OB se aansoek om in pos te bly Woensdag aangehoor

(Foto: Twitter)

Die hooggeregshof in Kaapstad hoor Woensdag ʼn aansoek van die beleërde Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, aan waarin sy vra dat die parlement verbied word om ʼn mosie oor haar ontheffing van die amp aan te hoor.

Mkhwebane se aansoek berus op twee dele. In die eerste gedeelte vra sy ʼn tussentydse bevel wat die ontheffingsproses stuit, hangende ʼn hersiening van die speaker se besluit om die mosie te aanvaar. Dit handel ook oor die regmatigheid van die nuwe reëls oor hoe om die OB uit haar pos te laat verwyder.

Die parlement het verlede jaar nuwe reëls aanvaar om ampsdraers en kommissarisse van hoofstuk 9-instellings van hul amp te onthef. Dit sluit instellings soos die OB, die Menseregtekommissie, die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele Godsdienstige en Taalgemeenskappe, asook die ouditeur-generaal in. Dit is dié reëls wat Mkhwebane nou wil hê dat die hof ongrondwetlik moet verklaar en ter syde stel.

Sy voer aan die proses is foutief en ongrondwetlik.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter

Die tweede gedeelte van Mkhwebane se aansoek handel oor die hersiening van die speaker se besluit. Die eerste gedeelte word Woensdag aanlyn aangehoor.

Die hofgeding volg nadat die DA ʼn nuwe mosie vir die verwydering van Mkhwebane uit haar pos by die parlement ingedien het. Dit is met meer as 7 000 bladsye van aanvullende getuienis gestaaf.

Modise het dié mosie aanvaar, waarna Mkhwebane haar tot die hof gewend het.

Die speaker van die parlement, Thandi Modise, staan die OB se aansoek teen. Modise ontken dat sy onregmatig opgetree het deur die DA se mosie toe te laat en voer aan dat daar geen gronde is vir haar om die verwerking van die nuwe mosie op te skort nie.

In haar hofstukke stippel Modise ook die 17 stappe uit in die volledige proses wat gevolg word wanneer ʼn ampsdraer soos Mkhwebane van haar amp onthef word. Modise voer aan daar is genoeg billike kanse vir die OB om op die aanklagte teen haar te antwoord.

Modise voer aan Mkhwebane is geen “ongelukkige beskuldigde” nie dat sy, om as OB aangestel te word, uitgebreide regskennis moet hê.

Daar was die afgelope paar maande verskeie oproepe dat Mkhwebane die trekpas moes kry. Die DA voer aan Mkhwebane is onbevoeg vir haar pos, onder meer op grond van die groot aantal hofuitsprake wat verskeie van haar bevindings al ongeldig verklaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Adam Adriaan ·

Een van die mees korrupte vroue in SA. En sy glo dat sy reg is en niks verkeerd gedoen het nie. Laat my dink aan ‘n regering wat op ‘n tyd die RSA regereer het nl die ANC. Dit is kommunisme op sy beste!!!!!
Verkondig die leuen as die waarheid. Laat my dink aan die ou wat Eva in die paradys verlei het.

JohanR ·

En hier in SA het ons ons eie Adam en Eva – Nkosazana Dlamini-Zuma(Adam) en Cyril Ramaphosa(Eva)!

JohanR ·

Ek sal my masker dra, saniteer en distansie hou net om saam met die groot klomp mense te staan en met my vuil besmeerde sakdoek totiens, en good riddance te waai aan die een!

Johan ·

As haar slaagsyfer in die howe, wat laer is as die 30% wat matrieks benodig, enige aanduiding bied, behoort die een baie vinnig baie sleg vir haar te wees.

Mariana ·

Arrogant en vol van haarself. Sy moet gaan, beteken niks. Het van dag een af net aangejaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.