OBK dreig Steinhoff met klasaksie

Markus Jooste. Foto: Henk Kruger/ANA

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is gereed om Steinhoff hof toe te neem om geld terug te kry wat hulle verloor het tydens die Steinhoff-skandaal. Die parlementêre komitee vir finansies dreig boonop met ʼn interdik, sou Steinhoff versuim om ʼn ouditverslag oor sy finansiële agteruitgang aan die parlement beskikbaar te stel.

Die finansiële komitee het Dinsdag gesê hy is nie tevrede met die OBK en die staatspensioenfonds (GEPF) se vordering om die miljarde rande terug te kry wat verloor is tydens die Steinhoff-skandaal nie.

Steinhoff se destydse aankondiging oor “moontlike rekeningkundige onreëlmatighede” en Markus Jooste se bedanking in Desember 2017 het dié maatskappy se aandeelprys laat tuimel en talle beleggers het hul geld verloor.

Die OBK het namens die GEPF in Steinhoff belê en die huidige verlies weens die belegging staan op R6,2 miljard, het die komitee Dinsdag gehoor.

Die OBK voer aan dat Steinhoff weier om ʼn ouditverslag deur PWC oor die maatskappy se finansiële agteruitgang bekend te maak. Hieroor het die parlement hom sterk uitgespreek.

“Steinhoff se houding rakende die ouditverslag laat dit lyk of die maatskappy se bestuur dink hulle het niks verkeerd gedoen nie. Ons wil Steinhoff graag verseker dat die parlement hulle reguit hieroor sal aanvat, al beteken dit ons moet hulle dagvaar vir die verslag,” het Justice Molafo, die komitee se woordvoerder, gesê.

Die OBK het aan die komitee gesê hulle het reeds regsverteenwoordigers aangestel om ʼn klasaksie teen Steinhoff in te stel.

Die GEPF het gesê daar is intussen maatreëls ingestel om te verhoed dat só ʼn finansiële ramp weer plaasvind. Dit sluit in dat die OBK eers met die pensioenfonds oorleg moet pleeg voor ʼn belegging van R2 miljard en meer gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

4 Kommentare

Von ·

Hoe is dit dat dat daar selektief gekies word wie word oor die kole gehaal…..al wat n instansie is is so verwoes…..nou hoe nou??

Nel ·

Heheheh… Zuma het ook gesê hy het niks verkeerd gedoen nie…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.