Die kantoor van die openbare beskermer (OB) het bevestig hy sal ʼn klagte dat Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, die polisie se presidensiële beskermingseenheid vir baie belangrike persone (BBP) misbruik, ondersoek.
Dit kom nadat die DA op 18 April ʼn klag hieroor by die OB ingedien het.
Lt.genl. Khomotso Phahlane, toe nog waarnemende nasionale polisiekommissaris, het onlangs aan die parlement bevestig dat Dlamini-Zuma, pres. Jacob Zuma se eksvrou, steeds beskerming van die presidensiële beskermingseenheid geniet terwyl sy deur Suid-Afrika reis vir ANC-veldtogte.
Zakhele Mbhele, woordvoerder vir die DA, het gesê dit is al byna twee maande sedert die skandaal aan die lig gekom het en daar is steeds geen aanduiding dat Fikile Mbalula, minister van polisie, ʼn stokkie daarvoor gaan steek nie. “Hy laat toe dat ʼn astronomiese rekening opgebou word en Suid-Afrikaners weet dit is die sukkelende belastingbetaler wat daarvoor gaan betaal,” het Mbhele gesê.
Mbhele het gesê aangesien Dlamini-Zuma duidelik ʼn kandidaat is in die ANC se opvolgstryd, is die gebruik van die presidensiële beskermingseenheid terwyl sy reis om kiesers se steun te wen net nóg ʼn voorval waar die ANC openbare fondse misbruik. Hy het gesê dit is onaanvaarbaar dat openbare fondse gebruik word om vir Dlamini-Zuma se lyfwagte te betaal terwyl sy ANC-sake doen.
“Die Dlamini-Zuma BBP-skandaal is ʼn bewys dat die ANC kies om hul eie leiers te beskerm eerder as hul landsburgers wie hulle veronderstel is om te beskerm teen die kriminele bedreigings elke dag in hul huise en op straat.” Mbhele het gesê die DA hoop dat die OB se ondersoek deeglik en vinnig gedoen sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Jakkals prys sy eie stert, want dit is vir hom baie werd. Sy prys, sy stert, sy stert se prys, moet sy belangriheid bewys…..né Mev Donatello?
Dit is reeds bewys dat nr 1 nie net die domste president in die wêreld is nie maar ook die mees oneerlikste een hoekom sal sy onderdane nie ook kanse vat nie?
Ondersoek sommer haar “doktors graad” ook asb.
Mams gebruik ook nie verniet steeds die van van haar geliefde x nie. Ons vra nou wh-y, maar ons ken mos die antwoord of is ons aan die zzz? Ons sal nog banja r’s moet uitsweet vir al die geite en giere vir die hogere paleisenaars van Kubai … en die drie rowers…
Dis Afrika en korrupsie word nie as verkeerd gesien nie. Afrika standaarde en norms