OBK verloor R1,1 miljard weens bankrot munisipaliteit

Madibeng-munisipaliteit Foto: Molaole Montsho / ANA

Die ouditeur-generaal vir Noordwes het aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) bevestig die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het in 2010 altesaam R1,1 miljard aan die Madibeng-munisipaliteit geleen en die munisipaliteit het tot dusver geweier en is in elk geval nie in staat om die geld terug te betaal nie.

Alf Lees, DA-lid van Skoor, het gesê die Demokratiese Alliansie sal gevolglik parlementêre vrae aan finansiesminister Tito Mboweni rig om besonderhede te verskaf oor die betrokke omsigtigheidsondersoek deur die OBK voor die besluit geneem is om ʼn lening tot te staan aan ʼn klaarblyklik bankrot munisipaliteit.

“Die OBK se onvermoë om die lening te verhaal, ondanks ʼn uitspraak in die hof dat die munisipaliteit die skuld moet terugbetaal, laat vrae ontstaan oor die agteruitgang van voorsorgmaatreëls in die bestuur van OBK-bates,” het Lees gesê. “Die batebestuurder het min of meer ʼn spaarvarkie geword om korrupsie by staatsinstansies te subsidieer.”

Volgens Lees is Madibeng een van die munisipaliteit wat belastingbetalers se geld in die VBS-skandaal verloor het en selfs nog voor dit was daar rooi vlaggies om enige finansierder te waarsku dat die munisipaliteit nie ʼn lening van R1,1 miljard kan terugbetaal nie. “Staatsamptenare, wat hul swaarverdiende geld belê vir hul pensioen, verdien om te weet wie die besluit gemaak het om só bedrag geld aan Madibeng te leen, watter kriteria gebruik is en hoe die skuld verhaal gaan word. Die DA hoop minister Mboweni sal aktiewe stappe doen om te bepaal hoe die lening goedgekeur is en dat die verantwoordelike persone aanspreeklik gehou sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Misdadigers in die land gedy en besef die staat se lamsak hantering van kwessies verleen aan hulle die kans om suksesvol en sonder hoë risiko uitmuntend te wees in kriminaliteit. Iets wat nogals baie aanpas by die regering self, sou ek ook wil sê. Wat weer die lamsakkigheid verklaar.

Herpiet ·

Maar net tipiese kommunistiese kringloop waar alle geld en bates onder mekaar verdeel work ten koste van die ekonomiese aktiewe belastingbetaler. Toemaar die pensioenfondse le darem nog daar en wag.

henndrik ·

Die party in beheer en die mislike paliteit bestuur moet die geld uit hulle sakke terugbetaal en die mense wat die ‘lening’ goedgekeur het moet ook terugbetaal.

Jan ·

Die vraag is: Hoeveel is aan ander bankrot munisipaliteite geleen? En hoeveel van die GEPF is in VBS bank “bele”?

Grassie ·

Volgens berigte het die pensioenfonds ongeveer 40% van VBS se aandele besit. Die transaksie het plaasgevind min of meer dieselfde tyd toe Zuma deur VBS geld “geleen” is. Die omstrede tolpadstelsel het ook baie miljarde rand by die fonds geleen. Daar was baie ander bedenklike transaksies. Ek het die afgelope paar jaar in kommentare hier op MM probeer sê dat die fonds geplunder word maar dit is in die meeste gevalle nie geplaas nie. Seker gedink ou Grassie praat twak. Ek sien Afriforum wil darem nou begin optree.

Jan ·

Daar’s n “waghond” wat probeer om die stroping van die GEPF te stop. Kyk hulle website. AMAGP

marius ·

Die skelmste mense in die geskiedenis van die wereld is almal hier saam gehoop !

Strandloper ·

Selfde ding oor en oor…sukkel om die kloutjie by die oor te bring!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.