OBK leen R300 miljoen aan VBS Mutual Bank

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die bank wat vir pres. Jacob Zuma die geld geleen het wat hy vir Nkandla moes betaal, het in 2015 R300 miljoen van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) ontvang.

VBS Mutual Bank het van Julie verlede jaar vier lenings ten bedrae van R300 miljoen by die OBK bekom. Die OBK het Dinsdag die besonderhede van sy ongenoteerde beleggings bekend gemaak.

Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het die inligting aan die parlement se staande komitee oor finansies verskaf. Dit is die eerste keer dat die OBK se ongenoteerde beleggings bekend gemaak is.

Die OBK se total beleggings in Suid-Afrika was R44 miljard teen die einde van die finansiële jaar. Die OBK het ʼn totale portefeulje van R1 850 miljard.

Dit het ook aan die lig gekom dat lenings van R6 miljoen aan die Venda Building Society toegestaan is. VBS Mutual Bank het voorheen as Venda Building Society sake gedoen.

VBS Mutual Bank het vir Zuma die R7,8 miljoen geleen, wat hy moes terugbetaal vir nie-veiligheidsopgraderings aan sy private Nkandla-woning. Zuma het die geld in September aan die Tesourie betaal.

Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het verlede maand gesê Zuma het VBS Mutual Bank genader, aangesien dit “een van die min finansiële instansies is wat huislenings aanbied vir grond wat deur tradisionele owerhede besit word”. Die grond waarop Nkandla gebou is, word deur die Ingonyama Trust besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gemsbok ·

Die gebrek aan private eiendomsreg in Suid-Afrikaanse tradisionele gebiede is ‘n bron van finansiële agterstand en gebrekkige ontwikkeling.

Dit is hoog tyd dat die grond deur landmeters opgedeel en aan diegene wat daarop woon oorhandig word met volledige titelaktes sodat mense kan begin met die langsame en moeisame proses om hulsef ekonomies op te hef.

Frederik ·

Eintlik het VBS Mutual Bank die geld vir Zuma gegee, want hy is of was nooit van plan om dit terug te betaal nie. Hy kan natuurlik reël dat VBS R 7.8miljoen minder aan die OBK terugbetaal.

Gerd Lourens ·

En so word daar nog maniere uitgevind om groot hoeveelhede belastinggeld te verdoesel en wan aan te wend.

Johan ·

Maak nie saak hoe dom ons dink die president is nie……as dit kom by skelemsterke is hy slimmer as wat ons dink……Nkandla het indirek beslasting betalers eintlik nou meer gekos…..he he he he…..die land is n joke…..

Paul ·

So jammer Maroela sluit die kommentaar oor die standpunt dat die land se anargie en verval net demokrasie in werking is. Dit was nou die beste voorbeeld hoe briljant die man se brein werk om die verkeerdste dinge te doen en goed te praat terwyl hy is nie in staat om iets eerlik en reg te doen nie.

Maria van Dieweeck ·

Hoekom is dit makliker vir die mense om op te kom met skelm streke as met goeie planne, binne die wet?!

Scalla ·

Is die kredietwet streng nagekom tov lening, wat se sekuriteit is aangebied vir die skuld, die grond waarop die geboue is behoort mos na aan hom nie, iets is nie lekker met die transaksies nie en behoort ondersoek te word.

neelsie ·

Valsheid is maar net n lewenswyse by party.
Gierigheid en onvergenoegdheid is die gruwel van vandag se bestaan.
Solank sulke dinge in beheer is ,sal daar nie seen op n volk rus nie.

Max ·

Dan is gierigheid en onvergenoegdheid nog amptelike regerings beleid ..

BOLANDER ·

En so kyk ek elke oggend die nuus om te sien of die skelm nog nie sy sakke gepak en pad gegee het nie. My vonkelwyn is alreeds koud in die yskas!!!!!!!!!!!!!!

Corrie ·

Sjoe….soveel ongerymdhede! Ek wonder hoeveel blikke wurms gaan nóg oopgemaak word.

Martin ·

Maroelanuus, plaas asb ‘n foto van Nkandka voor verbeterings en dan een daarna. Ons wil graag die verskil sien tussen R7,8 milj verblyf en R230+ milj sekuriteit verbeterings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.