OB se skorsing ‘nodig, dringend’

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer. (Foto: OB/Twitter)

Die Demokratiese Alliansie sê hy neem kennis van die proses om die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, in ʼn staat van beskuldiging te plaas en die voornemens van die president om haar te skors.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het Mkhwebane Donderdag in ʼn brief gevra om redes aan hom te verskaf waarom hy haar nie ingevolge art. 194(3)(a) van die Grondwet moet skors nie. Dit kom nadat die speaker van die parlement verlede maand bevestig het dat die art. 194-komitee besluit het om voort te gaan met sy oorweging van ʼn mosie om die OB uit haar pos te laat verwyder. Mkhwebane moet binne tien werkdae van die datum van die brief skriftelike redes verskaf oor waarom die president nié sy magte daaroor moet uitoefen nie.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se skaduminister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, het intussen gesê die proses is noodsaaklik en dringend, gegewe die verskeie negatiewe uitsprake teen die OB. “Ons hoop dat die proses binnekort voltrek sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Sy is maar een van vele vrot appels wat die trekpas moet kry, en tronkstraf sal ook gepas wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.