OB-pos: Besluit oor kandidaat vandag

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ad hoc-komitee, wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys, sal vandag op ʼn finale kandidaat besluit.

Die komitee het verlede week vyf finale kandidate aangewys en vergader om 13:00 weer om op ʼn finale kandidaat te besluit. ʼn Kandidaat sal dan voor 31 Augustus aan die Nasionale Vergadering voorgestel word om moontlik as nuwe OB aangewys te word. ʼn Meerderheid van 60% van die Nasionale Vergadering moet die kandidaat goedkeur, waarna pres. Jacob Zuma ʼn aanstelling sal doen.

Die vyf kandidate is regter Sharise Weiner, ʼn hooggeregshofregter wat sedert 1978 ʼn lid van die Johannesburgse balie is, regter Siraj Desai, ʼn hooggeregshofregter in die Wes-Kaap, Busisiwe Mkhwebane, ʼn voormalige senior bestuurder by die departement van binnelandse sake en tans ʼn ontleder by die staatsveiligheidsagentskap, Muvhango Lukhaimane, ʼn pensioenfondsberegter en prof. Bongani Majola, ʼn advokaat wat tot onlangs assistent sekretaris-generaal by die Verenigde Nasies was.

Aanvanklik is 73 benoemings en aansoeke ontvang. Sewe kandidate, insluitend oudpres. Nelson Mandela se vrou, Graça Machel, staatsaanklaer adv. Gerrie Nel en die voormalige minister van finansies Nhlanhla Nene, het hul benoemings van die hand gewys.

Talle ander kandidate kon nie betyds opgespoor word om hul benoemings te bevestig nie en ʼn totaal van 59 kandidate is uiteindelik oorweeg. ʼn Kortlys van 14 kandidate is opgestel, waarna onderhoude verlede week tydens ʼn marathon-sessie met al die kandidate gevoer is en op die vyf kandidate besluit is.

Thuli Madonsela se termyn van sewe jaar verstryk in Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My opinie ·

Hopelik is dit iemand wat objektief sal bly en regverdig sal optree in die uitvoering van sy/haar pligte en nie sal swig en toegee aan die anc se manipulasie en druk nie.

Kiepie ·

Maroela, hoekom begin julle nie vinnig vir ons ‘n stemming waarin die lesers kan voorspel wie aangestel gaan word nie? Dan haal julle die meningspyling oor hierdie onderwerp wat nou al twee weke duur ook sommer bietjie af en dan kan die mense wat gesê het “Hulle weet reeds wie hulle gaan aanstel” of “Dit gaan beslis ‘n skoothondjie wees” die kans kry om hulle voorspellings in die openbaar te toets.

Suzie ·

Dit gaan maar net weer ‘n korrupte ANC kader wees. Daarvoor gaan Zuma sorg, sodat hy lekker verder kan steel en die hele land kan verwoes.

Joann ·

Suzie dit is waar,maar ons moet die saak opdra aan die Here,Hy sal die weg wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.