Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het Woensdag gesê sy kan nie stawende bewyse vind dat die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, die parlement doelbewus oor Sassa se vermoë om toelaes te betaal, mislei het nie.
Die bewerings hou verband met Dlamini wat tydens haar begrotingsrede aan die parlement gesê het die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sou vanaf April 2017 gereed wees om die toelaagbetalingstelsel by Cash Paymaster Services oor te neem.
Bridget Masango, DA-LP, het die klag teen Dlamini by die OB ingedien. Masango het aangevoer Dlamini het reeds in Julie 2015 geweet dat Sassa nie in staat is om self die betalings te hanteer nie.
Masango het Woensdag, in reaksie op die OB se besluit, gesê Dlamini moet steeds rekenskap gee dat sy die lewens van miljoene Suid-Afrikaners in gevaar gestel het en die land byna in ʼn algehele krisis laat beland het.
Volgens Masango moet Dlamini nog rekenskap gee vir, onder andere, klagtes van meineed by die Johannesburgse polisiestasie op 3 Oktober 2018 en bewerings dat sy bewus was van vroue van ANC-lede wat glo in twyfelagtige verhoudings was met Cash Paymaster Services.
“Dlamini was uiters onsuksesvol in haar rol as hoof van maatskaplike ontwikkeling en het die vroue van Suid-Afrika versaak. Sy moet haar dag in die hof hê,” het Masango bygevoeg. “Ons sal die inhoud [van die OB-verslag] hersien en met ons prokureurs in gesprek tree oor die meriete daarvan.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
.Daar het jy dit alweer, sy is so onbevoeg om haar werk te doen!!
Kan ek nie Maar OB word nie
Verbaas my glad nie. Die OB kan nie veel van enige iets vind in elkgeval nie. Sy neem onbevoegdheid tesame met dikvelligheid na ongekende nuwe hoogtes.Wat ‘n patetiese grap.
O Wee, daar doen die O Bee dit wee! Ek dink SA funniest home movies moet dalk n a la Leon Schuster fliek oor die antie maak!!! Daar gaan bykans nie n maand verby dat ons sulke April-grappie verslae kry nie – dis lag-wekkend EN hart-ver-skeurend!!! Eish.
Die geloofwaardiheid van die OB is na die maan so niemand gaan enige wenkbrou lig oor haar bevindinge nie, hetsy reg of verkeerd.