OB oorweeg klag oor Zuma se dogter

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Thuli Madonsela, openbare beskermer, se kantoor oorweeg tans ‘n klag oor die aanstelling van president Jacob Zuma se dogter in ‘n hoë pos in die departement van telekommunikasie en posdienste.

“Wanneer die span die beoordeling van die klag gedoen het, sal dit na haar [Madonsela] gestuur word vir ‘n besluit,” het Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, gesê.

Die span sal besluit of Madonsela Thuthukile Zuma se aanstelling as personeelhoof van die departement moet ondersoek.

Die klag is Dinsdag ingedien maar Masibi kon nie die klaer se identiteit bekend maak nie.

“Die klaer vra die openbare beskermer om uit te vind of die pos geadverteer is, hoeveel mense aansoek gedoen het, en watter gekwalifiseerde kandidate afgekeur is.”

Die klaer wil ook weet watter proses met die aanstelling gevolg is, en of sy die nodige kwalifikasie vir die posisie het.”

Masibi sê die klag is na aanleiding van ‘n berig in die Mail&Guardian verlede week dat Thuthukile (25) as personeelhoof by die departement aangestel is en nagenoeg R1 miljoen per jaar verdien.

Lees ook:
Departement verdedig hoë pos vir Zuma se dogter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.