. Elke misdaad wat gepleeg word dat die oortreders in hulle misdaad hul Skepper sal ontmoet. Oral op die nuus lees ek van antwoorde op my gebede. As een bid val daar 1,000, as 2 bid val daar 10,000 as 3 bid val daar 100,000 …maak maar die som self verder. Dit werk werklik nou wonner ek hoeveel bid? Dat cyril en sy familie betrokke is by korrupsie is nie ‘n wonder nie – dit is ‘n feit – dit is hoe die kultuur werk. Wil nie in sy skoene staan as hy sy Skepper ontmoet nie, verseker nie.

Pampoenboer ·

Ventilators word onder meer in taxivensters geïnstalleer maar nou moet taxivensters oop wees so wat is doel van ventilators. Ek het in elk geval nog geen taxi gesien wat n ventilator het nie

Willem ·

Hoekom moet ons betaal vir al daai goed. As dit my taxi was moes ek alles op my eie onkoste doen. Lekker in SA

ES ·

Die openbare beskermer gaan net haar tyd mors. Die hof gaan in elk geval haar bevindings verwerp, net soos dit die vorige 3 kere gedoen was.

Adam Adriaan ·

En Nou CR. Dit wys net weer alles is beplande bedrog en skelm streke. Dit help nie jy sit daar op TV, Beklek en Stertswaai, met die bevolking van die land en jou eie kombuis staan vol vuil skottelgoed nie.

Inkpot ·

In sy toespraak belowe hy dat daar ń spesiale komitee saamgestel word om korrupsie met die Covid te ondersoek. Nóg geld wat vermors word!!
Daar gaan niks van kom nie. Soos iemand tereg gesê het hy moet net ń “staff meeting” hou, dis daàr waar die korrupsie is.
Geen minister of president van ons vorige regering was so fenomenaal ryk soos die huidige ANC regering nie.

Anoniem ·

Maar, in Maart 2020 het cyril gese korrupsie sal nie toegelaat word nie. En in Julie 2020 het hy gese hulle gaan ‘n kommissie aanstel om te kyk waar die geld heen verdwyn het.

Kokerboom ·

Wys my een enkele geval waarby ANC afgelope 26 jaar betrokke was met tenders waar korrupsie NIE plaasgevind het! Die ANC is endemies korrup

Jakes ·

Indien daar wel waarheid in die vermoede steek moet CR aan die land bewys wat hy n paar dae gelede gese het ivm bedrogsake wat verband hou met die pandemie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nie net voete van klei nie, bene van yster is nou ook sommer van klei

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.