OB neem regstappe oor spioenasiebewerings

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.

Die openbare beskermer en haar kantoor het besluit om regstappe te neem teen die DA in verband met “vals bewerings dat sy ʼn spioen was”.

“Voor adv. Busisiwe Mkhwebane in die amp van openbare beskermer aangestel is, het die DA, deur adv. Glynnis Breytenbach en Werner Horn, tydens ʼn perskonferensie op 7 September 2016, aangevoer dat sy ʼn spioen is, en dat sy op die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap se salarisrol was toe sy deur die departement van binnelandse sake aangestel is as ʼn raadslid oor immigrasie en burgerlike dienste in China,” het Cleopatra Mosana, woordvoerder van die kantoor van die openbare beskermer, gesê.

“Die openbare beskermer het besluit om regstappe te neem teen die DA, adv. Breytenbach en mnr. Horn, om hulle te versoek om hul valse en lasterlike uitlatings terug te trek en ʼn verskoning te plaas op dieselfde platforms wat hul bewerings gepubliseer het.”

Die openbare beskermer behou die reg voor om eise in te stel vir enige skade wat sy gely het as gevolg van die uitlatings, het Mosana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.