OB moet wéér self hoes vir regskoste

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag nóg ʼn persoonlike kostebevel teen die Openbare Beskermer (OB) gemaak.

Regter Ronel Tolmay het adv. Busisiwe Mkhwebane beveel om self 7,5% van die regskoste vir die DA én 7,5% van die regskoste vir die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) te betaal.

Die OB se kantoor moet 85% van die DA en Casac se regskoste betaal.

Die DA en die waghondorganisasie het die hof genader oor Mkhwebane se verslag oor die omstrede Estina-suiwelprojek wat met die Guptas verbind word.

Hulle het in Oktober verlede jaar in die hof aangevoer Mkhwebane het nie haar ondersoek behoorlik gedoen nie, asook versuim om senior politici, wat by bewerings van korrupsie en geldwassery betrek is, se betrokkenheid omvattend te ondersoek.

Die projek het uiteindelik in duie gestort.

Die regter het bevind die OB het “heeltemal gefaal” om haar grondwetlike plig na te kom wat betref die Estina-verslag en dat haar pligsversuim in dié geval selfs meer betreurenswaardig was as in die Reserwebankondersoek.

Die DA glo Mkhwebane se verslag was afgewater omdat politici wat betrek is nooit ondervra is nie, en dus noukeurige ondersoek vrygespring het.

Tolmay het in Mei vanjaar al in die guns van die DA en Casac beslis en die verslag ter syde gestel.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het in reaksie op die uitspraak gesê die parlement kan nie die situasie veel langer duld nie.

“Net nóg ʼn persoonlike kostebevel teen ons onverskrokke Openbare Beskermer. Sy steier van een hofnederlaag na die volgende, terwyl sy die geloofwaardigheid van dié belangrike Hoofstuk 9-instelling net verder skade berokken,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ore ·

Arme vrou.Wie borg haar want al die kostes beloop seker al ‘n paar duisend rand? Sy kry nie die boodskap nie en die ANC trap water,dalk bang wat EFF gaan doen as sy van haar pligte onthef word.

Pieter ·

Kan sien vir wie werk sy jy kan en sal hulle niks vertel nie hulle ken en weet alles dit is hoekom dit so goed gaan in suid afrika hehe

Alida ·

Kry vir jou sissie. Daardie pos is daar vir mense met integriteit en nie om jou pelle te bevoordeel nie.

Willem ·

In haar volgende lewe sal sy maar iets anders moet doen. Ek sal haar nooit as advokaat gebruik nie. het sy al ‘n saak gewen?

Gert van Wierdapark ·

Onverskrokke Dom-astrant!!! Betaal is die “Wet van Transvaal!! Ek het simpatie en sal al 13 Zim dollars en enige Monopoly-geld waarop ek my hande kan le, vir haar aanstuur!!! He-he-he!!!

JohanL ·

Goeie advies aan Me Mkhwebane – bedank eerder. En as ek dit mag se, ek dink dit is goeie advies :)

Jou ·

Haar vorige koste bevel was ampar R900 000, waarvan sy al R100 000ingesamel het deur publieke borgskap, plus die een behoort sy dit te voel

Andre C ·

Hoekom moet die OB se kantoor 85% van die koste betaal ?Dis die belastingbetaler se geld

Jerry ·

Indien die OB gefire word en in die toekoms eendag dalk terugkeer as minister van justisie, sal sy virseker die doodstraf laat herinstel om almal wat haar nou verguis, terug te betaal! Sy lyk meer en meer soos n swak verloorder wat geen onreg verdra nie, terwyl sy self onregte links en regs uitdeel!

Pippie ·

Sy sal ‘n 2de werk moet kry om haar regskostes te betaal…

Neels ·

Sy het nog nie geleer doen jou huiswerk reg nie en kry jou feite agtermekaar , maar nou ja so gaan dit met kader ontplooing onbevoeg en onbekwaam . Haar meesters gaan ook die rug ip haar draai noudat dit by betaling kom . Ai shame baie van ons moes maar weer voor en onder begin danksy die ANC . Soos ek vroeer gese het die antie se uurglas loop leeg en voor kersfees gaan sy haar vroe geskenk kry.

JohanR ·

Blykbaar or 3de September word haar gepos bespreek in die parliament. Kan net hoop op 4de September smaak my more koffie soos heuning? Die Publiek stem sy moet loop….al 58 miljoen van ons!

Tokkie ·

Indien sy n praktiserende advokaat was en sy het so drooggemaak sou haar kliente haar reeds afgedank het maar omdat sy in die staatsdiens is kan sy maar aangaan die belastingbetalers moet maar betaal / sy is duidelik onbevoeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.