OBK ‘finansier nie’ nuwe SAL

(Argieffoto: ANA)

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Maandag teruggekap ná berigte en opmerkings die naweek dat geld van die OBK gebruik gaan word vir die finansiering van ʼn 51%-aandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Vrydag aangekondig dat die Takatso-konsortium voortaan ʼn 51%-aandeel in die herleefde SAL sal hê, terwyl die regering ʼn aandeel van 49% sal behou.

Takatso bestaan uit Harith, een van die grootste beleggers in Afrika-infrastruktuur – en een met noue bande met die ANC en die OBK, asook Global Airways, ʼn bestaande Suid-Afrikaanse redery.

Kort nadat Gordhan die aankondiging oor die nuwe ekwiteitsvennoot gedoen het, het die eerste vrae oor die konsortium begin opduik.

Een daarvan was oor die betrokkenheid van Jabu Moloketi, Harith General Partners se voorsitter. Moloketi is ook ʼn voormalige voorsitter van die OBK en was adjunkminister van finansies toe Harith in 2006 aanvangskapitaal van R17 miljoen ontvang het.

Die OBK het Maandag egter gesê hy is nie betrokke by die verkryging nie. Dieselfde geld vir enige van die bates wat hy namens sy kliënte bestuur.

“Die OBK besit wel 30% van Harith General Partners en sommige persone betrokke by die Takatso-konsortium was vantevore moontlik betrokke by die OBK,” lui ʼn verklaring van die korporasie.

Die OBK ontken egter dat Harith of Takatso hom op enige manier by die verkryging van die aandeel in die SAL betrek het.

“Hoewel dit ʼn feit is dat die OBK aandele in Harith General Partners het, moet dit duidelik gemaak word dat die OBK nie ʼn lid van die Takatso-konsortium is nie. Ons verstaan dat dit ʼn spesiale voertuig is wat deur Harith General Partners en Global Airways op die been gebring is.”

Die OBK hou vol dat hy konsentreer op sy plig om beleggings namens sy kliënte te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Wanneer gaan hul besef dat SAL nooit weer soos 30 jaar gelede bedryf kan word met die verkeerde burgers aan die stuur nie. Die geld is weg, klaar daar is nie meer nie. Draai om en besef wat julle gedoen het en stel die regte mense aan

Jakes ·

Die nuwe lugdiens is doodgebore nog voor dit begin het. Waar gaan die passasiers vandaan kom wat die lugdiens gaan gebruik?

Pieter ·

Dit is nou een ding wat julle klomp baie goed kan doen en dit is lieg.

Eugene ·

Hoe lieg ons hoe korrupt is ons sal netso faal soos vorige klomp!!! En hul betaal geen vorige skuld nie!!

Chris ·

Dit is soos ‘n nagmerrie wat tans in die land afspeel. Ek vergelyk dit nie met ‘n sirkus nie. Dit is eerder ‘n tragedie van onrekenbare skade wat voortspeel. Wonder net wanneer dit tot ‘n einde gaan kom.

Zors ·

….en so word die staats pensioenfonds deel van die SAA bankrotskap…

Carel Aaron ·

Eers ent hulle die oumense in en dan plunder hulle hul pensioen.

Kerneels ·

Nee, dit kom uit die staatsdiensamptenare se pensioenfonds.

Daar is ‘n verskil.

Bart-Man ·

Dit wil se. Waar die staatsgeld (bailout)geld gewoonlik tyd geneem het om deur die raaisel agtige proses van onderverdeling te gaan, en elke comrade wil sy deel moet kry. Word dit nou omsuil. Reguit saktoe. Verstaan ek dit reg?

JohanR ·

En hier kom Pravin Gordhan en die ANC se SAL “duck & dive!” Sal NOOIT weer SAL vlieg nie!

Frans ·

Kyk na die verklaring.“The funds managed by Harith belong to pension funds and development finance institutions, etc., including from other parts of the continent and including private sector pension funds,” Mahloele told Fin24. “Our investment rationale is to get a commercial return for our investors.2 days ago”
Net jammer hy verswyg die name van die pensioenfondse.

Rian ·

Ek het altyd gedink gordhan het n halwe brein, maar nou is ek nie so seker nie.

koos10 ·

Hy was voorgehou deur die media as die stem van regverdigheid. Almal het vergeet dat hy ‘n ANC lid is.

Carel Aaron ·

Hier trek nie n rokie nie, dis ñ veldbrand van onderduimshede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.