OB, MRK pak saam probleme in Alexandra

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die openbare beskermer en die Menseregtekommissie gaan kragte saamsnoer om die probleme wat tot gewelddadige betogings in Alexandra, noord van Johannesburg, gelei het te ondersoek.

Inwoners van Alexandra betoog sedert verlede week oor diensleweringskwessies. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, en Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het vroeër die week vergader en besluit om ʼn gesamentlike ondersoek van stapel te stuur om oplossings vir die gemeenskap se probleme te probeer vind.

“Volgens ons ervaring vaar gemeenskappe die strate in wanneer hulle van mening is dat hul besware op dowe ore geval het”, het Mkhwebane gesê. “Dit is belangrik dat mense bewus word daarvan dat hoofstuk 9 van die Grondwet my kantoor en die MRK tot stand laat kom het vir mense om hul regte op te eis rakende kwessies soos openbare dienslewering.”

Volgens Mkhwebane sal haar kantoor aandag gee aan aspekte rakende wanadministrasie, insluitend die toekenning van hulpbronne deur die onderskeie administrasies tot die lewering van gehalte openbare dienste in Alexandra.

Die MRK sal fokus op menseregtekwessies soos toegang tot behuising, water en sanitasie, opvoeding en gesondheid.

Mkhwebane het gesê die ondersoek sal fokus op die verskillende sfere en kyk na die optrede en weglatings van nasionale, provinsiale en plaaslike administrasies.

“My kantoor het gevolglik vinnig beweeg om ʼn aanvanklike ondersoeklêer in die saak te open. In noue samewerking met die MRK sal ons met alle rolspelers in die saak in gesprek wees met die oog daarop om die probleme wat in Alexandra ervaar word vinnig aan te pak,” het Mkhwebane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

John ·

Regoor die wèreld toi mense in strate… en eis. Sjina maak korte mette van diesulkes; gee hulle die geleentheid om lank oor hul eise te mediteer. Daar is te veel mense op aarde vir die lewensgehalte wat hulle glo hul toekom. Alexandra se beleid van niebetaling, aggressie teenoor die wet en sy dienaars boemerang nou en skimmelpolitici buit dit uit. Ons gaan nie vanjaar stem nie. Die regering is ‘n klug-agentskap. Gruwelike tonele wag.

Manie van Worcester ·

En as jy nie teen die regering gaan stem is jy deel van die probleem en versaak jy diegene wat nog probeer om te red tussen die gemors deur. Dis absoluut dom om nie te stem. eintlik pateties kortsigtig en onnosel

Dries du Toit ·

Alex is nie die enigste een met probleme nie. Maar hy is onder DA beheer. Daarom wil Mekwabane bietjie probeer punte score vir ANC

JohanL ·

Die MRK? Wat de heng soek hulle daar? Hulle het immers GEEN geloofwaardigheid meer oor nie. Of gaan hulle die oorsprong van die probleem vasmaak as blankes wat jare gelede toegelaat het dat die gebied ontstaan? Hou die spasie dop – dit gaan hulle ‘n tydjie neem om dit uit te dink, maar dit gaan hul storie wees. So dit is eintlik apartheid se skuld wat nou eers oorloop in protesaksies.

jakes ·

SA is oorbevolk en instromingsbeheer bestaan glad nie. Boonop is die bevolkingsaanwas hopeloos buite beheer gegewe die feit dat miljoene mense werkloos is. Alexandra is een van n duisend plekke waar dienslewering nul is omdat die regering nie weet wat die word beteken nie. Die MRK is n siek grap en n verleentheid vir die land.

HPV ·

Jakes jy is reg. Die OB en MRK kan nie eers die tikkende bom deur eff/blf aanhitsing en opsweping teen blankes hanteer nie, maar skielik is hulle vol planne vir Alexandra.

Manie van Worcester ·

So ook die ob, n paap maar nou spring hulle saam met anc op en af om stemme te kry en die dom stemvee sal val daarvoor en oor n jaar weer dans en brandsteek

George in Bloem ·

Hmmmm……die MRK,sekerlik een van die grootste grappe in die hele ANC sirkus. Nog ‘n nuttelose ondersoek van die ANC deur die ANC,nog ‘n klomp kaders wat ‘n klomp van die hardwerkende belastingbetaler se geld in hulle sakke druk. Wat ‘n grap is hierdie spul narre tog nie? Glo hulle die str@nt wat hulle elke dag praat?

Gert van Wierdapark ·

Oo Bee Mense, lees ek Reg !? Met die OB en MR wat toetree, is verdere de-stabilisasie in dir vooruitsig. Ongelukkig doen MR-OB nie wat hul BEHOORT te doen nie, en probeer nou soos ons onderwysridder, mini-ster van Gauteng, ene Lesufi, om tr krap waar dit nie jeuk nie, net om in die Kollig te probeer kom – Pateties verby en net ‘n slap Ver-Kiesings Foefie!!!

piper ·

alexandra is seker een van die plekke wat die meeste dstv skottels per vk. meter het.

Jordaan ·

En daar kry die kinders wat ‘n vloermoer gegooi het weer ‘n suigstokkie. As die regering aanhou om sulke gedrag te beloon, gaan dit beslis nie verbeter nie.

Johan ·

Die MRK sal sommer gou sê dat al Alexandra se probleme deur oom Jan veroorsaak is….

Knersis ·

Daar was deur die negentiger en vroee 20’s verskeie projekte met die naam van “Alexandra Renewal Project” of soortgelyk. Daar is ook “sensus” van inwoners gehou in een van die projekte. Die projekte het telkens misluk omdat die gemeenskap nie saam werk. Daar is plakkershutte wat soms dwars oor ‘n straat gebou is. Die uitleg verander ook so vinnig dat die projekspan min kan uitrig. Ek weet. Ek was deel van ‘n span konsultante wat daar moes werk. Die gemeenskap was betrek by die projekte maar werk nie saam. Dit was doodloopstraat van dag 1. Alexandra sal teen 2099 steeds net so of erger lyk. Vreemd genoeg is daar een of ander vorm van “orde” in die chaos.

Jerry ·

Volgens nuusoorsigte het Alex se voorbok aanhitser, laas wat ek nuus gekyk het, gese dat Alex inwoners gaan opruk na Sandton. So dit klink vir my asof Sandton volgens die aanhitser iets te doen het met die agteruitgang en algehele verval van Alex. Dalk is die gedagte om Sandton gelyk te maak met Alex, want hulle sal beslis nie Alex gelyk kry met Sandton nie! Wat die integriteitslose revolusionere OB en die MRK in Alex gaan maak is om die bevindings en aanbevelings van n verslag wat reeds opgetrek is, met die opstokers te klankbord! Een van die bevindings behoort te wees dat iemand van die ANC die dienstegelde vir Alex verduister het, maar dat die ANC dit sal regstel deur die OB se aanbevelings, wat onder andere n aanbeveling insluit, om 50 % van dienslewering aan Sandton na Alex te skuif en waarvoor Sandton sal moet betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.