OB-onderhoude regstreeks uitgesaai

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Die onderhoude met die 14 kandidate wat meeding om as die volgende openbare beskermer (OB) aangestel te word, gaan almal op een dag plaasvind en word regstreeks uitgesaai.

Die onderhoude word Donderdag in die parlement in Kaapstad gevoer.

Dr. Makhosi Khoza, voorsitter van die komitee wat aangestel is om ʼn plaasvervanger vir adv. Thuli Madonsela te kry, het gesê al die kandidate se onderhoude sal op dieselfde dag plaasvind. “Die rasionaal hier agter is om te verseker dat die een kandidaat nie ʼn onregverdige voordeel oor die ander het nie aangesien die onderhoude regstreeks uitgesaai word.”

Elke kandidaat se onderhoud is vir ʼn uur lank geskeduleer. Die eerste onderhoud begin om 7:45 terwyl die laaste onderhoud vir 23:00 geskeduleer is. Die kandidate moet reeds teen 7:00 by die parlement wees.

Temba Gubula, woordvoerder van die parlement, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word om te hoor op watter kanale die onderhoude uitgesaai sal word nie. Volgens berigte sal die SAUK die onderhoude uitsaai. Dit sal vermoedelik ook op die parlement se YouTube-kanaal gevolg kan word.

Regter Siraj Desai en Willie Hofmeyr, adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolging, is van die bekende kandidate vir die pos. Kevin Malunga, huidige adjunk-openbare beskermer en Mamiki Goodman (née Shai), ʼn voormalige adjunk-openbare beskermer, is ook benoem.

Die ander kandidate is regter Sharise Weiner, adv. Madibeng Mokoditwa, adv. Nonkosi Cetywayo, balju by die hooggeregshof in Bellville, adv. Mhlaliseni Mthembu, prof. Narnia Bohler-Muller, uitvoerende direkteur van die Afrika Instituut van Suid-Afrika by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, prof. Bongani Majola, Busisiwe Mkhwebane, ʼn direkteur van die departement binnelandse sake, Jill Oliphant, Muvhango Lukhaimane, pensioenfondsberegter en Kaajal Ramjathan-Keogh, uitvoerende direkteur van die Southern Africa Litigation Centre.

Lees ook:
OB-opvolger: ‘G’n plek vir ʼn skoothondjie nie’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nico ·

Almal moet 07:00 daar wees maar die laaste onderhoud begin 23:00. Daai klink soos “Army” beplanning.

Klaas ·

Die beplanning maak sin. Dit is tog logies: Om te keer dat die wat later kom nie onregverdig bevoordeel word nie, moet daar gekeer word dat hulle die onderhoude op TV kan volg. As hulle later moet aanmeld kan hulle mos op TV volg en sien / hoor hoe die onderhoude verloop.

jaco ·

Desai, Hofmeyr, Weiner, Oliphant, Muller en Keogh hoef nie eens op te daag nie. BLOOT op grond van hulle velkleur, wat die hoof-kriterium vir veral werk in ons staatsdiens is, sal nie een van hulle OB word nie.

John ·

Klaas-vakie, jy sal maar eers na middernag opdaag, asseblief. Dalk is die laaste een ons beste keuse. Wag hom uit… Ons ander sal maar ‘n port of twee as medikasie neem vir stres en teen gaap.

E ·

Ai maar is dit nie te oulik nie, hulle saai dit uit. Nouja as hul dit uitsaai sal ons dalk ń verkiesing kan hou? Dan kan die publiek mos stem wie hul wil hê moet hul belange dra.

Nico ·

Ten minste een program wat nie ‘n herhaling van ‘n ou reeks is nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.