Oekraïne gaan nie meer ‘duur steenkool’ in SA koop nie

Argieffoto

Argieffoto

DTEK, Oekraïne se grootste energiemaatskappy, het Vrydag aangekondig dat hy nie meer steenkool vir die komende winter van Suid-Afrika gaan koop nie, het die Russiese nuusagentskap TASS berig.

Die maatskappy gaan glo steenkool ontvang van die oostelike deel in Oekraïne wat deur anti-regeringsmagte beheer word.

“Ek sal blatant wees. Ons het verlede jaar ons vingers gebrand toe ons duur steenkool van Suid-Afrika aangekoop het,” het Maxim Timchenko, uitvoerende hoof van DTEK, aan verslaggewers gesê tydens ʼn jaarlike vergadering van die Yalta Europese Strategie in Kiëf. “Ons het ʼn tarief van verhittingsaanlegte wat slegs 70% van ons uitgawes gedek het. Ons is nou in ʼn posisie waar ons nie gereed is om ingevoerde steenkool te gebruik nie.”

Timchenko het gesê die maatskappy sal steenkool uit Lugansk en Donbass kry waar daar ongeveer 2 miljoen ton voorraad beskikbaar is. Hy het bygevoeg dit is “merkwaardige vordering” dat steenkoolvoorraad die afgelope twee maande in Donbass hervat het. Tot 40 000 ton steenkool word daagliks met treine na die regeringsbeheerde deel van Oekraïne vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Dalk sal Eskom nou sy steenkool goedkoper kry, aangesien daar dalk nou ‘n surplus steenkool op die mark gaan wees. Of het hierdie steenkoolmyne ook 3de graadse steenkool aan Oekraïne probeer verkoop soos hulle met Eskom gedoen het en nou PLUK hulle die vrugte daarvan?

Dave ·

Ag nee… ek hoop nie dit gaan nodig wees om Nkandla by die pawnshop in te gee om op te maak vir verlore inkomste!

Sarie ·

En so gaan die een na die ander buitelandse kontrakte sneuwel en dan spog die adjunkpresident so dat die wereld so verskriklik life is vir Suid-Afrika en Zuma. Ek wonder nou maar net koop hulle die steenkool van die land of van Ramaphosa? Nou gaan ons beurtkragprobleme dalk bietjie opgelos word.

Dewald ·

Ek bly in Europa en besoek SA jaarliks. My ondervinding oor die laaste paar jaar is dat alledaagse goedere in Sa nou al duurder raak as in Europa… as jou goed te duur raak, dan sal niemand meer by jou koop nie!

Theo ·

Dis net jammer hulle noem nie bedrae in die berig nie……dink dis nogal n aardige klompie geld wat nie meer SA toe kom nie!! So gaan baie ander lande net eenvoudig hulle besigheid na ander lande skuif. Hoe se die spreekwoord “slim vang sy baas”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.