OB sê ook Gigaba het gelieg

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: GCIS

Die openbare beskermer (OB) het bevind Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het die Grondwet en die kabinet se etiese kode oortree.

Adv. Busisiwe Mkhwebane het bevind die minister het verlede jaar onder eed vir die hof gelieg. Mkhwebane het Woensdagmiddag haar verslag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het vroeër vanjaar ʼn klag teen Gigaba by die OB ingedien ná ʼn hofuitspraak teen hom.

Regter Neil Tuchten het op 17 Desember in die hooggeregshof in Pretoria beslis dat Gigaba gelieg het in die saak rakende die Oppenheimer-familie se Fireblade Aviation. Die saak hou verband met Gigaba se besluit om die goedkeuring vir Fireblade Aviation om ʼn private doeane- en immigrasiediens by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg te bedryf, om te keer.

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

Luidens die hofuitspraak het Gigaba op 28 Januarie 2016 in ʼn vergadering met die sakeman Nicky Oppenheimer en andere toestemming gegee dat die fasiliteit bedryf word vir ʼn proeftydperk van drie jaar, en die versekering gegee dat hy reeds die tersaaklike dokumente onderteken het.

Enkele dae later, op 5 Februarie 2016, het Gigaba egter van plan verander en ʼn e-pos aan die adjunk-direkteur-generaal van binnelandse sake gestuur waarvolgens hy die toestemming vir die bedryf van die fasiliteit kanselleer.

Daarna het Gigaba, luidens die hofuitspraak, in ʼn beëdigde verklaring ontken dat hy ooit gesê het hy het die toestemming gegee. In sy reaksie het Gigaba aangevoer die Oppenheimers probeer hom boelie om ʼn spesiale aankomsterminaal vir ryk mense by OR Tambo daar te stel.

Mkhwebane beveel in haar verslag aan dat pres. Cyril Ramaphosa stappe moet doen teen Gigaba. Mkhwebane het Ramaphosa 14 dae gegee om op te tree en hy moet binne 20 dae aan haar terugvoering gee oor die stappe teen Gigaba. Sy het ook voorgestel dat die parlement tugstappe teen Gigaba moet doen.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sarel ·

Die hofuitspraak het deurbraak gegee. Ramaphoza wil glo korrupsie bevev maar Gigaba en ander steeds in Parlement.

Hester ·

Presies my punt ook. Hy bly uitgevang word met verskillende leuens en nog steeds in die parliment. Watter hou vas het hy op Ramaphosa? Ander word afgedank hoekom nie die man nie

koos1 ·

Nene is uitgevang oor liegstories en het bedank. Sal hy bedank? Ek twyfel baie sterk.

Karoodonkie ·

CR in moeilike posisie want as hy doen wat reg is, gaan die massas nie daarvan hou nie. Hy kan mos nie nou die massas omkrap nie want die verkiesing is om die draai. So ons sal maar moet tevrede wees met nie veel optredes teen korrupsie nie.

Insig ·

Wonder net hoekom dank die president hom nie af nie…dalk weet hy iets van CR wat hom soort van `n houvas gee .

Rooikop ·

Blink Stefaans moet net gefire word ………………. Hy is n verleentheid soos baie ander
in die ANC ……………….

Henk ·

Help my verstaan, wat presies is die OB se posisie in die hirargie? Is sy hoer as n regter? Dink die mense werklik Ramaphosa sal Gigaba wegjaag op haar bevinding as hy dit nie eens doen nadat regters Gigaba uitwys as n liegbek nie?

Lmaa ·

Ek dink nie sy’s hoër as n regter nie. Of sy hoër sonder die kolletjies van iemand hoër op is, sal ek nie kan sê nie. :D

Nico Strydom ·

Dagsê Antoinette
Jammer vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

Daan Erasmus ·

Die Openbare Beskermer Lieg ook as ‘n reël. Gigaba is klaar gesink, die Openbare Beskermer het net toestemming by die ANC gekry om hom die finale doodskoot gegee. Hy is die lam wat ter sagte gelei word.

GES ·

Hy het nou ongelukkig net nie die vermoë om die waarheid te praat nie. Dit is vir hom ʼn vreemde konsep.

Willie ·

Sy grootste probleem is, hy glo al homslef. En soos die ander ANC kaders, veronskuldig hul self.

Smirre ·

Hy lieg oor Fireblade, en hy lieg oor sy selfoon video pret filmpie. Meeste van die senior ANC kaders ly aan akute kort termyn geheue verkies.

Sinies ·

Al word hy geskors of afgedank, gaan hy steeds elke maand sy salaris ontvang soos al die ander.

Anoniem ·

alt + 137 vir ë op die rekenaar, en op die slimfoon, hou die “e” knoppie in en hy sal verkyn. LW, ook net as jou slimfoon reg gestel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.