OB-pos: Hier is die finale kandidaat

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Die ad hoc-komitee, wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys, het Woensdagmiddag op ʼn finale kandidaat besluit.

Die komitee het op adv. Busisiwe Mkhwebane, ʼn voormalige senior bestuurder by die departement van binnelandse sake en tans ʼn ontleder by die staatsveiligheidsagentskap, besluit. Die komitee het op Mkhwebane besluit nadat die vyf kortlyskandidate deeglik onder die loep geneem is.

Die IVP, NFP en ANC het hul steun uitgespreek vir Mkhwebane terwyl die DA haar nie ondersteun het nie. Julius Malema, leier van die EFF, het tydens die bespreking gesê hy het ook van Mkhwebane gehou tot hy gehoor het sy is ook pres. Jacob Zuma se gunstelingkandidaat. Die EFF het egter later ingestem dat sy as die finale kandidaat gekies word.

Mhkwebane is die jongste kandidaat wat die kortlys gehaal het. Haar naam sal nou voor 31 Augustus aan die Nasionale Vergadering voorgelê word om moontlik as die nuwe OB aangewys te word. ʼn Meerderheid van 60% van die Nasionale Vergadering moet die kandidaat goedkeur, waarna pres. Jacob Zuma ʼn aanstelling sal doen.

Die ander vier kandidate was regter Sharise Weiner, ʼn hooggeregshofregter wat sedert 1978 ʼn lid van die Johannesburgse balie is, regter Siraj Desai, ʼn hooggeregshofregter in die Wes-Kaap, Muvhango Lukhaimane, ʼn pensioenfondsberegter en prof. Bongani Majola, ʼn advokaat wat tot onlangs assistent sekretaris-generaal by die Verenigde Nasies was.

Aanvanklik is 73 benoemings en aansoeke ontvang. Sewe kandidate, insluitend oudpres. Nelson Mandela se vrou, Graça Machel, staatsaanklaer adv. Gerrie Nel en die voormalige minister van finansies Nhlanhla Nene, het hul benoemings van die hand gewys.

Talle ander kandidate kon nie betyds opgespoor word om hul benoemings te bevestig nie en ʼn totaal van 59 kandidate is uiteindelik oorweeg. ʼn Kortlys van 14 kandidate is opgestel, waarna onderhoude verlede week tydens ʼn marathon-sessie met al die kandidate gevoer is en op die vyf kandidate besluit is.

Thuli Madonsela se termyn van sewe jaar verstryk in Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jaco ·

regte skoothondjie. die ANC-regering kan net sowel die pos van openbare beskermer skrap.

E.K. ·

Nou-ja…ons sal nou maar moet wag en sien hoe sy haar werk gaan doen.

Jan maak n plan ·

Ja nee almal Zuma se maatjies – verseker sal nie een van hulle hom voor stok kry nie.

Hennie Theart ·

Wanneer gaan ons weg beweeg van Zuma, sy ondermynende manier, sy maatjies sy korrupsie ensovoort, die lys is te lank om te noem. Alles bly draai om Zuma. Dit is tyd om te breek!!!

Benito Odendal ·

Op die klavier staan ‘n botteltjie wyn ……OF ….olke bolke riebbietjie stolke….soooooo voorspelbaar !!!!….Weiner EN Desai sooooooo obviously strate beter , baie meer ervare en duidelik in ‘n ander klas……. maar obviously nie Zuma skoothondjies , familie , vriende of ANC cadres nie…baantjies vir boeties !!!!

Joann ·

Daar is dit weer,zuma se karperdjie. Here wees ons genadig. Sy sal nie Thuli se ou skoene waardig wees nie.

John ·

Koebaai Thuli. Die president draai die skroewe stywer en die pos van die OB is van nou af ‘n groot grap.

Alida ·

Genade mense wat het julle verwag? Natuurlik val dit so reg in Zuma se guns. Wat n siek spul.

Blom ·

Was dit te wagte. Kan ek waag om te se: “kom ons wees optimisties en kyk wat gebeur”?

apie ·

Dis liewer n Zuma beskermer as n openbare een. Nou gaan hulle rinkink soos nog nooit!!!

Andre Boucher ·

Kan iemand nie hierdie zuma boeties en sussies stop nie. Selfs die DA kon dit nie reg kry nie !!!!!!

Franscois ·

Wel, sy moet net nie die publiek onderskat nie…..ons sal bittervinnig sien of sy iemand soos zuma of die anc bevooroordeel!!!

Anna Janssen ·

Kom kom mensen, laten we haar een kans geven. In plaats van negatief te zijn, kunnen we elkander ook een kansje gunnen zo nu en dan, toch? Het gaat opzich best goed met de regering aldaar tegenwoordig, of niet Zuid-Afrikanen? Groetjes uit het gezellige multicultirele Nederland in het Koninkrijk der Nederlanden.

GJ de C K ·

Ja sekerlik, Anna: met die regering en korrupte amptenare en sg entrepreneurs gaan dit heel goed hier… “But the lionesses are tired and hungry, the pride land is parched and scorched and the herds are moving on…”

neelsie ·

Anna,
Die kanse wat Zuma en sy kaders kry , word misbruik tot hul eie voordeel .
Bedrog , korrupsie was nog altyd deel van die Anc regering.
Malema en Afriforum/Solidariteit sal nou moet bontstaan om alles dop te hou.

Theresa B ·

So bly hulle maar sorg vir mekaar, ongeag wat. Ek wonder net waar gaan alles eindig. Siek spul wat ons land en mense vernietig.

m ·

Ons het mos geweet dit gaan so wees. Dis ou nuus. Die ander kandidate was maar net om die getalle vol te maak …

Róoinek ·

Gee haar ‘n ‘n kans as sy nie voldoen aan die vereistes nie sal Malema haar pak gee die klomp met hulle politieke korrektheid en jammer ek leef houding kan soos gewoonlik maar terugsit en kla

Theresa ·

Ag nee. Daar is baie meer senior en mense met baie beter ondervinding in die stroompie gewees. Ai tog – teleurstellende keuse.

Kobus ·

Hierdie gaan haar 5 de jop wees. Sy het oa ook vir binnelandse sake gerwerk en was vir ‘n paar jaar lank Diplomaat in China.

Genoeg gesê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.