OB se verslag is ‘gebrekkig, irrasioneel’, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa gedurende die mediakonferensie. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), se bevindinge teen hom as feitelik verkeerd en irrasioneel bestempel. Hy wil nou die verslag dringend in die hof laat hersien.

Ramaphosa het gedurende ʼn mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria gesê hoewel hy Mkhwebane se bevindinge in ʼn ernstige lig beskou, is dit egter “fundamenteel en onherroeplik gebrekkig”.

Die president se regspan stem saam.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane het in haar verslag bevind dat die president die parlement opsetlik mislei en die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het.

Mkhwebane het Vrydag ʼn omvattende verslag van 106 bladsye bekendgemaak waarin sy bevind Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei oor die R500 000 wat Bosasa (nou African Global Operations) aan sy veldtog geskenk het om president van die ANC te word.

“Alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees dat ʼn kantoor soos dié van die Openbare Beskermer bevindinge van so ʼn aard teen die staatshoof moet maak,” het Ramaphosa gedurende die mediakonferensie gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die media toe. (Foto: GCIS)

“Dit is dus noodsaaklik, soos dit in alle ondersoeke moet wees, dat sulke bevindinge op feite berus, ʼn goeie regsbasis het, dat dit rasioneel is en dat daar deur ʼn regverdige, onpartydige en wettige proses tot dié bevindinge gekom is. Ongelukkig versuim die OB se verslag om aan hierdie belangrike vereistes te voldoen.”

Die president meen die verslag is volgens die wet verkeerd, irrasioneel en in sommige gevalle oorskry dit selfs die omvang van die OB se magte.

“Die OB het die bepalings van die Wet op die Openbare Beskermer, die Grondwet en die wet op gemene reg oortree aangesien ek nie die geleentheid gegun is om kommentaar te lewer op die voorgestelde remediërende optrede nie,” het Ramaphosa gesê.

Op grond daarvan wil hy nou die verslag dringend in die hof laat hersien. Hy het reeds sy regspan versoek om ʼn aansoek, om Mkhwebane se bevindinge teen te staan, voor te berei.

Dié besluit is volgens die president hoegenaamd nie kommentaar op Mkhwebane as persoon of op haar bevoegdheid of motiewe as OB nie, maar word eerder gemotiveer deur die bepaling dat die wet korrek en konsekwent toegepas moet word.

Ramaphosa stem saam dat nóg hy nóg die OB bo die wet verhewe is. “Die Openbare Beskermer is eweneens gebonde aan die wet en, soos die President, aanspreeklik teenoor die bepalings van die Grondwet,” meen hy.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wie weet ·

Uitgevang Jy ontvang 500 000 rand en jy se daar is nie genoeg bewyse nie En dis die president van suid afrika Korupsie korupsie

Almal weet ·

Dit is n wettige praktyk die wêreld oor. Wakker word.

Wurmpie ·

OB is besig om te baklei vir haar werk en dan maak sy net nonsens droog sover sy gaan

Gert van Wierdapark ·

Die OB het haar oog op die mini-Ster van Buite landse Sake in ” ‘n nuwe bed-eking odat sy bietjie kan roer en wegkom van die kollig wat sy vir haarself hier probeer skep op die soustrein nie!

leser ·

“net soos die president, aanspreeklik is in die bepaling van die grondwet”
waar is / was hy al aanspreeklik vir sy dade, hy , net soos sy trawante , verdraai die grondwet soos hulle wil en blameer altyd iemand anders vir hul gemors

JV ·

En dit alles gaan die belasting betaler miljoene uit die sak jaag. Een hofsaak na die ander.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai, die Westerse “wet-konsep” darem…..Nou gaan dit nie of is ek skuldig of nie, dit gaan oor of jy dit mag sê!! En as ek is maar jy mag dit nie sê nie, wie moet dan? En as ek is, dan appelleer ek, na die volgende hof toe, en na die volgende hof toe, en na die volgende hof toe TOT ek ‘n regter kry wat met my saamstem….en as ek nie een kry nie, hou ons net aan met die proses tot ek 80 is….en dan kan ek niks onthou nie!!! En almal wat my beskuldig moet harder werk, sodat ek hulle belasting kan gebruik om myself te verdedig teen hulle aantygings….wat hulle nie mag maak nie, want dis buite hulle “jurisdiksie”!!!

Andreas ·

En gemaskerde Cyril SQ laat nie op hom wag nie, hy trippel met rapier in die hand al agter haar aan. Dit sou nogal gehelp het as hy voor haar was. Sy perd is nerens te sien nie, dié het die wyk gevat.

fred ·

440 miljoen vir cr verkiesing…minstens 3 trustrekeninge…baie geld om te mors en hoeveel van hierdie geld het “verdwyn”…hierdie land het nog baie geld om te mors..hier is n rookie..

marous ·

So onskuldig soos ‘n kat in ‘n kanarie hok . Wie probeer hy bluf?

Manie van Worcester ·

Weereens tyd wen en speletjies speel. Nie n kort antwoord ek is skuldig of onskuldig. NEEE die verslag is gebrekkig. So wen ons tyd en vergeet almal die werlikheid en stry oor wet.Maak oop julle oe en kyk wat gaan aan

Peet ·

Ja nee hy sal daarmee wegkom. Ek is skuldig maar jy kan my niks doen nie want jou verslag is gebrekkig. Lol. Lol en so gaan dit maar net aan en aan.

BMW ·

Snaaks nou moet die wet korrek en konsekwent toe gepas word, maar in ander gevalle nie?

Schalk ·

As die gewone persoon op straat enige oortreding of aanklag van so omvang teen hom kry kom die wiele van die gereg in werking teen ‘n voorafbepaalde voorskrif. Jy word aangekla en die proses begin en gaan aan en aan en aan. Hoekom word dit nou eers gedryf na die volgende stap ? Die aanklag of beskuldiging is dan alreeds voor die verkiesing gemaak? Hoekom nou eers reageer? Volgens die media is daar berug dat Cyril nie tyd gehad het om te reageer nie?

DeVill ·

Ek voel ons “agbare” president moet maar op verlof gaan tot die hofsaak verby is.

Johan ·

Mense Moet wakker word,Musi en Kie ook,WIE dink julle Gaan hom opvolg,Dis n hekse jag deur Zuma Faksie.As hy Gaan is dit,Ace,Tannie Zuma of Mabuzo,hulle sal Zuma se termyn Na n Piekniek laat lyk!!!

Trol ·

Hiekom het die man hom met zumaikies omring? Hymoes die hele boksemdais gefire het toe hy oir geneem het. Hy het fie kennis en opvoeding om goeie presidebt te kan wees. Net jammer hy word gdwinv om met semels te meng. Almal weet tog wat gebeur as ju met semels mens.

kolla ·

Die OB is onbekwaam, dis al haar hoeveelste verslag wat op hersiening geneem word weens regstegniese redes. Sy kan nie eers die korrekte wetgewing aanhaal in haar verslae nie. Dit gaan my verstand te bowe dat sy voorheen ‘n hoë pos by ‘n internasionale hof beklee het.

Petrus ·

Dan is haar hele kantoor van meer as 2,000 mense ook onbekwaam. Sy sit nie alleen in haar donker kantoortjie en skryf die verslae op haar eie nie. Mense met LLBs, gerugsteun deur CAs, ondersoek honderde sake en skryf die verslae. Haar oorsigwerk is dalk swak, maar dan moet sy onderpresteerders afdank. Haar politieke aanvoeling is wel verdag.

Jimmy ·

Die enetjie van openbare vervolging was by die internasionale kriminele hof. Hierdie dame was nie daar nie. Blykbaar was sy vroeër ‘n spioen.

bitter bessie ·

Liewe Oom Cyril

Ek sien dat oom so groot pos gekoop het slegs vir R500000.00, wat is oom se return op die belgging elke maand? Oom Cyril moet asb vir my help, ek het net R2000.00 maar ek is seker oom sal vir my iets kan organize …..

Groete hier uit die Vrystaat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.