OB moet verduidelik

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Foto: ANA

Die parlementêre komitee oor justisie en korrektiewe dienste het Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, versoek om haar uitlatings van die afgelope paar weke te kom verduidelik.

Mathole Motshekga, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee is erg bekommerd oor bewerings dat Mkhwebane se kantoor “bewyse verswyg”.

“Hierdie soort aantygings doen afbreuk aan die goeie beeld van die kantoor van die openbare beskermer,” het Motshekga gesê.

Mkhwebane sal Woensdag voor die komitee verskyn. Daar is nie bekend gemaak na watter spesifieke uitlatings verwys word nie.

Daar word egter berig dat Mkhwebane onder meer haar uitlatings oor die Vrede-suiwelprojek sal moet verduidelik. Mkhwebane het Vrydag die verslag bekend gemaak en gesê sy is nie heeltemal tevrede daarmee nie omdat sy weens ʼn beperkte begroting nie alles behoorlik kon ondersoek nie.

Mkhwebane sal na verwagting ook gevra word om haar posisie te verduidelik rakende die remediërende stappe wat haar voorganger, Thuli Madonsela, aanbeveel het in haar verslag oor staatskaping. Mkhwebane het glo uitlatings gemaak oor die omvang van wat die kommissie van staatskaping gaan ondersoek.

Pres. Jacob Zuma het adjunkhoofregter Raymond Zondo op 9 Januarie as voorsitter van die kommissie aangewys. Zuma het Vrydag die regulasies vir die geregtelike ondersoek na staatskaping vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Ek vertrou haar niks nie… sy is een van die kaders… heerlikke pos los geslaan! Ingesluk deur die Zuma faksie sal ek se

Alida ·

Daar was wonderlike kandidate op die kortlys maar JZ het besluit om weereens ‘n onbekwame persoon aan te stel soos met al sy aanstellings. Neem ‘n voorbeeld van Des Van Rooyen waar in die lewe kon hy ooit minister van finansies gewees het. Pravin Gordhan was baie goed maar te eerlik vir Jacob toe dank hy hom af net soos met al die ander eerbare mense.

SjN ·

Anstelling is gedoen om Z te beskerm, net soos Gigaba in die nagtelike ure. Die wiel draai, stadig maar verseker.

PJC ·

Ek hoop hulle braai haar behoorlik sodat sy versigter sal wees met die beskerming van haar maatjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.