OB sê politiek beïnvloed haar nie

Busisiwe Mkhwebane. Foto:
Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het Woensdag alles in die stryd gewerp om haarself te verdedig teen beskuldigings dat sy ʼn politieke spel speel.

Mkhwebane het voor die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste verskyn om terugvoer te gee oor haar kantoor se jaarlikse prestasieplan.

Sy het volgehou dat hoewel sy soms politici ondersoek en bevindings teen hulle maak, haar kantoor onafhanklik bedryf word.

“Ons word in ʼn politieke ruimte bedryf as ʼn kantoor, maar ons word nooit beïnvloed deur wat gebeur nie,” het sy gesê.

Mkhwebane het ook van die geleentheid gebruik gemaak om vermoedelik ʼn stekie in te kry teen Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, wat haar gekritiseer het oor haar bevindinge teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

Sy het aan LP’s gesê haar kantoor word dikwels verkeerd verstaan. “As voorbeeld: ʼn Senior lid van die uitvoerende gesag het ons onlangs daarvan beskuldig dat ons in die politieke terrein inbeweeg wanneer ons ʼn klag ondersoek wat aanhangig gemaak is ingevolge die etiese kode vir uitvoerende lede,” het Mkhwebane gesê.

“Die betrokke lid van die uitvoerende gesag was onder die indruk dat ons net een oggend wakker geword het en besluit het om die ondersoek te begin, terwyl ons eintlik nie mense teiken nie. In plaas daarvan het ons ʼn klag van ʼn parlementslid gekry en het ons net gedoen wat die wet vereis en ons bemagtig om te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Waar het sy voorheen gewerk en vir wie? Hoekom het sy skielik meer mag as wat die vorige OB gehad het?

Theresa ·

Niks beïnvloed haar nie – dis waar want dis maklik. Sy weet in elk geval nie hoe om haar werk te doen nie.

Jerry ·

Wanneer CR se daar is nie plaasmoorde in SA nie en die OB se dat politiek beinvloed haar nie, dan moet hulle geglo word soos Gordhan wie geglo word wanneer hy se dat daar weggedoen gaan word met botallige poste strukture by Eskom!

Pietie ·

Wil n slim ondersoekende joernalis (dis mos deesdae hulle wat die skelms uitvang, nie polisie nie) nie asb haar verlede ondersoek nie. Ek het net so vinnig op 2016 berig afgekom wat sê dat sy voor haar aanstelling reeds op payrolls was wat ons vandag weet berug is.

Piete ·

Sy is daar om al die skelm ministers te beskerm dis al die land is n grap

Maljan ·

Natuurlik beïnvloed politiek haar nie. Dis Zuma en Malema se werk.

ne ·

En sy glo haarself! Si is die openbare beskermer – nie tjommie beskermer nie!

A Mac ·

Daar is ‘n liedjie in die lyn van my hart is op een plek maar my voete loop na ‘n ander plek. Hier kry ek die idee my mond praat die een ding maar my doen is ‘n ander ding. Dit is net bietjie moeilik om deesdae enige iets te glo wat iemand in die hoge administrasie en regulering van die land sê. Ons het al baie keer gesien dit wat gesê en belowe word net dit is – asem in die lug. Dis so al of hulle fyntrap om al die sake wat werklik saak maak en eerder ou wasgoed heelonder uit die hoop haal. En ek dink daardie wasgoed is regtig nie so vuil, bevlek en stinkend soos die wat heelbo lê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.