Oes weggedra, plaas geplunder, maar polisie sit hande gevou, sê boer

ʼn Boer van Limpopo is op moedverloor se vlakte nadat inwoners van die gebied by sy plaas opgedaag en sy oes, asook ander waardevolle items, begin stroop het.

Matome Solly Letsaolo, wat al 11 jaar in Lenyeye in Tzaneen met groente en vrugte boer, sê hy word al vir langer as twee weke deur gemeenskappe rondom die plaas geteister. En terwyl sy plaas bykans leeggedra word, sê hy, staan die polisie hande gevou.

“Dit is ʼn seisoen waar ons groen mango’s vir atjar oes. Mense uit gemeenskappe van verskillende dorpe is deur iemand beïnvloed om al my mango’s en ander waardevolle items ter waarde van meer as R1 miljoen te steel.

“Ek het die hele jaar se inkomste in ʼn kwessie van ʼn week verloor en ondanks herhaalde oproepe na die polisie word niks hieraan gedoen nie.”

(Foto: Pixabay)

Hy sê benewens al die geld wat hy verloor het, vrees hy ook vir die veiligheid van sy vrou en kinders.

“Ek het so hard gewerk deur die loop van die jaar. Ek het alles gedoen om seker te maak dat ek teen dié tyd die vrugte van my harde werk sal pluk … maar dan kom mense en steel dit.

“Hulle kom om oorlog te maak en te vat wat nie aan hulle behoort nie.”

Letsoalo vertel dat hy op 18 September ʼn waarskuwing van ʼn informant ontvang het dat sy mango’s gesteel word.

“Ek het gery om te gaan kyk wat aangaan, maar die mense was reeds in ʼn bakkie weg met soveel van my mango’s.

“Ek moes later uitvind dat hulle alles aan ʼn voedselverwerkingsmaatskappy – wat atjar vervaardig en saam met wie ek gereeld werk – verkoop het en die geld in hul eie sak gesteek het.

“Ek het die eienaar van die voedselverwerkingsmaatskappy genader en aan hom verduidelik wat die situasie is, waarna hy my gehelp het om die skuldiges in die hande te kry.

“Oomblikke later het ek die boef voorgekeer en dit baie duidelik aan hom gemaak dat die mango’s wat hy aan die voedselverwerkingmaatskappy verkoop het, mý mango’s was.

“Hy het dit nooit ontken nie en verduidelik dat hy deur twee vroue in die gemeenskap aangesê is om dit te doen.”

Letsoalo sê hy het ʼn ultimatum aan die dief gestel: gee die geld wat die boef vir sy mango’s ontvang het terug, óf hy gaan ʼn saak van diefstal by die Maake-polisiestasie aanhangig maak.

“Die man het toe vir my gesê dat ek met die vroue moet praat wat hom aangesê het om dit te doen. Die twee vroue het egter ontken dat hulle die mango’s van my plaas gebuit het, waarna ek ʼn saak by die polisiestasie aanhangig gemaak het.”

Die polisie het die volgende dag by Letsoalo se plaas opgedaag en gesê dat hulle die vermeende skuldiges vir diefstal in hegtenis sal neem.

“Die verdagte was egter nie ten tyde van die beoogde inhegtenisneming tuis nie, waarna die polisie vir hom ʼn brief by sy huis gelos het, wat beveel het dat hy by die Maake-polisiestasie moet aanmeld.”

Sak met knopkieries, pangas op plaas toe

Volgens Letsoalo het ʼn “sterk man” van die verenigings vir gemeenskaplike eiendom (CPA) later by hom opgedaag om die situasie te bespreek.

“Ek het vir hom gesê dat ek nie die saak met hom kan bespreek nie omdat dit deur die polisie ondersoek word.”

Hy meen dat dít dieselfde man is wat die vervolging van die verdagte beïnvloed het.

“Niemand is toe ooit vervolg nie; inteendeel, dit het alles net erger geraak …

Matome Solly Letsoalo (Foto: Verskaf)

“Ek het verlede Maandag ʼn groep werkers ingekry om my te help om die res van my mango’s te pluk en te sorteer; die Dinsdag is my plaas weer binnegeval. Hierdie keer het die mense gekom om oorlog te maak!

“Daar was so baie mense, hulle het met knopkieries en pangas aangekom en die werkers weggejaag.

“Die man wat in hegtenis geneem is en sy vriend van die CPA het al hul vriende aangesê om my plaas te kom plunder.”

Letsoalo sê hy het die polisie dadelik in kennis gestel.

“Die polisie het later opgedaag, hulle het vir ʼn rukkie op die plaas tussen die plunderaars rondgery en weer weggery. Die volgende dag het ek hulle weer ontbied om te kom ondersoek instel – meer as 50 mense was op my grond besig om alles te vat wat hulle kan,” sê hy.

“Die polisie het egter in een voertuig met twee bemanningslede opgedaag. Dit was belaglik, die plunderaars het vir hulle gelag.”

Hy sê dit het ʼn week lank so aangehou. Tientalle mense het sy plaas betree en alles gevat wat hulle kon. Die polisie het egter teen Vrydag opgehou om Letsoalo se oproepe te beantwoord en volgens hom nooit weer iets aan die voorval probeer doen nie.

“Ek het hulle Vrydag oor en oor gebel. Toe hulle uiteindelik antwoord, is daar aan my vertel dat hulle nie ʼn voertuig beskikbaar het om my te help nie.

“Ek het hulle van 07:00 die oggend aanhoudend gebel en vir hulp gevra en hulle het die aand 20:30 by my plaas opgedaag.”

Letsoalo sê hy wag nou nog vir terugvoer en ʼn saaknommer.

“Die plunderaars het die week weer op my plaas toegesak. Hulle het met sakke en sakke hier aangekom om my mango’s te plunder.

“Teen Dinsdag was ek al goed gatvol. Ek het weer ʼn klomp mense op my grond gewaar. Ondanks die polisie se onbekwaamheid het ek hulle wéér in kennis van die situasie gestel. Dit was omstreeks 08:30 en hulle het 15:20 by my opgedaag.

“Daar was egter steeds plunderaars wat besig was om te vat wat hulle kon kry. Ek het toe vir die polisie gevra of ek agter die boewe kan aanhardloop om hulle te probeer vang. Die polisie was beslis nie van plan om iets te doen nie – ek was moedeloos, ek wou net iets doen.

“Ek het agter die plunderaars aangehardloop en dit reggekry om drie mense vas te trek wat ek aan die polisie oorhandig het.”

Letsoalo verduidelik dat hy egter steeds geen saaknommer van die polisie oor die voorvalle ontvang het nie.

“Die plunderaars het sedert verlede week byna elke dag op my plaas toegesak en eiendom wat aan my behoort, gesteel. Kabels en twee transformators ter waarde van meer as R500 000 is weg, al my skakelaars is gesteel, een van die huise op my plaas is heeltemal leeg geplunder.

“Ek het meer as R400 000 skade net van die mango’s wat gesteel is. In die geheel het ek meer as R1 miljoen skade gely,” sê Letsoalo moedeloos.

“En die polisie doen niks nie. Ek hoor niks nie, ek kry geen terugvoer of saaknommer nie. Ek weet nie wat om te doen nie, maar ek dink hierdie stryd is nog lank nie verby nie.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig. Kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Miskruier ·

Jammer man, dis wat ons boere elke dag moet hoor. Dis n geloofsaak om te bly boer. Eendag as die winkelrakke leeg is, is dit te laat.

Nommer 7 ·

Elke jaar se verhoogde voedsel uitvoere is ‘n groter risiko vir lee winkelrakke! Alreeds hou voedsel invoere die rakke vol.

marisa ·

Dan wonder mens hoekom party mense die gereg in hul eie hande neem?

Ronél ·

Grootste fout wat Mnr Mandela gemaak het in sy openingstoespraak toe hy President geword het, was om vir die skare te sê: “Everything belongs to everybody.”

Wondermaarnet ·

En toe hy die nasie vertel dat yskase, stowe, meubels, ens gaan uit die lug val en hulle hom glo!

Piet parys ·

Bestaan Amapog nog
. Sommer daai polisie wat teer op die belastingbetalers en hulle dik vreet wat anderpad kyk ook uitsorteer .

Gertdup ·

Hulle is nie inteligent genoeg om te besef waartoe dit gaan lei nie en as daar nie meer kos is vir hulle nie dan gaan apartheid seker die skuld kry.

Samuel ·

Maar net nog ‘n bewys van die polisie se totale onvermoë en onwilligheid om misdaad te bekamp. Tekenend van die polisie se groot baas, Hoedman, se gesindheid jeens misdadigers.

Adriana ·

So sal hul plunder tot daar niks meer oor is, maar hul is te stupid om te sien wat die gevolge daarvan gaan wees.

Madelyn ·

Moenie vrugte en groente by mense koop wat langs die pad staan nie. Veral nie dié wat sommer langs die boord staan nie.

Polisie wou hê ons moes aan hulle bewys dat dit ons skorsies in die boks is en nie skorsies wat by die winkel gekoop is nie… Die gereg is aan die skelms se kant. Ons het geen reg meer nie.

Nommer 7 ·

Ek koop my heerlike soet uitvoergehalte druiwe en pruime langs die pad, langs die wingerd en langs die boord. Anders moet ek Europa toe vlieg om dit daar te gaan koop.

Papsak ·

Ja klomp useless polisiemanne hulle kan hulle self nie help nie hoe sal hulle die boere help want hulle kry n cut uit die deal hulle like as witboere so beroof en vermoor word klomp patete

marius ·

Anargie . Die man het verniet geswoeg . Alles verloor omrede daar geen wetstoepassing is nie !

Nierkie ·

So die fabriek koop enige mango’s by enigeiemand van die straat af – sonder vrae van waar dit vandaan kom nie? Die hele storie klink nie vir my lekker nie. As die ou ‘n paar skote afgevuur het 9wat hy moes gedoen het) sou die polisie seker vinnig gekom het – om hom te arresteer

Duck ·

Dit is so hartseer om die boer se verhaal te lees hier op Maroela, ek kon dit skaars glo. Ek voel vir Matome Solly Letsaolo, maar net nog ‘n boer wat doen waarvoor hy lief is, “BOER” Sy eie mense het geen respek vir hom nie, wat nog te sè van ander boere in die distrik, kleur maak al lank al nie meer saak in ons ou vrot landjie nie. Saamstaan is nou die enigste antwoord. Maar ja, dis maar my 2c

Dup ·

Miskien moet ons by Israel gaan aanklop vir hulp om SA se probleme te help oplos.Die vonke sal spat en al die kriminele,skelms en leegleêrs se doppies sal geklink wees.Mens kan seker net droom…..

Danie ·

Die staat sal jou vergoed.En die polisie dalk deel daarvan.Ons boere staan op.

Marthina ·

Dis so jammer om dit te hoor ek wil vir jou vra maak dit n gebed saak en oop deur jou plaas lees hard op Ps 91 aanhoudend. Moet nie op mense reken hulle is swak. Reken op Onse Vader Jesus en Heilige Gees. Ek wens almal wil hulle koppe reg kry en besef dit is al wat ons kan en sal red. Doen dit net daar sal nie n haar van jou kop af val.

Delia ·

Martina. Moenie vals informasie oor God versprei nie. So is dit dan net sondige mense wat nie Ps 91 lees nie met wie slegte goed gebeur.

Marthina ·

Ek het kommentaar gelewer blykbaar nie goedgekeur Bid vir Onse Vader Jesus en Heilige Gees en 3 keer en meer per dag Ps91.

Delia ·

Nou raak dit tyd dat jy begin skiet. Kry die koerante betrokke. Bel die SABC. Carte Blanche…enige oor wat wil luister. Moenie opgee op jou droom

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.