OB weier dat DA staatskaping-verslag sien

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Busisiwe Mkhwebane, die nuutaangestelde openbare beskermer (OB), het Dinsdag gesê sy sal nie haar voorganger se verslag oor bewerings van staatkaping aan die DA oorhandig nie, aangesien die saak voor die hof is.

“Ek kan nie die verslag bekendmaak totdat die saak gefinaliseer is nie, aangesien die saak sub judice is. Die hof het gesê [die verslag] moet veilig bewaar word,” het Mkhwebane aan die parlemente se portefeulje komitee van justisie gesê.

Sy het dit gesê in reaksie op ʼn aanmerking van DA-LP Werner Horn wat gesê het die DA het die reg om Thuli Madonsela se verslag te sien, aangesien hulle die klaer in die saak was. Die DA se klagte aan die OB se kantoor het daartoe gelei dat daar ondersoek ingestel is na bewerings van welgestelde individue wat regeringsbesluite beïnvloed. Mmusi Maimane, leier van die DA, het reeds in ʼn brief aan Mkhwebane geëis om ʼn afskrif van die verslag te sien.

Madonsela het verlede week besluit om nie die verslag bekend te maak soos sy aanvanklik beplan het nie, nadat pres. Jacob Zuma en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, twee afsonderlike hofaansoeke teen haar ingedien het. Die president versoek die hof om die OB te verbied om die verslag bekend te maak, terwyl Van Rooyen poog om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord

Die aansoeke sal vroeg in November aangehoor word.

Volgens Mkhwebane het sy nog nie die verslag gelees nie. Sy het gesê die verslag is tans in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Noxthefox ·

Die vroumens het alreeds besluit nog voor haar aanstelling dat die amptelike opposisie nie haar gaan voorse nie. Tog so kleinlik van haar.Net omdat hulle gese het sy was ,n spioen. Sy het dit dan weer vanmore bevestig toe sy in parlement erken het dat sy vir Ssa gewerk het.Hemel behoed ons vir die volgende sewejaar wat voorle. Nou wil sy ,n verskoning he!KLEINLIK SE EK JOU!

Regtespraak ·

Hier begin ons alweer ping-pong speel met die howe en die rioolrotte lek lippe af vir die belasting geld wat na hul kant instroom.

Lance ·

Ek hoop regtig sy kan in Thuli se spore volg en dat sy nie nou al zuma se skelmstreke gaan wegsteek en toesmeer nie

Leendert ·

Sy het al klaar vandag, met haar voorlegging in die parlement, haar stekies na Thuli Madonsela ingekry. Kom ons kyk wat vorentoe gebeur.

bobbo ·

En sy soek alreeds 28miljoen Rand!!! Liewe hemel sy is nog net 3 dae die OB !!

Hennie ·

Die nuwe OB is duidelik een van Zuma se kaders! Suid-Afrika is op die rand van ‘n afgrond!

Johnny ·

Ons is al baie jare daar.. sedertdien groot treë vorentoe gegee

elsa ·

Nog n korrupte maatjie. Verrot van binne. Ek ruik dit tot by my huis.

E ·

Hoekom sal sy nou sê presies waar die verslag is? Dis mos nou staatsgeheim en so ń delikate situasie. Ag nee wat net 3 dae in haar pos en al klaar die diamante voor die boewwe se deur gelê! Hoe simpel kan jy nou wees. Bom, kluis in OB hoof se kantoor.

Therese van Schalkwyk ·

Dit is onwaarskynlik dat hierdie verslag binnekort, indien ooit, die lig sal sien. In die lig van gebeure tans moes dit dalk meer spoedeisend afgehandel word. Die feit dat die president traag was om sy samewerking te gee, kon in die verslag genoem word en as verswarende getuienis dien. Die nuwe OB het reeds begin met die verdagmaking van Madonsela se metodes en uit die staanspoor duidelik gemaak dat staatskaping nie vir haar ‘n prioriteit gaan wees nie.
Zuma het die goeie mense weer eens ore aangesit, hopelik net tydelik.

Mielie ·

Zuma is uitgeslape! Glo nie daar is iemand Wat hom kan uitoorlê nie. Ons sal nie die verslag sien nie. Daar gaan Nog baie hofsake hieroor wees. Omtrent die Hele kabinet en die ANC is in Sy en Gupta se sak. Zuma gee nie op nie. Hy het die regte mense in die regte plekke en Sy is een van hulle.

John ·

Het julle al van die nuwerwetse uitvindsels, die geheue, of nog meer onlangs, ‘n fotostaatmasjien of ‘n rekenaarstiffie gehoor? Oei! Hoe dom dink julle sou Thuli wees? Die verslag is ‘n outydse toffie wat laaaaaaaang drade gaan trek. #WhereIsTheReport/co.za

AJ ·

Is daar nie dalk eers iemand wat die dokumente moet lees om solank antwoorde te kry om iemand wat genoem word in die dokumente te beskerm wanneer die verslag eendag bekend gemaak word as dit ooit sal gebeur. Onthou ek help jou jy help my.

Maria van Dieweeck ·

Wel sy was zuma se ‘gunsteling’ kandidaat vir die pos, dit se alles vir my.

Magda Coetzer ·

Ek voorspel die verslag gaan verdwyn en niemand gaan weet wat van die verslag geword het nie. Dit sal so gerieflik wees vir hulle!

Rynhardt ·

Vir wie word die verslag oor staatskaping veilig bewaar? Beslis vir Zuma , die Guptas en ongure karakters wat publiek en SA uitbuit! Publiek het die reg om te sien hoe hul bevark word! Madonsela as u iets in u het, hou n perskonferensie en skets n kragtige raamwerk vir publiek oor die verslag! Tans voel ek dat die hoofstroommedia en sekere lede van die publiek jou te veel aanbid.Huidige OB gaan net n getroue volgeling word van Anc!Publiek wil alles weet van verslag, vertel die publiek Madonsela !!

Johannes Meintjes ·

Maar soos oral tans die geval skyn te wees, kan die burgers en instansies of kerke maar net kommentaar lewer. Niemand skyn deesdae meer instaat te wees om sake op die paaie van geregtigheid en volhoubaarheid te her-rangeer of the her-rangskik nie? Hoe het dit gekom dat die mensdom homself aan enkele manipulerende narre, marionette en towerfluitspelers uitlewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.