Die Openbare Beskermer het haar tot die hof gewend om te verhoed dat sy uit haar pos verwyder word.
Adv. Busisiwe Mkhwebane het Vrydag ʼn dringende aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om die parlementêre proses om haar uit haar pos te verwyder, op te skort.
In hofstukke voer sy aan die proses is foutief en ongrondwetlik. Die parlement het verlede jaar nuwe reëls aanvaar om ampsdraers en kommissarisse van hoofstuk 9-instellings uit hul poste te verwyder. Dit is dié reëls wat sy nou wil hê die hof ongrondwetlik moet verklaar en ter syde moet stel.
ʼn Mosie is Vrydag goedgekeur om te begin met die proses om Mkhwebane te verwyder. Sy vra nou dat die hof dié proses opskort, hangende haar hofaansoek om die reëls ongrondwetlik te laat verklaar.
Sy vra ook dat die hof die speaker, Thandi Modise, moet verplig om redes te verskaf waarom sy toegestem het tot ʼn mosie deur die tydelike hoofsweep van die DA, Natahsa Mazzone, dat die parlement begin met ʼn proses om haar as OB te verwyder.
Die DA het intussen regters Robert Nugent en Jeanette Traverso voorgestel om as lede van die onafhanklike paneel te dien wat die meriete van die mosie teen Mkhwebane moet bekyk.
Mazzone sê Mkhwebane struikel van een ramp na die ander soos die land se howe haar bevindings kritiseer en bevind dat sy misluk in die uitvoer van haar pligte.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Benoude katte maak groot spronge!
Sy klou soos n neet aan al haar voordele.
Niemand gaan haar mis nie.
Die nuwe parasiete van ons tyd…
Die advokaat verstaan blykbaar nie die regsproses nie, shame