OB reageer op hofuitspraak

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, sal die hooggeregshof in Pretoria se onlangse uitspraak oor haar bevindings rakende die sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) bestudeer en daarna verdere opsies oorweeg.

Die verslag het volgens Mkhwebane slegs gefokus op die wette wat oortree is toe ’n onwettige intelligensie-eenheid by die SAID gestig is en die eenheid se onwettige bedrywighede . “Bewyse hiervoor is volop,” voer Mkhwebane in ’n verklaring aan.

Sy en haar regspan sal nou die uitspraak bestudeer om te bepaal op grond waarvan die hof haar “getuienisgegronde bevindings” en die “gepaste regstellende optrede” tersyde gestel het, met die oog op verdere opsies.

Volgens Mkhwebane het sy egter kennis geneem van die beslissing van die hof om die “vitrioel” wat Gordhan op haar gerig het, uit te wis met die volledige bank wat die onvanpaste gedrag van die minister as “irrelevant, skandalig en benadeling” bestempel. Sy gaan nou aansoek gedoen om verskeie paragrawe in Gordhan, destydse SAID-kommissaris, se beëdigde verklaring te laat skrap.

Gordhan het onder meer in hofstukke aangevoer dat hy Mkhwebane se bekwaamheid, integriteit, regsgeletterdheid en haar grondwetlike begrip van haar magte, pligte en funksies in twyfel trek.

Oupa Segalwe, woordvoerder van die openbare beskermer, sê Gordhan het verder in ’n tirade teen Mkhwebane gesê sy is ongeskik vir haar amp en dat sy versteekte en politieke motiewe het. “Hy kon egter tot op hede nie die motiewe in die hof of tydens sy verskyning verlede week voor die kommissie van ondersoek na staatskaping staaf nie,” sê Segalwe.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane se bevindings oor die “rogue”-eenheid is in die uitspraak tersyde gestel. Die volbank van die hooggeregshof het bevind Mkhwebane het ongeldige verslae en onbewese bewerings gebruik om bevooroordeelde beslissings rakende die eenheid te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rentia ·

Genugtig… Die vrou het soveel uitsprake om te bestudeer wat teen haar is, het sy enige tyd oor om haar werk te doen? Fire tog net die vrou! Nog uitsprake wat hof toe gaan en belastingbetalers moet maar opdok..

Kokerboom ·

Hier gaan sy alweer. Sy is nes ‘n vlieg..bly ons verpes

Cd ·

Skaamteloos vermors sy belastinggeld.
Hoekom is almal bang om van haar ontslae te raak?
Weet sy dalk iets wat ander nie weet nie?

Persheks Adri ·

Maggies maar jy’s BAIE lastig! Gaan net jy mors ons geld en tyd tsssk man hel het jy nie einde nie?

SomeOne ·

“daarna verdere opsies oorweeg.” oorweeg dit net en gaan weg

Die Wolf ·

Betaal haar onmiddellik af en vat die punch in die hof later wat sy in elk geval gaan verloor.Sy speel diesefde spel as haar mentor JZ.

JM ·

Sy is nes’n brakkie wat aan ‘n broek vasbyt en wat weier om te laat los. Sy is net so dikvellig soos Zuma.

My siening ·

Het jy geen breins oor of rek jy dit so soos zuma. Sy doen nie haar werk wat die belasting betalers voor betaal.

JohanR ·

Kan nie wag om die agter kant van die een se rug te sien nie. Sy was, en is vrot vrot vrot!

Pieter J ·

Sulke arrogansie en dikvelligheid sien ń mens maar min.

Sarel ·

Hoeveelste saak is dit wat sy verloor! Elkd keer moet die Belastingbetaler opdok. Ek sou in skaamte myself ontriom wang haar Politieke Beskermheer kry dit nou srlf hotagter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.