OB reageer ‘met skok’ op hofuitspraak van Bankorp-verslag

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het Saterdag in ʼn verklaring gereageer op die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak wat beslis het dat haar omstrede Bankorp-verslag ter syde gestel moet word.

Dit volg nadat die hof Vrydag beslis het dat Mkhwebane se omstrede Bankorp-verslag ter syde gestel moet word.

Die hof het beslis dat Mkhwebane die Reserwebank en Absa se regkostes moet betaal en dat ʼn deel daarvan boonop uit haar eie sak moet kom. Mkhwebane het in haar verslag aanbeveel dat die spesiale ondersoekeenheid die R1,125 miljard moet verhaal wat Absa, voorheen Bankorp, in die 80’s van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het.

“Die openbare beskermer het met skok kennis geneem van die hooggeregshof se uitspraak. Sy sal dit binnekort bestudeer en ʼn besluit maak oor die gepaste optrede,” lui die verklaring wat namens haar uitgereik is.

Intussen het die VF Plus gesê dié tersydestelling is ʼn “ernstige klad op die naam van die OB se kantoor en ʼn duidelike oorskryding van mag”.

Dr. Wynand Boshoff, provinsiale leier in die Noord-Kaap, het gesê die uitspraak kan moontlik die grondslag lê vir haar afdanking.

“Gemeet aan die hoë standaarde wat die vorige OB gestel het, is dit duidelik dat die OB se kantoor onder Mkhwebane sukkel om daaraan te voldoen. Daar was onlangs ook ontevredenheid oor haar verslag oor die Estina-melkplaas waar ANC-politici nie by die ongerymdhede betrek is nie.

“In die lig van die ondernemings van die nuwe staatspresident, Cyril Ramaphosa, om ʼn skoon en kundige administrasie vir die land daar te stel, is dit moontlik dat die Ramaphosa-besem moontlik ook in die OB-kantoor kan vee,” het hy gesê.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ook Vrydag in ʼn verklaring geëis dat Mkhwebane met onmiddellike effek afgedank word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Sy verstaan en begryp duidelik nie teen watter fors sy haar nou vasgeloop het nie. Tsk, tsk, sulke onkunde! ;-) ;-)

Lysa ·

Ongevoegd of Jabob se pion? Dank haar af asb mnr die President!

Jongboer ·

Vat haar paspoort weg voordat sy Zexit kaartjies kry…? Hopelik kry sy gou te doen met die Ramaphosa Besem

Jacques Venter ·

Die DA was die enigste party wat gekant was teen haar aanstelling

humor ·

Sy moet haar maar voorberei die grootste skok kom gewis!!!!!

Eddie ·

Daar was sulke goeie kandidate vir die OB pos ,maar Zumpie sou hulle nie kon manupileer nie , so daar val nog ‘n seder !

Ll8 ·

Ek is ook geskok om haar nog as OB te sien. Sy moet net soos Zuma val, maar in Zuma tradisie sal sy net soos hy klou.

hendrik ·

Jislaaik OB. Waar was jou kop gewees….. en ek is net so geskok. Het jy dan nie geweet dat ABSA behoort aan Barclays en dat Barclays aan agbare Rothchild behoort nie? Dis n bietjie waaghalsig van jou om die’ manne aan te vat.

Pieter ·

Ons moet altyd in gedagte hou dat hierdie persoon se aanstelling onder leiding van Dr Makhosi gedoen is en alle besware van die DA en andere net eenvoudig geignoreer is. Nou verstaan ek sy wil graag he dat die politici moet eerlik wees – was sy dus self maar net ‘n kader wat die zoempie bevele uitgevoer het?

PJC ·

Absoluut arrogant en militant sou ek haar optrede en reaksie noem. Ek dink sy moet liewers haar pos opsê en by die EFF aansluit.

Elsa ·

Onbekwame mense moet spoedig uit hul poste verwyder word, klink of daar vele is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.