OB se verslag nie nou bekend gemaak

Thuli Madonsela. Foto: OB/Facebook

Thuli Madonsela. Foto: OB/Facebook

Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), se verslag oor sogenaamde staatskaping gaan nie vandag bekend gemaak word nie.

Dit volg nadat Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ʼn aansoek ingedien het om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord. Die aansoek is Vrydag om 10:00 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Van Rooyen se regspan het aangevoer dat die bekendmaking van die verslag vooroordeel tot gevolg kan hê. Die OB se regspan het aangedui dat ʼn brief aan Van Rooyen gestuur is waarin hy meegedeel is dat die verslag nie ʼn beslissing of aanbevelings sal maak nie. Dit is ook hierna aangekondig dat die verslag nie vandag bekend gemaak sal word nie.

Die EFF se regspan het egter hierna ʼn aansoek ingedien dat die verslag wel vandag bekend gemaak moet word. Daar is ook gevra wat gaan gebeur indien die verslag nie vandag bekend gemaak word nie aangesien Madonsela se termyn Saterdag amptelik verstryk. Die regspan het ook daarop gewys dat die nuwe openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, reeds in die openbaar gesê het die staatskapingsondersoek kan nie ʼn prioriteit wees nie.

Die regter het egter voorgestel dat ʼn bewaringsbevel uitgereik word en dat daar dan later ʼn aansoek ingedien kan word dat die nuwe OB dit moet bekend maak. Die opposisiepartye sowel as OB se regspanne het aangedui dat hulle dit so aanvaar.

Van Rooyen se regsverteenwoordiger was egter nie tevrede met die voorstel nie. Die regter het hierna die hof verdaag om die partye kans te gee om ʼn konsepbevel op te stel waaroor almal ooreenstem.

Pres. Jacob Zuma se aansoek om ʼn interdik teen Madonsela sal intussen steeds Dinsdag aangehoor word. Zuma wil Madonsela ook verhoed om die verslag bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

wienie ·

Dit lyk my asof sekere mense goed onder die mat ingevee wil he.

asmain ·

Dit sal interessant wees om te weet wat hierdie inter departementele litigasie die belasting betaler jaarliks uit die sak jaag.

Lag ·

Hierdie is die mees blatante erkenning van ongerymdhede wat gemaak kon word!.

JC ·

‘n Bewaringsbevel gaan absoluut niks help nie!
Ek kan julle belowe daar GAAN gepeuter word met daardie verslag en die nuwe “OB” is klaar in No1 se sak!!!
Wie sal my wed dat No 1 NIE gaan uittree na 2019 niep maar ‘n diktatorskap gaan vestig?
JA, dit gebeur so vinnig, net 7 jaar om ‘n gesonde land met kamptige demokratiese instellings te vernietig!!
Waar is die wigte en teenwigte nou?

Mira ·

Kan Thuli nie maar met die verslag so per ongeluk laat lek na die publiek toe nie? En as ou platkop bulldog gevreet haar aanvat daaroor ook net haar skouers optrek, en sê….. eish sorry….. it was a mistake…… as hy kan wegkom met soveel klagtes teen hom kan sy seker ook maar die ou mis stappie vergewe word…..

Belinda Pops ·

Het nie woorde nie…..dit maak my siek!!! Everybody is equal….but some are more equal than others……en die nuutaangestelde OB sal verseker nie hierdie verslag bekand maak nie – hulle steur hulle in elk geval nie aan hofuitsprake nie….hierdie donker bus gaan nerens nie!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Estelle,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Willem ·

Wonder wat Van Rooyen het om weg te steek dat hy ook nou op die wa spring. Hy is seker d pos as finans minister belowe indien Gordham skuldig bevind word of bedank. Ek sal my voortanne gee om dai verslag te kan lees. Ek fink ons gaan n heeeeeele paargoed wys word!!!!

Asjas ·

Ek wonder wat is soooooo erg dat ons nie mag weet nie? Maar dit moet baieeee erg wees as die lot so skerm, en maar basis skuld erken op wat tot nou toe maar net ‘n vermoede was.

Henk ·

Nou is daar nie meer tyd om verdeeld te wees nie. Daar moet nou met verskillende aksies uit een mond gepraat word.

Louis ·

Die ANC besem vee breed. So sluit nog ‘n hoofstuk van “Ek is Zuma en kom vry” af.

Sally ·

Ek Hoop Thuli maak n afskrif van hasr verslag so as die nuwe OB dit kook dat Thuli met die waarheid kan uitkom.

Estelle ·

Regtig alweer kom die man daarmee weg.
Wie gaan nog deur hom omgekoop word.
Kan die mense nie hul oë oopmaak en sien wat dit aan ons land doen?
Is die regter dalk deel van die komplot???????????

Wonder net wanneer sal hierdie Guma / Zupta verantwoording doen vir sy dade en optrede, maar as ons regstelsel so is dan seker vir altyd en altyd!!!!!!!!!!!!!

Elize ·

Des het haar seker gedreig en Zuma het haar n vet goue handdruk belowe. Dis om van siek te word.het geweet sy sal dit nie doen nie.

nieBAFUnie ·

Na die aankondiging van die nuwe OB se aanstelling het verskeie kommentare op die platform daarop gewys dat”numbawhon” nou sy eie OB het. Ek is oortuig dat geagteThuli se voorlopige verslag in die niet gaan verdwyn en hy maar net weer sy kekkellaggie gaan los.
Hy lag want in die openbaar kan hy nie met ons(middel)vingertaal praat nie. Jou dag gaan kom BAFU!!!!

Phillie ·

En daar gaan ons enigste beskerming teen die grootste diefstal organisasie in die heelal. Mafia kan maar hier kom kers opsteek

Anoniem ·

My persoonlike opinie…Ek dink n paar mense (ons dierbare regering, Zuma,Praven en van Rooyen en nog vele ander) speel vir tyd….om te vlug uit Suid Afrika….Ek kan verkeerd wees…ek weet nie…Maar dis tog n gedahte wat opkom………..

Boetman ·

… al die spekulasie hierbo …. en dan wonder mens of Thuli nie net ook maar eenvoudig kleivoete gekry het nie. Dit is en bly haar voormalige kollegas.

Boetman ·

Al die kommentare in ag genome … kan dit moontlik wees dat Thuli kleivoete gekry het? Dis immers haar voormalige kamerade, en werk is deesdae skaars,

nieBAFUnie ·

Met die aankondiging van die aanstelling van die nuwe OB het verskeie kommentare op hierdie platform die mening gehuldig dat “numbawhon” nou sy eie OB het. Wed jou dat Thuli se verslag oor die staatskaping net gaan verdwyn. Hy gaan ons weer op sy kekkellaggie trakteer want hy kan nog nie in die openbaar met ons (middel)vingertaal praat nie. Jou dag gaan kom BAFU!!!!

Johann ·

Ja nee; so trek die ZUMAIKIES lekker toe om NUMBA WHONE. En of te dom astrant om te besef hulle is voor in die spervuur of te blond lojaal..of skep lekker saam uit die Staats kaste! Skelm en arrigant saam is gelyk aan vermeteld gevaarlik. Psigopatiese leunaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.