OB wil Ramaphosa se Bosasa-skenking ondersoek

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het die besluit deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, verwelkom dat sy ondersoek sal instel of pres. Cyril Ramaphosa die parlement mislei het oor ʼn “skenking” van R500 000 wat hy van Bosasa-hoof Gavin Watson ontvang het.

Ramaphosa het aangevoer die geld was ʼn skenking vir sy veldtog om as ANC-president verkies te word.

“Mkhwebane se besluit is ʼn belangrike herinnering aan Ramaphosa en sy vriende in die ANC dat niemand bo die wet verhewe is nie,” het DA-leier Mmusi Maimane gesê.

“Die president het verlede jaar November ʼn ongelooflike ommekeer gehad en is gedwing om aan die land te erken dat sy veldtog geld van Bosasa ontvang het. In die lig van Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, se verdoemende getuienis die afgelope paar dae voor die Zondo-kommissie [na staatskaping], is dit nou baie belangrik dat ons uitvind of die president die parlement en die land mislei het.”

Maimane het gesê die DA benadruk sy versoek dat ʼn volskaalse onafhanklike ondersoek, onder leiding van ʼn afgetrede regter, van stapel gestuur moet word om die Bosasa-skandaal volledig te ondersoek, wat nou die president en sy familie insluit.

“Die Bosasa-onthullings het die mite vernietig dat korrupsie in die ANC slegs ʼn kenmerk van oudpresident Jacob Zuma en die Gupta-familie was,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

Hierdie is net om dit wetlik te maak dat Cyril onskuldig is. In effek het hy hom in die parlement nie reg uitgedruk nie want hy het nie in sy moedertaal nie, maar in die koloniale Engels moes verduidelik. Ook was hy nie voorbereid om aan sy eie land se mense te verduidelik nie, hy is gewoond daaraan om met die oorseese goedgelowiges te gesels wat op sy ekspert kennis van wat in SA gebeur staatmaak.

Tjoef tjaf vee dit die hande af.

CW ·

Ons ken mos nou al jack ramaphosa se integriteit as ons kyk na al sy uitsprake oor plaasmoorde en grondgrype en ob het self al bewys hoeveel integriteit deesdae in die kantoor is so absoluut niks sal gebeur behalwe n toesmeerdery

Ander Koos ·

Huidige OB het tot nou nie juis veel vermag nie, dus kan CR rustig slaap.

Ja Nee ·

Daar niemand in beheer in SA wat nie al omgekoop of korrup is nie. THIS IS AFRICA!!

Hanna Hoekom ·

Die huidige OB is partydig en beteken absoluut niks. Tandeloos, magteloos en ruggraatloos! Slaap maar rustig Paddaman, slaap soet.

willem Botha ·

Die land is ver meer korrup as wat baie verwag het ,natuurlik is dit n goed georkestreerde skuif om nie Ramaposa suspisie te plaas voor die verkiesing nie.

Philip ·

Waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. Die hele ANC is korrup en het op een of ander stadium gebaat by korrupsie. CR is nie uitgesluit nie.

Chris ·

Ek was altyd hiper-positief oor die toekoms van SA en sy mense. Ek het geglo ons kan dit maak werk. Natuurlik het ek geweet dit daar baie moeilike tye sou kom en ook dat groepe mense erg sou verskil. Ek het persoonlik baie opgeoffer om dinge te maak werk omdat Ek geglo het dit was die regte ding om te doen.
Maar nou, amper 30 jr later besef ek net n wonderwerk kan ons red… Die korrupsie, die geweld, die werkloosheid, die haat, die onverdraagsaamheid, die misdaad… Dit begin nou die fondamente waarop die land gebou moes word vinniger weg kalwe as wat dit herstel en verstewig kan word.
Die geskiedenis leer ons egter daar was vele lande wat kon opstaan uit die as van oorlog, diktatorskappe, korrupte politici, ekonomiese depressies, natuurrampe, ens. Miskien, net miskien, gebeur dit in SA ook.

Minister of something ·

Ek weet nie hoe ek gaan deurkom in die maand nie. Nou dat my maandelikse 50k skenking opgedroog het nie. Weet nie hoe ek met ‘n minister se salaris alleen gaan regkom nie. Eish!

Afrikaan ·

Dis net Maimane wat naief/oningelig genoeg is om te glo dat Mkhwebane onafhanklik sal optree. Sy’s dan deur sy hoogheid aangestel juis om sy spore dood te vee!

Snowball ·

‘Honourable member’ word al hoe meer ironies wanneer dit deesdae gebruik word in die Parlement. Van ‘honour’ weet hulle soveel soos ‘n kat van saffraan.

Carl ·

Angelo Agizzi se getuienis voor die kommissie dat Watson sou gesê het dat daar in Afrika besigheid gedoen word soos op die Afrika wyse, sê iets van hoe baie besigheidsmense, Afrika en sy mense beskou. Is hulle dalk reg? Dit sê iets van baie besighede se waardes en etiek. Aan die positiewe kant is die kommissie oop en kan gewone mense sien hoe vrot die stelsel was. Of daar nog van hulle aangekla of vervolg gaan word, sal ons moet sien. Dalk sal daar onder druk iets van kom, daar moet dalk nie te veel verwag word nie.

Org ·

Ag asb, wat het met die voorige President gebeur met sy miljoene geskenk deur die Ghuptas, NIKS absoluut NIKS, Hulle vergryp en veryk hulle ten bate van leë beloftes vir die mense wat vir hulle stêm.

Piet parys ·

Sal baie interessant wees om te weet hoe hulle verby hulle rekenmeester verby gekom het ten opsigte van die salaris wat hy verdien en die lewenstyl wat hulle handhaaf

MW ·

Hoekom sou ‘n man wat na bewering biljoene sterk is R500 000 benodig vir sy veldtog? Sekerlik kon hy dit uit sy eie fondse bewillig? Klink vir my na geld wat hy uit sy agter sak kon haal?

Judge Dredd ·

Ek wil net een ding weet – van al hierdie ondersoeke/kommissies – hoeveel mense is al gearristeer/agter tralies?

Paul ·

Ondersoek hoekom daar nie R10, 000, 000 aan my geskenk is nie, ek is ‘n pensionaris en baie behoeftig, ek kan nie eens ‘n pen vashou om ‘n lotto kaartjie in te vul nie, wat nog te sê van op my selfoon tik, die hanne bewe so ek kry maar per ongeluk die foon raakgevat en dan moet ek dit vir my vrou gee om die missed call te skakel. Maar dan sukkel ek so om die foon by my oor te kry ….

willem Botha ·

Hellen Zille se voorstel vir n belasting boikot begin vir my meer aantreklik lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.