Obsa kom tot SAL se redding

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) gaan R3,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) verskaf om die lugredery in sy proses van sakeredding by te staan.

Volgens Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, was die sakereddingspraktisyns, die departement van openbare ondernemings en die nasionale tesourie se pogings suksesvol om die balans van die nodige aanvangsfinansiering te bekom om te voldoen aan die lugredery se korttermyn-likiditeitsvereistes totdat die sakereddingsplan gepubliseer en aanvaar is.

Samesprekings met finansiële instellings het volgens Tlali vrugte afgewerp en Obsa het aangebied om die volgende deel van die aanvangsfinansiering te bied met ʼn algehele bedrag van R3,5 miljard, met ʼn onmiddellike onttrekking van R2 miljard. Voorts word verdere finansiering vir die herstruktureringsfase nadat die sakereddingsplan goedgekeur is, deur potensiële finansierders oorweeg.

Daar is op 5 Desember begin met ʼn proses om die SAL in sakeredding te plaas. Finansierders het R2 miljard as na-aanvangsfinansiering voorsien om SAL in staat te stel om voort te gaan met sy bedrywighede, terwyl die regering, deur die nasionale tesourie, ʼn gelyke bedrag beloof het.

Volgens Tlali is die sakereddingsproses nou op ʼn aansienlik gesonder grondslag en kan passasiers, reisagentskappe en lugrederyvennote voortgaan om met vertroue SAL-vlugte te bespreek.

Die DA het intussen gesê die geld wat Obsa aan die SAL gaan verskaf, is niks minder nie as ʼn verdoeselde reddingsboei deur belastingbetalers.

Alf Lees, DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge in die Nasionale Vergadering, het gesê hy sal ʼn skrywe aan Ibrahim Patel, minister van handel en nywerheid, rig om die volle besonderhede van die lening te kry.

“Obsa val onder die mandaat van die minister en die onus rus dus op hom om besonderhede oor die lening te verskaf.”

Volgens Lees is dit belangrik dat die voorwaardes van die lening, waaronder die rente wat betaal moet word, die sekuriteit wat die SAL vir die lening verskaf het, asook die SAL se terugbetalingverpligting rakende die lening, bekend gemaak moet word.

“Obsa het ʼn ontwikkelingsmandaat en dit moenie insluit om ʼn mislukte staatsonderneming soos die SAL regop te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

EK. ·

Hennie,
Een manier is om hulle te boikot is om hulle nie te ondersteun nie, totdat hulle tot hulle sinne kom. Maar nou ja in ons ou landjie trek elkeen sy eie rigting en van saamstaan is daar nie sprake nie.

Swerwer ·

SAL weer opgewonde om die geld te plunder. Oor 6 maande gaan ons weer lees oor SAL se verknorsing. Dit gaan en sal NOOIT verander nie…..ek rus my tas!

My opinie ·

Die OBSA se mandaat is om ONTWIKKELING te finansier soos infrastruktuur, water, sanitasie, behuising ens. ens. Nou word hierdie geld in ‘n bodemlose put gestort en hulle wys die middelvinger aan die armes, wat hierdie infrastruktuur broodnodig het. Die OBSA is ‘n bank, so die geld is ‘n lening, of word dit maar net sommer afgeskryf? ONS belasting geld word deur die regering misbruik om ‘n entiteit te red wat ons nie nodig het nie. Dit net omdat die ANC se uitvoerende komitee besluit het dit moet gedoen word, “no matter what”. Ongelooflik!

pieter ·

SA burgers moet dood eenvoudig nie van hulle gebruik maak nie.Hy gaan wee bakhand staan binne n jaar.Hulle het nie die kennis om so iets te bestuur nie.

Hans ·

Dit is voor die handliggend: Mnr en Mev deie belasting betaler natuurlik.

Bertus ·

“My opinie” – jy slaan die spyker op die kop. OBSA se fondse wat eintlik maar ons belastinggeld is, se mandaat is om die agtergeblewenes se lot in die land te verbeter mbt infrastruktuur, behuising, ens. MAW hierdie geld word ook misbruik.

Andre ·

Korrek! OBSA se fondse word nou gestroop net soos die PIC s’n. Gewone mense se pensioengeld is ook in die visier.

John ·

Die SAL is ‘n spandabelrige ou kèrel wat nou die kinders se trustgeld gebruik om weer ‘n nuwe merc te koop en vir nog ‘n bootreis om die wèreld nadat hy die soveelste keer sy vorige geprang het en na roekelose laatnagte by duur hotelle tydens sy lang vakansies saam met pelle.

Julius ·

Johan hierdie Ou kêrel het die kinders se erfgeld gebruik daarvoor.

Wim ·

Johan van wanneer af mag ek nie my trustgeld bestee nie ek het daarvoor gewerk julle kinders kan vir julle eie geld werk.Moeg om te hoor ons moet vir res van ons lewens vir kinders soos jy sorg wat net wag dat ons moet doodgaan dat jy die erfgeld deur jou alie kan trek

Johanna Botha ·

Uit beginsel sal ek nie saa vlueg nie ….so gvol vir al die dom besluite in die land deur mense wat net in belang van die anc optree instede van die land en die belastingbetalers ….wens so mens kan jou belasting in n trust betaal wat behoorlik geadminestreer word deur mense wat kundig is !

Peetjie ·

SAL is na dese die amptelike goverment lugredery, want dit is net die Goverment wat hom gaan en sal moet gebruik…

Andre Coetzee ·

Kundigheid en bevoegdheid sal nie weer in die land gesien word nie.Die mense het geen probleem om daarsonder besluite te neem en te beplan nie.SAL is een van baie voorbeelde.Solank daar geld is om te mors maak niks anders saak nie.

AndrewL ·

Waar is die Carel outjie van die ANC wat altyd so kon uitwerk hoeveel huise vir die “mense” gebou kon word met groot uitgawes? As hy net kan bereken wat die SAA se redding die armes al gekos het kan almal rustiger wees want hulle stem mos telkens daarvoor.

Magda ·

Geen geld kan die SAL red solank die KORRUPOTE GEMORS IN BEHEER IS NIE – Verwyder hulle (soos betaal hulle af / straf hulle wat deel was en is van die rede vir die SAL se vernietiging) maar HOU OP OM HEMELS NAAM OM NET GELD TE GEE VIR DIE KLOMP WAT DIE REDE IS VIR DIE GEMORS – KAN JULLE MENSE NIE DINK NIE, WANT DIT LYK NIE SO NIE, EN AS JULLE WEL KAN DINK STOP DIE OORBETALING EN BEGIN SKOON MAAK WAAR DIT IN DIE EERSTE PLEK NODIG IS.

Sanna ·

Nou word die N1 nie verder verbeter nie en die verkeer bly ‘n nagmerrie op die pad werk toe en terug.

Werner ·

Nou gaan die Groot koppe in SAL lekker bonusse kry,kyk na 3 maande is daai geld spoorloos.

Droomland ·

Die “leiers”kan nou weer vlieg! Die res kan maar huil oor riool in die strate , kragonnderbrekings en werkloosheid!

Dewald ·

Mense wat by SAL werk en diegene wat familie en vriende daar het, is waarskynlik bly. Net soos mense wat kinders op skool het, meer besorgd is oor boelies en dwelms as mense wat nie kinders het nie. Elke mens se opinie word in n groot mate deur sy omstandighede bepaal.

ed ·

DEWALD JY IS SO REG,MENSE DINK AAN HULLE SELF,SOLANK ALLES UITWERK VIR HULLE

Koos ·

Kan ons nou verniet vlieg aangesien ons belasting geld gebruik word om SAA in die lug te hou?

Wielspore ·

Dit is dieselfde as om ‘n geld lening aan ‘n werklose persoon toe te staan en dink die persoon gaan jou terug betaal, dit is net iemand wat vir die staat werk en nie sy eie geld uitleen wat sulke besluite kan neem.
Ookmaarlekkerstupid!

Wilhelm ·

“Die OBSA het finansiering aangebied” Wat ‘n grap! Die OBSA behoort aan die staat, m.a.w. AL hierdie geld en al hierdie risiko is maar net weer ons belasting geld. Hulle wil dit laat klink asof die OBSA ‘n onafhanklike bank is wat na oorweging besluit het dis ‘n goeie idee of finansiering te verskaf! Daar is GEEN onafhanklike instansie wat geld sal leen aan SAL op risiko nie. Wat my verstand selfs nog meer te bowe gaan is dat daar wel nog mense is wat met SAL vlieg.

Naas ·

Net soos Dawie Roodt het ek met afgryse van hierdie slenter gehoor. Dis bloot net belatingbetalers se geld wat WEER in ‘n bodemlose put gegooi word. Sal Afriforum met hulle hofsaak oor sakereding voortgaan? Soos lesers hierby dit stel – ek sal ook nie met SAL vlieg nie.

Wonder net ·

Daarsy….beursie is weer oop. Hier gaan nou weer duur karre, huise en pruike gekoop word. Wonder net hoe lank gaan die geld hou…..2weke?

Vra maar net ???? ·

Vra maar net … Hoekom is daar nie ‘n Wet dat net Belasting betaalers mag Stem. As daar nuwe Party aan bewind moet kom, as daar groot besluite in SA geneem moet word DAN MAG NET DIE WAT ‘n GELDIGE BELASTING NOMMER HET Stem of hulle mening lig.

Die Belasting betaalers is in die minderheid en het geen se of regte nie EN die meerderheid het al die Se en mors ONS BELASTING BETAALERS se fondse net soos hulle wil.

Asjas ·

Kan iemand asb vir my ‘n ingeligte antwoord gee op die volgende vraag:
Met werkloosheid wat styg, veral onder witmense agv AA en BBEEE, wie betaal nou eintlik belasting? Wit mense het die land gedra maar is nou grootendeels werkloos en arm. Ons weet die mense in beheer is te korrup om belasting te betaal, dus waar kom die geld vandaan? En, aangesien hulle nou die meeste en hoog poste beklee, sou hulle belasting betaal, hoe lank gaan hulle nog tevrede wees daarmee dat hul geld en land geplunder word??
Ek persoonlik is werkloos en ken baie mense wat werkloos is en daagliks hul werk verloor, waar gaan belasting afgetrek word en by wie as dit so aangaan? Ek wil regtig weet as iemand dalk agtergrond het.

Morrie ·

Dit is wat ek al vir JARE sê. Jy mag slegs stem as jy n geldige belasting nommer het en jou belasting is op datum. Geen bydrae, geen stem.

Koos ·

Die antwoordis redelik eenvoudig. Die selfde party wat aan bewind is moet die voorgestelde wet aanvaar en die party se president moet die wet bekragting, en so dan hul self uit ‘n job uithaal? Geen mens sal so stupid wees nie. Verder sal hulle ook altyd aangaan oor die “demokrasie” en die enigste belofte van die ANC wat ooit nagekom is nl. one man, one vote.

Anni ·

VERKLASR DI DAMM SAL AS BANKROT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ELKE KEER WORD DAAR MET HOED IN HAND GESTAAN, ONS KORT GELD. LAAT HUL PRIVATISEER EN KLAAR

HPiet ·

Daar is mos BANJA TJELD. Hulle kan nie die konsep van geld vertaan nie. As dit klaar is gaan hulle dit eenvoudig druk.

Nic ·

Ek moet daarop wys dat SAL waarna daar in die berigte verwys word reeds sedert 1997 nie meer bestaan nie.
In 1997 het die lugdiens homself herskik en sy amptelike naam verander van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) na die South African Airways (SAA). SAL wat een van die beste lugrederye ter wêreld. SAA is een van die slegstes.

Domkop ·

Kan iemand bereken wat die koste per ANC stem is, wat so “gekoop” word?

Jack Klok ·

Hierdie is maar nog net weer ‘n wanhopige poging om die onvermydelike uit te stel. Talle vorige reddingsboeie het nie tot enige verbetering in die wyse waarop die SAL bedryf word gelei nie, inteendeel, dit was aanmoediging vir persone in beheer om al hoe minder doeltreffend te werk.

Die kultuur van AA en BBBEE en kader aanstellings en korrupsie en tenderpreneuring is so diep gewortel in die ANC en sy omvormde staatsdiens dat niemand en niks daaraan verander kan word nie. In elk geval die politieke wil en moed ontbreek. Wie binne die ANC het die moed om die vakunies wat aandring op geen werkverliese nie, teen te gaan? Net mooi niemand. Sonder afdankings is daar geen hoop op herstel van enige aard nie.

Die enigste manier om druk op die ANC toe te pas is in hulle beurse. Gewone landsburgers moet SAL boikot. Vlieg Kulula of enige ander redery.

Humor ·

Waar is Solidariteit nou wat onderneem het om streng hul duim op sakeredding te plaas en te sorg dat daar geen regeringsinmenging sal wees???

HPV ·

Hou net aan om die SAL te boikot tot dit finaal sluit, sodoende bemagtig die belastingbetaler homself. Viva belastingbetaler!

Estelle ·

ek wonder hoeveel regeringslede maak gebruik van SAL. Dalk verkies hulle ook ‘n ander lugredery ??

Elvira ·

GROOT FOUT. Sal nou weer lekkkkkeeeerrrr gaan vir n ruk. SAL moet verkoop word aan n privaat instansie. Dan eers sal dit beter gaan.

Phillip ·

Wat is die terug betaaling van so n leening permaad en ook die rente wat loop op so n bedrag as hulle leen moet dit mos maadliks weer terug betaal word of hoe

Elvira ·

Hulle weet nie van terugbetaal en rente nie. Dis mos net bakhand en gee en gee en gee in SA.

Kas ·

Pieter,dit is waaroor dit gaan.Jy kan nie kennis en ervaring koop nie.Bring terug die”kundige”mense en binne ‘n jaar maak SAL wins.Kyk maar hoe het Myeni en kie die bedryf verwoes.

Charl ·

Natuurlik sal ek in my lewe nooit weer SAL kaartjie koop nie, Die ding wat my die meeste bekommer is die onderhoud op daai vliegtuie, Hoeveel onbevoegde mense is aangestel om na die tegniesie aspekte om te sien dat die vliegtuie in die lug bly, hoeveel van daai geld gaan regtig spandeer word op onderhoud meganies gewys, NIKS NIE, al daai geld gaan in die kaders se karre en huise in.

The Uncle ·

HOE sal SAL die berdrag kan terug betaal ?, as SAL nie eers op hierdie stadium hulle huidige krediteure kan betaal nie

Willem ·

Elke minister en adjunkminister, die huidiges en die wat voorheen gedien het tesame met hul gades is geregtig om besigheidsklas te vlieg op SAA. Dink enigeen nou regtig hulle sal dié bankrot lugredery laat ondergaan? Nooit in jou lewe nie want dan is hulle daardie “perk” kwyt. Ons betaal deur ons neuse daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.