OB versoek om Zuma se Gupta-bande te ondersoek

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Thuli Madonsela, openbare beskermer, is gevra om ʼn ondersoek te doen na pres. Jacob Zuma se beweerde misbruik van mag na aanleiding van die bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed het rakende die aanstel van ministers.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê Madonsela is “die mees geskikte persoon om die saak te ondersoek”. Die DA het Donderdag klagtes teen Ajay en Atul Gupta aanhangig gemaak.

Mmaimane wil hê Madonsela moet ondersoek instel of Zuma die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag oortree het en hom aan belangekonflik blootgestel het deur sy posisie te misbruik om homself en ander te verryk.

Dit volg nadat die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, Woensdag gesê het die Gupta-familie het vir hom die pos van minister van finansies aangebied kort voor Zuma vir Nhlanhla Nene in Desember die trekpas gegee het.

Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, het ook beweer die familie het haar ʼn pos as minister aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Apie ·

Ek hoop sy lig hulle uit. Zuma is die vader van korrupsie!!!

Dee ·

Vergeet dit Piet Boer! Die Guptas het my die posisie aangebied.

Karolis ·

Dee, vergeet dit. Hulle het eerste vir my die prespos aangebied. Ek dink nog daaroor.
Jy het net eerste begin skinder.

Dee ·

Issie..issie..isiie.. Karolis! Hulle het eerste vir my gesê ek kan die prez word. Ek bly net stil daaroor want hulle het gesê ek moet vir niemand sê nie. Moet seblief nie sê ek het so gesê nie.

m ·

Sterkte aan die vrou. Dink da gaan paar interessante dinge uitgekrap word.

broos ·

ooohhh sy gaan soveel fun hê! kan nie vir iemand beter gevra het om ondersoek te doen nie

Jan maak n Plan ·

En as sy iets uit krap, wat dan. Hulle het hoeveel goed uit die wapen skandaal uitgekrap, sy het hoeveel goed van Nkandla uitgekrap – en die vet marionet sit nog stewig in die stoel. Dit gaan baie meer as ‘n klomp bewyse dat hy deur die Guptas gelei word kos, om hom uit die kussings te lig.

Anie ·

Kyk bietjie by google. Tik in wiki (spasie) gupta family south africa. Hul ken Zuma al van 2003 af!

yolanda nelson ·

Miskien moet hulle bietjie sy banksake krap, daars seker nou omkoop geld betaal om te sê dat hy weet niks nie. Bang die waarheid kom uit. En die Guptas ontken ook als. Hulle is kop in een mis met als.

PJ ·

Hoop daar genoeg tyd oor vir hierdie vrou eindig haar termyn nie in Okt.?

Mariaan ·

Zuma sit geplant in sy pos en grawe homself net dieper in. Hy is slu en het seker gemaak om met omkoopgeld mense se monde te snoer. Sy arrogante houding en grynslag spreek boekdele. Terwyl ons op sosiale netwerk gal braak, is hy besig met nog gekonkel.

Joann ·

Goed so. Ek respekteer die vrou,maar als wat sy in verlede uitgekrap het,het net so dood geloop. Zuma met min skool wil altyd stry teen haar wat geleerd is se uitsprake. Sterkte aan haar.

Anoniem ·

En hy sit nog steeds in die president stoel………………………….Glo geen manier dat hy herroep gaan word nie……………………….Net soos die Nkandla saak…kom weg met……………………….

HEVW ·

As z n greintjie intgriteit gehad en die belange van die burgers van die land op die hart gedra het sou hy lankal bedank het. Dit word egter vir hom nog makliker gemaak om te handhaaf want hy word deur sy plunderaar kaders gerugsteun wat oor asemrowende bates bates beskik. Die probleem is hulle almal beskik nie eens oor die gewete van n dooie krokkedil nie.

Anoniem ·

Die ergste van alles….sy navolgers volg hom nog steeds. Ons word uitgemoor, verkrag, besteel, verarm meer by die dag. Hy leef lekker op my en jou geld…Wanneer gaan hul eendag wakker word. Hy het maar net standard 3 mense…..hoe dom kan ons as mens nie wees nie………..Niks wat hy se of doen is geloofwaardig nie. Dis al oor en oor bewys!!!!

Rens Roodt ·

Sy is nie reguit genoeg nie – sy spreek dit aan maar met n kinkel in die kabel – dis nie goed genoeg – hierdie voorgee politieke korrektheid maak my siek – reguit en eerlik is die enigste manier – al trap jy op tone –

Martin ·

Zuma is ń tweede Mugabe en stuur Suid-Afrika in dieselfde rigting as Zimbabwe. Terwyl hy almal in die parlement uitlag, lag die res van die wêreld vir ons. Hoe kon ń ongeskoolde persoon ooit president word? Dalk is sy denke regtig nie so ver gevorderd om die implikasies van sy optrede te besef nie.

Hennie Theart ·

Uiteindelik!! ‘N ondersoek moet kom, en al word Mnr Zuma onthef van sy pligte deur die ANC, moet hy nog steeds vervolg word vir sy nalatigheid en self verryking. Jy is reg Martin dat hy besig is om SA ‘n 2de Zimbabwe te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.