Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), meen die parlementêre proses om te bepaal of sy vir haar amp geskik is, moet met onmiddellike inwerkingtreding gestaak word in die lig van ’n uitspraak in die hooggeregshof in Kaapstad.
Die hof het Woensdag wysigings aan twee van die reëls beveel wat die parlement in die proses wil gebruik. Dit sluit in ’n wysiging aan die reël dat ’n regter deel van die paneel kan wees wat moet bepaal of daar prima facie-bewyse is om ’n verwyderingsproses te begin. Die hof meen regters moet uitgesluit word hiervan.
Die onafhanklike paneel wat bevind het daar is prima-facie bewyse teen Mkhwebane, het onder leiding van ’n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof plaasgevind. Die ondersoekkomitee is hierna gestig.
Die ander wysiging behels dat ’n openbare ampsdraer die reg moet hê om in die ondersoekkomitee deur ’n regspraktisyn of ’n ander kundige van sy of haar keuse bygestaan te word. Die hof het egter Mkhwebane se aansoek dat al die reëls ongrondwetlik verklaar moet word, van die hand gewys.
Die Nasionale Vergadering het gesê die parlement konsulteer met sy regspan wat steeds die uitspraak bestudeer waarna ’n beslissing gemaak sal word oor die gevolge van die uitspraak. Die wyse waarop die ondersoekkomitee met sy werk sal voortgaan, sal op regsadvies berus.
Mkhwebane meen intussen die hof se uitspraak kom daarop neer dat die ondersoekpaneel onwettig saamgestel is.
“Om voort te gaan op grond van die bestaande onveranderlike en gedeeltelik ongrondwetlike reëls, asof niks gebeur het nie, sal ’n aanval op die gesag van die howe, die oppergesag van die reg en die grondwetlike regte van die OB wees.”
Die ondersoekkomitee, onder voorsitterskap van Qubudile Dyantyi, het ook Woensdag vergader en aangedui dat hy verkies om ’n hibriede benadering te volg vir die ondersoek wat beteken dat die lede van die komitee die proses sal lei.
“Die komitee het aangedui dat hy ten gunste is van die benadering waar lede die proses lei met interne en gespesialiseerde eksterne ondersteuning. Op hierdie manier word die proses deur lede gelei, maar met bykomende eksterne forensiese ondersteuning om die komitee te help om die getuienis te oorweeg. In hierdie hibriede scenario sal die rol van die eksterne ondersteuning meer beperk wees as in vergelyking met ’n getuienisleier.”
Die komitee het voorts ’n konsepprogram aanvaar waarvolgens hy sy werk in Januarie 2022 sal afhandel.
Hierdie parlementere komisie bestaan uit 36 lede? Waarom nie net 3 of 5 nie ? Hoeveel tyd en geld sou weer hier gemors word en dan sou sy teen die uitslag vasgeskop het. Hulle het mos nou by die beste geleer hoe om die uitstel spel te speel
Sy klou soos modder aan n wolkombers.
Of ….. aan ‘n onderbroek!
‘n Gaval van gogga maak vir baba bang en baba maak vir gogga bang.
Nog een wat nou Stalingrad in le……delay delay delay.