“Wanneer die span die beoordeling van die klag gedoen het, sal dit na haar [Madonsela] gestuur word vir ‘n besluit,” het Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, gesê.
Die span sal besluit of Madonsela Thuthukile Zuma se aanstelling as personeelhoof van die departement moet ondersoek.
Die klag is Dinsdag ingedien maar Masibi kon nie die klaer se identiteit bekend maak nie.
“Die klaer vra die openbare beskermer om uit te vind of die pos geadverteer is, hoeveel mense aansoek gedoen het, en watter gekwalifiseerde kandidate afgekeur is.”
Die klaer wil ook weet watter proses met die aanstelling gevolg is, en of sy die nodige kwalifikasie vir die posisie het.”
Masibi sê die klag is na aanleiding van ‘n berig in die Mail&Guardian verlede week dat Thuthukile (25) as personeelhoof by die departement aangestel is en nagenoeg R1 miljoen per jaar verdien.
Jippieeeee – eindelik het iemand die moed van sy/ haar oortuiging om op te tree teen nepotisme
Wonder wat die openbare beskermer deesdae beteken?
Daar sal niks van kom nie.
Kyk wat het na die Nkandla-verslag van OB gebeur…niks…
Onder die tapyt…….