OB teleurgesteld oor Gordhan se ‘persoonlike beledigings’

(Foto’s: ANA)

Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, sê sy is teleurgesteld oor die persoonlike beledigings wat met die minister van openbare ondernemings se hersieningsaansoek in die hof gepaard gaan.

Pravin Gordhan het ʼn dringende aansoek ingedien vir ʼn interdik teen die implementering van remediërende stappe wat deur die openbare beskermer aanbeveel is. Mkhwebane het Vrydag verskeie regeringsrolspelers, onder andere pres. Cyril Ramaphosa en die polisie, versoek om teen Gordhan op te tree vir sy rol in die destydse stigting van die sogenaamde “rogue”‑eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

“Terwyl ek groot respek vir die kantoor van die openbare beskermer het, betwyfel ek die bevoegdheid, integriteit, wettige geletterdheid en grondwetlike begrip van sy bekleër rakende haar bevoegdhede, pligte en funksies,” het Gordhan onder meer gesê.

Mkhwebane het Donderdag in ʼn verklaring gesê sy neem kennis van die hofaansoek en aanvaar dat ʼn hersiening deel is van die voorgeskrewe proses wat gegriefde partye kan volg om verslae wat haar kantoor vrystel, te betwis.

In haar verklaring gee Mkhwebane haar teleurstelling te kenne oor hoe die “hofaansoek gehul is in die onwaardigheid van persoonlike beledigings”.

“Sy gaan net oor die feite van die saak kommentaar lewer, omdat dit benede die waardigheid is van die hoë poste wat [die openbare beskermer] en die minister beklee, om by persoonlike beledigings betrokke te raak,” lui die verklaring.

Die OB sê Gordhan se aansoek word glo op ʼn dringende basis gebring, maar dat hofstukke teen Donderdagmiddag steeds nie formeel op haar beteken is nie. Sy gaan egter die aansoek teenstaan, omdat sy volle vertroue in die akkuraatheid van haar bevindings het.

“Ons is van mening dat die emosionele taalgebruik, persoonlike beledigings en blatante leuens of sinspeling, daarop gemik is om die aandag van die ware kwessies en bevindings af te lei,” het Mkhwebane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ne ·

Nou kan sy gou beledig voel. Hoekom het sy nie bedank toe die howe haar verslae afgekeur het nie? As die skoen ppas trek hom aan!!!

Hanna Hoekom ·

Ag, ou tjankbalie… You’re the weakest link. Good bye!

Elizabeth ·

Dit is benede haar waardigheid om op Gordhan se bewerings te reageer. Maar dit was nie benede haar waardigheid om in haar amp aan te bly nadat ‘n hof haar werk as onbevoeg bevind het nie. Ekskuus … watter waardigheid kan sy nog hê …??

Gert van Wierdapark ·

Hoe lui die Spreekwoord….. “Die Waarheid maak Seer”. He-he-he!!!!

Santie ·

Hoekom sy nou 10 jaar gelede se beendere wil opgrawe, wat al in die hof ondersoek wás, sal nugter alleen weet, Daar is tog baie ter saaklike sake wat op die oomblik dringend ondersoeke moet word, maar sy mors tyd en geld met ou goed. Nee hier rym iets nie.

Helene Heyns ·

Ag, hy het maar net gesê wat die oorgrote meerderheid voel. By hierdie tyd behoort sy al hiervan bewus te wees…..dis algemene kennis

Bridget ·

Ja nee in plaas daarvan om op geld wassery diefstal van ander ministers wat korrup is te konsentreer takel sy die verkeerde persoon hy moet haar goed op haar plek sit en ja sy is ‘n regte tjank balie weet wraggies nie wat soek sy in daai pos nie maar sit gaan sy seker sit

Pensioenaris ·

Siestog jou sissie, jou bek is groot oor onnodige goed en dan is dit jou houding as jy in die bek gedruk word. Plaas dat jy mense wat iets vir die land beteken en ter wille van ons mooi land die regte dinge DOEN en jou skelm pelle aanvat…. maar nee – hier is ‘n helse fout en JY is daardie fout saam met jou travante. Hoe gouer jy die pad vat en boggerof des te gouer sal die met Suid-Afrika weer goed gaan – maar jy is te stupid en vat net geld en doen NIKS.

Clipper ·

Vertel ons eerder bietjie meer van jou bevindings teen Ace en die Vrystaatse melkplaas. Dan kan ons verder oor Gordhan praat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.