OB ontken verslag is ‘afgewater’

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

Die openbare beskermer (OB) het teruggekap na bewerings dat haar Vrede-verslag “afgewater” is om politici te beskerm.

Adv. Busisiwe Mhkwebane het gesê sy het met kommer en teleurstelling kennis geneem van bewerings wat die Council for the Advancement of the Constitution of South Africa (Casac) teen haar gemaak het. Mhkwebane het gesê hoewel die aangeleentheid voor die howe dien en dus sub judice is, het sy besluit om daarop te reageer aangesien dit erge gevolge vir haar kantoor in die oë van die publiek kan hê indien sy dit nie betwis nie.

Casac het onder meer aangevoer dat Mkhwebane beduidende veranderinge aangebring het aan die voorlopige verslag wat deur Mkhwebane se voorganger, adv. Thuli Madonsela, opgestel is. Volgens Mkhwebane het dié verslag egter nie enige regsstatus nie aangesien dit net voorlopig is.

Mkhwebane het verder ontken dat die verslag afgewater is. Die remediërende stappe wat in die voorlopige verslag aangedui is, was onder meer dat die spesiale ondersoekeenheid, ouditeur-generaal en die Valke ondersoek instel na die aangeleentheid.

Volgens Mkhwebane was wetstoepassers se ondersoeke na die Vrede-suiwelprojek reeds in ʼn gevorderde stadium en het verskeie mense reeds in die hof verskyn in verband met die skandaal. “Daar was dus geen rede om weer die wiel te herontwerp en ʼn parallelle ondersoek te begin nie.”

Mkhwebane het ook gesê die rol van politici in die Vrede-suiwelprojek was nooit deel van die voorlopige verslag nie. “Enige bewerings dat die openbare beskermer politici beskerm het is dus onwaar en kwaadwillig.”

Mkhwebane het ook gesê dat sy intussen, op versoek van die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste, besluit het om ondersoek in te stel na die betrokkenheid van politici by die Vrede-suiwelprojek. “Die ondersoek het ten doel om vas te stel of daar enige verhoudinge was tussen politici en die verskaffers wat aangestel is om die projek te implementeer. Daar sal ook ondersoek word of die begunstigdes van die projek in enige opsig benadeel is.”

Mkhwebane het erg onder skoot gekom nadat sy haar verslag oor die Vrede-suiwelprojek openbaar gemaak het.

Cosac het reeds in Februarie ʼn aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hy versoek dat Mkhwebane se verslag hersien moet word.

Daar is verlede jaar onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede. E-posse wys glo hoe miljoene rande na Gupta-maatskappye oorbetaal en gebruik is om onder meer vir die Gupta-troue te betaal. Die joernalistieke ondersoekeenhede amaBhungane en Scorpio beweer R84 miljoen wat deur die Vrystaatse regering aan die suiwelprojek gegee is, het in die Guptas se hande beland.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

geregtigheid ·

Selektiewe moraliteit of kriminele nalatigheid? ‘The plot thickens’ en die dominoes val een vir een. Wie is volgende?

Johanna Botha ·

As sy ontken dan moet jy weet dis waar …sy beskerm nie die publiek se belange nie maar wel ander in die anc

Eish ·

Indien jy die rubriek geskryf deur Helen Zille lees insake korrupsie, kom jy agter dat die dame totaal uit haar diepte is as OB.

Casper Labuschagne ·

Wat in die geval van die Vrede suiwelaanleg gebeur het is gedokumenteer en verdoemend. Maar ten spyte van die getuienis gebeur bitter min wat enigsins na vordering lyk nie. Dit lyk nie bloot of die verslag afgewater is nie, maar dit kom ook voor asof die aangeleentheid met redelike sukses onder die mat ingevee is. Daar was nie net die Guptas betrokke nie, maar etlike hooggeplaasdes in die ANC wat steeds hoë poste beklee.

Joshua ·

En Abrahams sal sy horde aanklagtes teen sy tjom Zuma ook baie afwater-hou dop.

PJC ·

Hierdie OB moet self ook ondersoek te word. Haar optrede is self ook ń kriminele oortreding.

LHS ·

Aanstelling duidelik polities gemotiveerd, handuitgesoek deur sy hoogheid jacob zumpie.

AD ·

Geen wonder pres. Trump wil / gaan SA se “Foreign AID” wegvat by volgende UN vergadering soos nou net op News24 aangedui is.

Oom Kalahari ·

@AD, hoop dit is nie ‘n April grap nie en dit is so verblydende nuus. Wel die Britse Ingelse het lekker tee en koekies met CR geniet en belowe paar goeie ponde vanaf buiteland vir Afrika ontwikkelings sisteme. Ons weet waar gaan hierdie sogenaamde fondse en natuurlikmoet paar Rande deur ANC vir die massas ietsie koop om 2019 verkiesing veldtog goed af te sluit.

Oom Kalahari ·

Die gehalte van dienslewering van vorige OB oorskry by verre die huidige en kan glad nie vergelyk word nie. Integriteit was hoog saangeskrewe by vorige OB wat suksesvol en met welslae haar optredes aangepak het.

Jean ·

Die antie is nes abrahams is in die anc se sakkie, gekoop en korrup daar om die ander korruptes te beskerm ! Lagwekkend hoe hul dink dat hul intensies nie deursigtig is nie en ok geen skaamte!

jakes ·

Sy is deur n hof skuldig bevind dat sy nie haar werk of die grondwet ken nie en is n kostebevel op haar beteken. Hoe word hierdie mense aangestel as advokate of selfs regters? Wat n lagwekkende situasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.