“Die openbare beskermer het niks hiermee te doen nie,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, aan Sapa gesê.
Kganyago sê enige poging om afleidings uit die verslag te maak rakende Motsoeneng se aanstelling is subjektief. “Jy lees wat jy wil lees.”
Hy sê Madonsela se verslag het slegs gestipuleer dat die posisie gevul moet word, nie wie dit moet vul nie.
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Woensdag haar verbasing uitgespreek oor Motsoeneng se aanstelling. “Ek wag steeds vir terugvoer van die SAUK en die minister en tot dan is ek nie in ‘n posisie om te verstaan wat nou gebeur het nie.”
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Dinsdagaand Motsoeneng se aanstelling aangekondig.
Madonsela het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.
Talle partye het intussen hul misnoeë uitgespreek oor Motsoeneng se permanente aanstelling. Die SAKP het dit as kommerwekkend beskryf en ‘n beroep gedoen op Muthambi om haar besluit te heroorweeg.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy aanstelling as “slegte nuus vir mediavryheid” beskryf terwyl die EFF gesê het hy sal dit oorweeg om ‘n hof te nader oor die saak.
Lees ook:
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’
Dan is daar nog mense wat my “uittrap” omdat ek nie my lisensie aan die “sirkus” wil betaal nie!!!!!!
My vraag is hoekom ‘n Openbare Beskermer hê as die persoon se sê geen sê het nie. Is dit dan nie die funksie van die funksie nie. Hoekom raak hulle dan maar nie ontslae van die funksie en bou nog ‘n swembad by Nkandla nie.