Obama hef SA se Agoa-voordele op

President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

Pres. Barack Obama van Amerika het aangekondig dat Suid-Afrika se voordele onder die Agoa-handelsooreenkoms opgehef gaan word.

Dit kom nadat Rob Davies, Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, verlede week gesê het die uitgerekte onderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is uiteindelik afgehandel nadat ʼn ooreenkoms bereik is.

Obama het egter in ʼn verklaring gesê: “Suid-Afrika voldoen nie aan die vereistes wat in artikel 506A(a)(1) van die Handelswet van 1974 gestel word nie. Ek het bepaal dat dit meer doeltreffend sal wees om Suid-Afrika se nakoming te bevorder deur voordele onder die belastingvrye ooreenkoms op sekere goedere op te hef, eerder as om Suid-Afrika as begunstigde te kanselleer.”

Obama het verduidelik dat hy kragtens die Handelswet van 1974 enige Afrika-land suid van die Sahara se belastingvrye-voordeel kan ophef indien hy bevind dat die land nie aan die nodige vereistes voldoen nie. “Gevolglik het ek besluit om die belastingvrye voordeel vir alle produkte wat in die landbousektor vir Agoa in aanmerking kom, effektiewelik vanaf 15 Maart 2016 op te hef.”

Wanneer die Agoa-voordele opgeskort word, beteken dit dat belasting betaalbaar sal wees op sekere produkte wat na Amerika uitgevoer word, en dié produkte sal dan duurder in daardie land kos.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

manie ·

Dankie Rob Davies. En so ploeter julle almal verder in die gemors in. Dit is mos die Kommunis wil hè. Nou kan China vrylik inbeweeg sonder enige standaarde.

Johann C Brits ·

Nou hoe bring jy die China kloutjie by die AGOA oortjie? Daar is geen verband nie

Elisabeth ·

Hy is reg. Lees die volle Aoga dan is die antw daar. Zuma is opsetlik hier.

Berhalet Beukes ·

Agter rookskerms gaan daar vele dinge aan wat die regerings doodstil hou… Presies watter produkte gaan hierdeur bevoordeel word?

Chrisna Botha ·

Nog iemand wat oorreageer??? Dis n wêreldwye verskynsel…. (gaan seker die rede wees).

ertjie ·

Die probleem is dat Amerika wil he Suid Afrika moet hulle gesondheids vereistes verlaag vir die invoer van oorskot Amerikanse hoender. Amerika moet liewer hulle boelie houding laat staan. Soos hulle se, “…damned if you do, damned if you dont…”

Paul ·

Nie waar nie, ertjie.
In elk geval is die “gesondheidsvereistes” ‘n klugspul wat deur leuenagtige regerings wêreldwyd gebruik word wanneer hul ander pogings om te keer dat goedkoper kos-invoere by arm mense kan uitkom, misluk.

JoJo ·

In die geval steun ek die regering. Amerika maak nie ooreenkomste wat grootendeels tot hul voordeel strek nie, terwyl daar baie nadele is vir die ander land.

Lynette ·

Ertjie, ek wonder oor ons gesondheids vereistes. Die Amerikaners is nogal vreeslik gesondheidsbewus en het jy al gesien hoe lyk ons staatsbeheerde hospitale op plekke? Wie se vereistes is nou die beste.

Johann C Brits ·

@Lynette: Regtig? Die ouens wat vir ons gmo graan etc gegee het en dan eis dat bemarkers dit nie mag rapporteer nie. Lyk nie vir my jy weet hoe dit in Amerika se “gesonde voedsel” bedryf gaan nie!

Trolle ·

HU? Lynette erens het jy die wereld verloor die Amerikaners eet seker die giftigste kos in die wereld.Europe weier om van hulle kos in te voer en Russia so bad is hulle kos.

LS ·

Of Amerika nou ‘n boelie is of nie. Benoude katte maak benoude spronge. Die jaar is nog nie eers ‘n maand oop vir besigheid nie, die rand vat vat aan koerse van R19.31 wat eers vir die einde van die jaar deur sekere ekonome voorspel is. Die feite van die saak is jy hoef ook nie ‘n buitengewone liggaamstaalkenner te wees om die gevolgtrekking te kon maak dat die minister van handel en nywerheid tydens die media konferensie waartydens hy aangedui het alle vereistes is nagekom onseker was en sekere stellings meer as eenkeer herhaal het. Die Obama Agoa-aankondig kon toe reeds verwag gewees het. Die aaklige slurp geluid van ‘n bad wat leeg loop kan reeds vroeg in die jaar gehoor word. President Zuma en sy span moet gaan mooi besin wat hy bedoel dat om sake in Suid Afrika reg te ruk almal se verantwoordelikheid is.Êrens begin dit lyk of die skool ‘n klomp slapgat prefekte het.

Trolle ·

Ek het al klaar gesien die vrugte wat nou in ons winkels is se gehalte het baie verswak.Dit lyk my ons beste gaan oorsee en gemors kom in vir ons om te eet.

Chris W ·

Kom wat wil,ek vetrou Amerika niks.Hulle is NIE sulke engeltjies as wat hulle die wereld wys wil maak nie.Kyk maar waar druk hulle hul neuse ooral in in die wereld.Ons moet ons finansiele afhanklikheid van hulle ernstig verminder hoe gouer hoe beter ook.Die platina groep metale wat ons ontgin moet teen hulle gebruik word vir ‘n slag want Amerika kan NIKS doen sonder daai minerale nie.

Johann Marx ·

Dis nou wat gebeur as jy aanhou op jou selfoon praat as die magtigste man op die planeet jou hand wil skud…..

Willas ·

Johann, dis waar die paw-paw die waaier die eerste keer getref het. Obama se ego is erg gekrenk daardeur en nou soek hy daardeur ‘n uit weg! Zoompie het geen maar geen integriteit en weet nie wat die woorde etiket beteken nie!

Trolle ·

Johan jy is verkeerd hulle se Putin is die magtigste leier in die wereld nou.

neelsie ·

Maak nie saak wat gebeur nie, ons trek aan die kortste end, ons , die verbruikers sal die spit moet afbyt.
Die wiele val nou vinnig af…..trein sonder wiele nie baie efektief nie.

annette duvenhage ·

Gemors wat hulle na ons kant toe wil gooi ja. Daai hoenders is vol sout water gepomp en dan betaal die verbruiker vir waterige vis hoenders. Dink hulle vir een oomblik aan SA? Neeee dis vir hulle eie gewin. Ek kan nie sien hoe gaan ‘n spul halwe vrot waterige hoenders Afrika opbou nie.

Anél ·

Ek kry ons uitvoerboere jammer, hulle is diegene wat hard geslaan word hierdeur. In hierdie land gaan ons nog swaar kry en ek kan nie eers landuit nie, want ek het nie geld nie so ek gaan hier krepeer agv patetiese regering.

henk ·

eerstens is dit duidelik dat politici beter lieg as enige goedkoop tanne trekker. En die in die ANC lieg so dat hulle hulself glo. Die groot ding hier, is die feit dat net die dwase wat so lieg, hulself glo. Nie eens meer die mees ongeskoolde ou in die land glo wat die liegbekke se nie.
Tweedens, wie dink die VSA is hulle om aan ons land voor te skryf wat hulle hier sal dump en wat die voorwaardes is. Hulle onhigieniese hoendervleis gaan hier afgegooi word ten koste van ons boere se hoenders. SA het danksy die liegbek politici, ‘n stortingsterrein vir die gemors van die wereld geword. So het Massmart hier aangekom uit die VSA met miljoene beloftes van alles wat gaan goedkoper raak en werk wat geskep gaan word. Presies die teendeel is bewaarheid. Mense verloor hulle werk en alles by Game, Makro, Builders ens is duurder as ooit tevore. Weereens het ‘n illuminati besigheid uit die Anglo/Amerikaanse gebied homself hier kom vestig en word hulle ryker uit die inwoners van SA wat net meer verarm. Soos wat hulle met de Beers en Anglo American ons land se minerale kom steel het. En hulle sal politiek gebruik om die witman in SA die skuld te gee vir alles wat sleg is sodat hulle rustig kan voort steel. Natuurlik met die hand wat gedurig in een of ander politikus se sak oopgemaak sal word.

Trots Afrikaans ·

Die groot swart leier is dood. Die treinspoor na Luderitz is klaar. Die drie blou briewe is oppad….

charmaine ·

Gaan lees op YouTube bietjie meer van Obama. Weet nie altyd of mens die goed wat daarop is kan glo nie, maar dit maak jou bang.

DPJ ·

Met die wisselkoes het die Amerika gesien dat hul produkte nie met ons sal kan komlpeteer nie. In voere sal vanself geweldig afneem.
So hulle moet terug kap.

Marous ·

Die sitrus en wynboere gaan gebreek word…en dit is so beplan. Obama het net ‘ n jaar oor en SA het geen intensie om handelsbande met die VSA te versterk nie , en het klaar bed opgemaak met die BRICS lande. Moet geen hulp na 15 Maart van VSA verwag nie…hulle het NIKS van ons nodig nie! Weer nie wat Davies gaan spin as die mielies klaar is nie…leunaars!!!!!

Carel ·

Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Agoa is besig om duurder te word as die voordele wat ons daarvan geniet. Hulle wil hul afval-vleis in SA stort omdat daar nie ‘n mark daarvoor in Amerika is nie. Ek is bly Rob Davis het nie ingegee en ons standaarde laat vaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.