OD wil saak oor polisie-tenderbedrog weer op rol plaas

(Argieffoto: SA Polisie)

Die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die beskuldiges in die R85 miljoen-tenderbedrogsaak gewaarsku dat die klagte teen hulle nie gaan verdwyn nie.

Die Pretoriase landdroshof het die saak van die rol geskrap nadat die hof geweier het om nog ʼn uitstel toe te staan sodat die staat ʼn sogenaamde rampokkery-sertifikaat kan bekom.

Altesame 72 individue en entiteite het tereg gestaan op aanklagte van korrupsie, bedrog, korrupsie, geldwassery, diefstal en die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad in verband met ʼn vlaag transaksies wat glo aangegaan is om die polisiediens te bedrieg.

“[Hulle] kan verwag dat die klagte teen hulle weer op die hofrol geplaas gaan word,” het Sindisiwe Twala, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, gesê.

Volgens adv. Hermione Cronjé, hoof van die direktoraat, was hierdie ʼn misdaadonderneming en die span gaan die direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vra vir ʼn rampokkery-sertifikaat.

“Hierdie is ʼn aktiewe sindikaat en die sofistikering waarmee kwotasies ingevolge ʼn front gemaak en die bedrywighede verdoesel is om die staat te bedrieg, gaan nie ongestraf bly nie,” sê Cronjé.

Die verdagtes word verbind met die toekenning van ʼn tender van nagenoeg R85 miljoen om onder meer handelsmerk-kentekens op polisievoertuie aan te bring, boeie aan te skaf, polisievoertuie uit te kontrakteer, skryfbehoeftes aan te koop en geboue op te knap.

Die ondersoek na hulle korrupte bedrywighede het reeds in 2018 begin.

Verskeie van die vermeende betrokkenes is huidige of voormalige polisiebeamptes en sakelui. Die polisielede wat by die saak betrek word, is reeds geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Vir die bedrag van R85 miljoen sal ek dink die saak moet WEER op die rol geplaas word! Ek neem aan ons betaal steeds vir die klomp wat geskors is pffft! Gaan lekker in die polisie klomp patete tsssk

Fedup ·

Let’s be serious here for a minute or two.
They were dragged to court. The court scrapped the case, for a missing gangster certificate. Now, you want to drag them to court again?
In all seriousness i do get that 1% want justice.
But as usual nothing will come of this.
Unless you can magically get the R85 mil from these thugs, i do not see the point of this whole excercise.
The only point is, we as taxpayers will have to foot the bill again.

Hennie J ·

So pateties, so uiters pateties. Met al die gejuig en gejubel in die aanstelling van Me. Bathoi en Me. Cronje word so n prominente saak van die rol geskrap omdat hulle mense nie hulle werk gedoen het nie; sies!
Maar ons kan darem ook vra, met die senior polisielede daar betrokke, hoeveel druk was daar op die landdros om die saak van die rol te skrap?

gatgogga ·

Me Bathoi en Me Cronje het my nog altyd laa dink aan twee giggelende debutante by die matriekafskeid.

Alet ·

Hier is geen geregtigheid in hierdie land nie. Net nog mense op anc se payroll waarvoor die belastingbetaler moet opdok.

Kokerboom ·

Mooi so. Suiwer die land van die klomp skelms. Rook hulle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.