OB-verslag: Ramaphosa, opposisiepartye reageer

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die debat oor die presidensie se begrotingsrede. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het die Openbare Beskermer (OB) se verdoemende verslag dat hy die parlement doelbewus mislei en die Grondwet geskend het, ontvang en sal dit bestudeer.

Mkhwebane het bevind Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei oor die R500 000 wat Bosasa (nou African Global Operations) aan sy veldtog geskenk het om president van die ANC te word.

Ramaphosa het verlede jaar tydens die vraesessie in die parlement gesê sy seun Andile het gebaat by ʼn kontrak met Bosasa van R500 000. Ramaphosa het later sy antwoord teruggetrek en aan die nasionale vergadering gesê hy het nie opsetlik verkeerde inligting daaroor gegee nie en dat die halfmiljoen rand inderdaad aan sy veldtog geskenk is.

Die presidensie het ʼn paar uur ná adv. Busisiwe Mkhwebane haar verslag bekend gemaak het, ʼn verklaring uitgereik.

“Die president het op 27 Junie ʼn omvattende reaksie ingedien op die artikel 7(9)-kennisgewing waarin daar in detail besonderhede gegee word oor waar die voorlopige bevindinge tekort skiet, feitelik én volgens wet,” lui die verklaring.

“Dit blyk egter dat die president se reaksie op die artikel 7(9)-kennisgewing nie behoorlik oorweeg is nie. Die president sal egter die verslag van die Openbare Beskermer bestudeer en ʼn besluit oor enige verdere optrede neem.”

Ramaphosa het in die verklaring ook weereens sy respek vir die Openbare Beskermer se kantoor en die rol wat dit speel om verantwoordbaarheid te verseker, bevestig.

“Die president bevestig verder sy vasberadenheid en toewyding om alle vorme van korrupsie en misdaad te beveg. Om hierdie rede is niemand, ongeag die posisie wat hulle inneem, bo die wet verhewe nie.”

Die DA het intussen te kenne gegee dat hy strafregtelike klagte teen Ramaphosa aanhangig sal maak.

“Die DA sal strafregtelike klagte van geldwassery teen Ramaphosa, die CR17-veldtog en die advokate se trust wat by die veldtog betrokke was, indien,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê.

Mkhwebane het gesê die geld het deur verskeie tussengangers gegaan, eerder as direk na die CR17-veldtog.

Maimane het ook versoek dat die parlement ʼn ad hoc-komitee op die been bring om die Openbare Beskermer se verslag en bevindinge te oorweeg om te verseker dat Ramaphosa verantwoordbaar gehou word.

Die VF Plus het in reaksie op die verslag gesê Ramaphosa moet nou oop kaarte speel. “Hy is dit verskuldig aan die mense van Suid-Afrika,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Pres. Ramaphosa het gister in die parlement hieroor gesê die reg moet sy gang gaan. Dit het nou gebeur met die OB se bevinding en dit is nou die president se skuif om dit duidelik te stel wat die ware toedrag van sake is.

“Indien hy besluit om die OB se bevinding te laat hersien, moet hy dit sonder versuim doen en ook sy redes daarvoor gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Arie ·

Die d a irriteer my net, hulle blaf net soos honde en dit is waar dit bly, die VF byt! Groot geraas oor die bedraggie van rammie maar niks oor die miljarde wat weg is nie

Winnie ·

Sy neem net die spotlight van haar onbevoegdheid van haar pos weg

Andreas ·

Cyril Ramaphosa het net homself te blameer, ek het geen simpatie met hom nie.

Maar baie interessant is, ek sien vanmiddag dat die konstitusionele hof het ‘n uur na sy haar bevindings bekend gemaak het, getwiet dat hulle uitspraak oor haar beweringe betreffende die Reserwebank en Bankkorp, Maandag bekend sal maak.

Hoe toevallig!

Merie Perd ·

“Watch this space” he he he ghnmmm kug kug Ou brulpadda is the slim vir julle almal he he he

Anoniem ·

Hierdie is n groot spel. Jy vat my hof toe oor Gordhan, ek maak jou seer met jou verkeerde handelinge maar die vraag is hoeveel waarheid/onheiligheid skuil daar in die spel. Persoonlik waar daar n rokie is, is daar n vuur en voel ek Gordhan steek iets weg en Cyril weet en beskerm hom en dieselfde met Cyril hy is nie so onskuldig nie hy loop nou in nat turf grond en kry nie die modder vansy voete af nie. Hy is nie die regte president vir SA nie maar wie is

Chris du Preez ·

En so hou Musi aan om Ace Magashule se hande te speel sodat die anc Rhamaphosa kan herroep en weer n krimineel president maak

Winx ·

Chris jys 100% reg… ek dink nie die DA besef die impak hiervan nie. Ons is oorgelewer aan “the lesser of two evils” terwyl die ANC regeer, maar die Here behoede ons as CR as president verwyder word. Kan jy jou indink dat iets veel veel erger as Jacob Zuma dan ons voorland is. Ek sidder.

Jan Joubert ·

Hier is n interne politieke spel in die ANC aan die gang wat geensinds die belange van Suid Afrika voorop Stel nie.Musi Maimane en Julius Maimane is besig om hulself te laat gebruik in hierdie binnegeveg Vir korttermyn politieke gewin sonder om aan die langtermyn gevolge te dink.

Petrus ·

Die belange van Suid Afrika is al sedert 1994 van geen belang. Dit gaan maar so oor die hele Afrika, gaan vra maar vir pres. Trump.

Karlahari ·

Ek hoop net Daimannetjie van die DeeAhhh party gaan ook vir Nkosazana Dlamini Zuma ook laat ondersoek wat teen Ramaphosa gestaan het. Wie het haar kostes betaal?
Mense die plan van die Zupta faksie is om vir Ace Magashule president te maak.
Op die stadium gaan dit vir die DA beter wees om Ramaphosa te ondersteun maar nee. Politieke gewin is mos beter al loop dit op anargie uit.
Behalwe as dinge op burgeroorlog uitloop tussen die wat het en die wat alles wil hê.
Wens die DA wil leer om op hulle eie voete te staan en die die EFF slaafs volg nie.
Julle gaan die besluit berou. ….

Petrus ·

In die politiek steun jy net ‘n mededinger indien jy iets terugkry. Wat kan Ramaphosa vir die DA bied?

Petrus ·

Ramaphosa is effektief soos ‘n muskiet in die Kalahari. Hy moet gaan. Hoe gouer die ANC dan val, hoe beter. Dan sal julle sê, “dankie DA”.

Sarel ·

Petrus dit is die probleem. Ramaphosa alleen is nie die ANC nie. Om Rhamaphosa te vervolg maak jy die pad oop vir sy teestanders soos Mabuza ( klein Zuma) en Magashule ( wat deur die OB beskerm) word. So indien die twee ons voorland word,wie moet ons bedank.

Kobus ·

Die DA gaan verantwoordelik wees daarvoor dat ons op die ou einde met Mabuza ( Klein Zuma) en Magashule gasn sit en sal beslis nog slegter af wees.

Jimmy ·

Die DA is nie so magtig nie. Hierdie is ‘n ANC geveg wat al lank duur en nou tot ‘n punt kom.

Johann ·

Dit is al lankal duidelik dat Maimane in die binnekringe saam met die ANC veg. Dit is nou nie net meer duidelik nie maar ‘n feit. Sterkte vir almal wat die VF+ in die rug gesteek en die DA ondersteun het. Die wiel het gedraai en nou sal die DA se ware kleure uitkom. Sterkte Suid-Afrika.

Petrus ·

Wat ‘n belaglike bewering. Wie binne die DA het dit vir jou gesê?

Deon ·

Die ANC het die DA nie nodig nie. Jy klink nou soos’n samesweringsprofeet wat iets in niks soek.

nabetragting ·

Wanneer hou hierdie staatsamptenare op om mekaar se hare uit te trek, terwyl hulle die land moet regeer.

Slimjan ·

Vytjie mentor het 10maande voor Ram verkies was hom gewaarsku hulle gaan hom aankla van die goed. Ma hy het nie geluister. Die enigste een wat ons nog uit die sh…. kan red is hy ma nee. DA en en en wil hom slag. So wie wil jy he moet ons ly. Mabuza? Ace? Want hulle wag vir ons as Ram val…

Kobus ·

Slimjan, julle ANC ondersteuners moet besef die klok het vir die ANC gelui. Julle trek nou die land oor die afgrond.

Weet nie ·

Die DA het lankal baie van hulle stemme verloor deur n on bekwame leier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.