OG-verslag: Groot kommer oor staatsbeheerde instellings

Tsakani Maluleke, die ouditeur-generaal. (Foto: Twitter)

Tsakani Maluleke, die nuwe ouditeur-generaal (OG), het haar kommer uitgespreek oor wanfunksionele staatsdepartemente wat reeds ʼn beduidende uitwerking op die regering se finansies en mense se lewens het.

Die OG het veral haar kommer uitgespreek oor power interne beheer en miljarde rande wat verlore gaan weens wanbesteding.

Daar is “tekens van verbetering” in die nasionale en provinsiale regering se oudits, maar Maluleke het in haar eerste verslag steeds ʼn beroep op regeringsleiers gedoen om volhoubare verbetering te help verseker.

Maluleke sê oorsig, uitvoerende gesag en koördinerende departemente moet spesifieke aandag gee aan staatsbeheerde ondernemings, sukkelende staatsondernemings en sleuteldiensleweringsdepartemente soos gesondheid en onderwys.

Staatsbeheerde ondernemings

“Die onvermoë van dié [departemente] om hul bedrywighede vol te hou en dienste te lewer gaan – en het reeds – ʼn beduidende uitwerking op die regering se finansies en mense se lewens hê,” sê Maluleke.

Sy sê die belang van finansiële bestuursdissipline in hierdie tyd kan nie genoeg beklemtoon word nie en dat staatsbeheerde instellings en openbare instellings meer met minder geld moet doen.

Staatsbeheerde instellings wat reeds in geldelike moeilikheid is en nie finansiële state vir ouditering ingedien het nie, sluit in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), asook LMT Products, ʼn filiaal van Denel. SA Express is onder voorlopige likwidasie en het die afgelope drie jaar glad nie finansiële state ingedien nie.

Verskeie instellings het onsekerheid aangedui dat hulle as lopende sakeondernemings kan voortgaan. Dit sluit in die SAUK, Denel en drie van sy filiale, die Landbank, Eskom en die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa).

Ook Sanral en die Padongelukkefonds is onseker oor hul finansiële volhoubaarheid.

Die OG-verslag het voorts bevind geld wat die afgelope jaar verlore gegaan het, moet ʼn sleutelprioriteit wees terwyl al hoe minder geld beskikbaar is.

Luidens die verslag, wat Woensdag bekend gestel is, het 66 van die departemente wat geoudit is verbeter, terwyl 35 selfs vrotter as in die verlede vaar. Die OG sê die gehalte van verslagdoening het sedert die vorige verslag verbeter en 71% van departemente het nou geloofwaardige verslae, in vergelyking met die 60% van die vorige jaar.

Voldoening aan verkrygingsbestuurswetgewing het effe verbeter, maar die OG sê dit is steeds kommerwekkend dat net 36% van departemente ten volle voldoen aan die wetgewing.

Onregmatige besteding het afgeneem van R66,9 miljard in die vorige jaar na die huidige R54,34 miljard. Die OG sê inligting oor sowat ʼn derde van die bedrae wat bekend is, was onvolledig of die onderskeie departemente het aangedui dat hulle nie weet hoeveel geld betrokke is nie.

“As die volle onregmatige besteding bekend gemaak is, sou daar nie ʼn afname van die vorige jaar gewees het nie.”

Weens inligting wat onvolledig of afwesig was, kon die OG kontrakte van sowat R2,08 miljard glad nie oudit nie.

Die eindjaarbalans van onreëlmatige besteding wat oor jare opgehoop het en steeds nie hanteer is nie, staan in hierdie stadium op R262,03 miljard.

Interne beheer

Die verslag dui op wydverspreide swakhede in selfs die basiese interne beheermaatreëls by verskeie departemente. Rekenpligtige amptenare se pogings om die oorsake van die vorige jaar se bevindings te verbeter is onvoldoende en net 34% van departemente het planne doeltreffend in werking gestel.

Rekordhouding is steeds swak en net 25% van departemente wat geoudit is, het behoorlike maatreëls om volkome aan wetgewing te voldoen.

IT-beheerstelsels is nog ʼn vrot kol en net 8% van departemente het goeie algemene IT-beheer.

Maluleke waarsku dat dié beheermaatreëls deurslaggewend is om ʼn gebrek aan aanspreeklikheid te verhoed. Daar word egter nie genoeg in die doeltreffendheid van die stelsels belê nie.

Provinsies

Provinsiale departemente en entiteite (R’ 000)
 Skoon ouditsOngemagtigde bestedingOnreëlmatige bestedingVerkwistende uitgawes
Oos-Kaap28%1 588 700837 05043 809
Vrystaat6%347 6002 407 38074 272
Gauteng30%7 450 260103 420
KwaZulu-Natal21%330 7009 776 00019 326
Limpopo21%1 1302 990 70429 557
Mpumalanga18%55 8002 494 2009 880
Noord-Kaap23%18 3001 458 0269 625
Noordwes4%203 7004 045 67022 731
Wes-Kaap70%285 280118
Bron: Ouditeur-generaal

 

Volgens die OG se verslag is die Wes-Kaap weer die toppresterende provinsie in die land. Altesame 70% van die provinsie se oudits was skoon en die OG sê dit is ʼn weerspieëling van die institusionele beheer oor die voorbereiding van die finansiële state.

Maluleke sê die Wes-Kaap presteer deurlopend goed, hoewel daar kommer is oor ʼn toename in onreëlmatige besteding. Die styging word toegeskryf aan nie-voldoening aan voorskrifte oor verkrygingsbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Friedrich ·

Geen verassing nie. ANC beheersde munisipaliteite en metros het die meeste korrupsie en diefstal. Wats nuut? ????

Jack ·

Jy mors jou tyd en jou asem.Enige iets wat deur die regering bestuur word sal ten gronde gaan.Daar is geen hoop of kans vir iets beter nie. Ons sal nie weer in ons leeftyd ‘n funksionele staats entiteit sien. Die wat kan sit op die kantlyn en die wat geen wat benul het nie speel die wedstryd.

Gerd Lourens ·

Hou op met praat!!!
Begin om skelms/diewe toe te sluit!!!

Surfer ·

Hulle kan nie en sal nie, want dan verloor hulle al hul ANC stemme.

Elize ·

Kommerwekkend. Wat ons graag wil sien in onbevoegdes afgedank en in die tronk en bevoegdes in die poste aangestel.

Wakkerslaper ·

Maroela Media, hoekom nie bietjie ‘n vergelyking publiseer oor oudit uitslae en korrupsie tussen die munisipaliteite onder die vorige regering en onder die huidige anc regering nie? Sal interessant wees.

koos10 ·

Jy preek vir die verkeerde gemeente!
Moenie dit aan die media verkondig nie, vertel dit eerder aan jou meesters in die ANC.

Anoniem ·

Voeg sommer die Staatskoerant by die lys, hulle kan inperkings maatreëls oornag plaas, maar kan boedel advertensies vir etlike maande nie plaas nie.

Sarel ·

Die verslag elje jaar en nooit gebeur iets nie.
Niemand ooit vervolg nie,wel bevorder
Nou ia hulle kamtig geskok.

Surfer ·

Kom hulle dit nou eers agter?? Hulle kon al huise gebou het vir die 30 miljoen wat nog plak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.