OB-verslag oor Prasa kom eers later

Argieffoto

Argieffoto

Die vrystelling van Thuli Madonsela, openbare beskermer, se veel verwagte verslag rakende bewerings van wanadministrasie, finansiële wanbestuur en tender- en aanstellingsonreëlmatighede by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) is uitgestel vir verdere voorleggings.

Kgalalelo Masibi, woordvoerder vir die openbare beskermer se kantoor, het gesê die verslag sal op 3 Augustus vrygestel word. “Die besluit om die vrystelling uit te stel volg nadat van die betrokke partye die openbare beskermer genader en versoek het dat sy dit uitstel aangesien hulle graag voorleggings wil doen rakende kwessies wat die ondersoek raak.”

Volgens Masibi beweer van die partye dat daar vertragings was deur Prasa se uitvoerende hoof om dokumente van die openbare beskermer te ontvang. Masibi het gesê Madonsela het in die belang van regverdigheid besluit om toe te gee aan die partye se versoek.

Lucky Montana, Prasa se uitvoerende hoof, is verlede week in die pad gesteek.

Lees alle vorige berigte oor Prasa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

Lucky Montana is in die pad gesteek, met volle pensioen. Sjoe, ek wens ek kan so in die pad gesteek word. Na 8 jaar diens, bygesê.

lynette ·

Sal ek nou graag wil weet hoekom daar met elke liewe ding wat aangepak word . . Iemand weggejaag word . N gekonkelry en hofsake moet wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.