OB wil appèlhof nader ná hof teen haar beslis

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: OB/Twitter

Adv. Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer, wil na die appèlhof in Bloemfontein petisioneer nadat die hooggeregshof in Pretoria Vrydag teen haar beslis het in die saak oor die Estina-suiwelprojek.

Mkhwebane het geappelleer teen ʼn hooggeregshofbevel waarin sy beveel word om persoonlik 7,5% van die regskoste van die DA én die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) te betaal.

Die hooggeregshof in Pretoria het ook beveel dat die OB se kantoor 85% van die DA en Casac se regskoste moet betaal. Haar aansoek om hierteen te appelleer is Vrydag van die hand gewys.

Die beslissing spruit uit die DA en Casac se suksesvolle aansoek in die hof om die OB se verslag oor die omstrede Estina-suiwelplaas ter syde te laat stel.

Die DA en Casac het in Oktober verlede jaar aangevoer Mkhwebane het nie ʼn behoorlike ondersoek na die omstrede suiwelprojek gedoen nie en ook nie die senior politici wat daarby betrek is, noukeurig ondersoek nie. Die hof het in Mei vanjaar in die twee partye se guns beslis.

Die DA het intussen Vrydag se uitspraak verwelkom.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het gesê vandag se uitspraak is ʼn oorwinning vir die 80 begunstigdes van die projek wat al sewe jaar wag vir reg en geregtigheid van die staat af.

“Die begunstigdes was die mense wat die middelpunt van die ondersoek moes gewees het, want hulle is die mense, die kwesbares, en die rede waarom haar [Mkhwebane] kantoor spesifiek geskep is.

“Dit is ‘n absolute skande dat sommige mense, wat nog geïdentifiseer moet word, daarby baat gevind het, terwyl die armes en gemarginaliseerdes weer van ʼn geleentheid beroof is om hul omstandighede te verbeter.”

Jankielsohn het gesê die uitspraak sal verseker dat die OB nie verdere onnodige regkoste aangaan nie. “Sy het beperkte hulpbronne as die rede aangevoer vir die beperkte aanvanklike ondersoek. Sy moet nou ʼn omvattende ondersoek doen en seker maak haar aanbevelings is in ooreenstemming met haar rol om geregtigheid te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

My opinie ·

Haar kantoor moet 85% betaal – maw die belastingbetaler moet die 85% betaal … Geen wonder sy kan nie haar begroting laat klop nie.

Manna ·

Die mense se arrogansie verbaas my elke dag. Lieg sonder om oog te knip. As is hulle skuldig sal hulle nog martelaar speel en die verontregte wees. Eish!

Landie ·

Ag asb jy is besig om jou naam met ‘n plank te slaan.!!! Kan iemand haar nie net afdank nie. Dis asof die onbekwames soos steeks donkies net daar bly….sonder enige gevolge. As daar teen die tyd nie ingesien kan word dat sy nie weet wat sy doen nie…..dan weet ek nie.

skurweberg ·

Hulle moet nog leer dat daar niks is wat nie geopenbaar sal word nie en dat alles wat agter toe deure en in die geheim besluit is van die dakke af, uitgebasuin sal word. Matt.10:26

Piet Snot ·

Landie, jy kyk vd verkeerde kant af. Sy weet baie goed wat sy doen. Dink bietjie: wie’t haar aangestel? Zuma. Wie se belange sien sy dus? Zuma se vriende (lees: Guptas, Magashule ens).
En daarmee was sy tot dusver baie effektief.
Nee jong, daai vrou is baie bekwaam. Sy dien maar net nie jou en my belange nie.

TT ·

As jy dood is weet jy dit nie , net die mense om jou weet dit . Selffe as jy onnosel is .

ore ·

Waar kry die mense al die geld wat hulle aan hofsake spandeer? Zuma kan nie skoolgeld betaal,maar hy boer in die hof.Dudu het nie geld om hof toe ry nie maar sy het regsverteenwoordiging,advokate is duur.Hierdie dame is blykbaar self ‘n advokaat,behoort mos nou te weet dat indien sy slaag,deur Gerrie Nel vervolg gaan word.Wanneer gaan die parlement optree,daar is mos riglyne opgestel om haar uit haar pos te verwyder.

Basjan ·

Kommentaar gelees op ‘n ander blad:
” Naturally she ( Public Protector Busisiwe Mkhwebane) is pulling the race card again, because the judge is white. It is something all corrupt delinquents do when they are in a tight spot!!!”

George in Bloem ·

Ek wonder wat kos hierdie onbevoegde kader die land al tot dusver? Baie geld wat baie beter elders aangewend kon word? Belaglike nar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.