OB ondersoek heining by KZN-wildreservaat

Hluhluwe-wildreservaat

Hluhluwe-wildreservaat

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het die heining by die Hluhluwe-iMfolozipark in KwaZulu-Natal ondersoek ná klagtes oor aanvalle deur wilde diere.

“Die OB en ʼn span ondersoekbeamptes van haar kantoor het Donderdag die kwaliteit van die heining rondom die 960 vierkante kilometer park ondersoek om te bepaal of plaaslike gemeenskappe en hul vee weerloos is teen aanvalle van wilde diere,” het Oupa Segalwe, haar woordvoerder, Vrydag gesê.

Madonsela het met ʼn paar inwoners en hoofmanne van die gebied vergader.

Inwoners het aangevoer hulle is sonder vergoeding van hul grond af gedwing. “Lede van die gemeenskap het gekla dat hul reg tot die grond misken is,” het Segalwe gesê. “Inwoners voer aan dat hulle nie voordeel trek uit die park nie.”

Hulle het ook aangevoer dat hulle slegs vergoed word vir aanvalle deur diere wat nie inheems tot die gebied is nie, kragtens ʼn beleid van 1950. “Hulle het versoek dat die beleid hersien word en dat pogings verskerp moet word om gevaarlike diere te verhoed om te ontsnap.”

Madonsela het ook met beamptes van Ezemvelo KZN Wildlife, ʼn staatsinstansie wat die park bestuur, vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.