Phumzille van Damme, woordvoerder van die DA, het gesê dit kom ná mediaberigte Sondag dat Maseko, voormalige hoof van die regering se kommunikasiediens (GCIS), voor ʼn vergadering met die Gupta-familie in Saxonwold deur Zuma ontbied is en versoek is om “hulle te help”.
Ajay Gupta het glo tydens die vergadering versoek dat al die regering se advertensies en bemarking na The New Age-koerant verwys word. Gupta het glo gesê “…sê vir ons waar die geld is en sê vir die departemente om vir jou geld te gee; indien hulle weier sal ons hulle hanteer. As jy ʼn probleem het met enige departement sal ons die minister ontbied.”
Volgens Van Damme is die jongste bewerings in direkte teenstelling met ʼn antwoord wat van Faith Mtuhambi, minister van kommunikasie, ontvang is op ʼn vraag van die DA: “Op ʼn vraag wat verband gehou het met advertensies in The New Age het die minister gesê: ‘Geen opdrag is ontvang om meer geld op The New Age te bestee as op ander koerante’.”
Van Damme het gesê sy sal verdere vrae aan die minister stuur en dat die minister sal moet aandui of sy bewus was van die vergaderings met die Guptas en of sy self ook al met die Guptas vergader het of soortgelyke versoeke ontvang het.
Die Sunday Times het berig dat Maseko direk vir Zuma geïmpliseer het om regeringsakeonderhandelings aan die Gupta-familie te gee. Maseko het glo aan die koerant gesê dat hy in 2010 verskeie versoeke ontvang het om met die Gupta-familie te vergader. Hy het toe glo op ʼn dag besluit om wel met hulle te vergader, waarna hy glo ʼn oproep van Zuma ontvang het.
Volgens Maseko het Zuma vir hom gesê: “‘Kuna labafana bakwaGupta badinga uncedo lwakho. Ngicela ubancede [Die Gupta-broers het jou hulp nodig. Help hulle asseblief]’.”
Ek het nogal vertroue in adv Madonsela om die ondersoek eerlik en professioneel te hanteer wat daarna gaan gebeur met Zuma????
Sy het nog niks noemenswaardig reggekry met Zuma nie.
En haar termyn verstryk Okt 2016 glo nie daar is genoeg tyd sè nou maar n zuma vriend volg haar op ?
Wat ek verstommend vind is dat haar dogter een vd EFF voorbokke by Tukkies was…Waar staan sy presies in haar politieke sieninge??
Gaan n grap wees as sy by die EFF inval…!!
Dit se maar net weer vir jou “Moenie op prinse vertrou nie”. Net omdat sy ten minste lyk of sy haar werk ernstig opneem maak haar nie noodwendig minder gevaarlik vir minderhede nie.
BP, nog kommentaar oor onverstaanbare gedrag van mense (meestal vroue sien ek) toe die OB in ‘n geel gewaad by Zuma se partytjie opdaag: die Oe’s en die Ah’s en die “maak haar president” was ‘n naarheid om te lees. Wanneer gaan ons ooit leer?
Kyk interessante inligting by: google, tik in wiki (spasie) gupta family
Die DA het dit slegs versoek. Gaan die ondersoek teen die Gupta beweringe deur Adv. Thuli ooit plaasvind??