OG vra wetstoepassers om ‘bedrog’ met toelae te ondersoek

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die ouditeur-generaal (OG), Kimi Makwetu, het Vrydag gesê sy kantoor sal aanstaande week inligting aan wetstoepassingsowerhede oorhandig sodat ʼn ondersoek van stapel gestuur kan word, en moontlike vervolgings gedoen kan word, na diegene wat onregmatig by Covid-19-noodlenigingshulp en maatskaplike toelae gebaat het.

Makwetu het aan die parlement se staande komitee oor die OG gesê dit sluit inligting in wat sy kantoor ontang het oor die uitbetaal van die spesiale R350-toelaag aan nagenoeg 30 000 mense wat nie daarvoor in aanmerking gekom het nie.

“Ons gaan vir hulle sê dat ons nie die nodige gereedskap het nie; gebruik dit wat julle tot julle beskikking het,” het Makwetu gesê.

Makwetu het gesê hy wend hom nou tot die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), die Valke, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Batebeslagleggingseenheid om die bewyse wat sy kantoor gevind het van geld wat weens bedrog verlore is, verder te ondersoek. Die geld moes armes en werkloses tydens die afsonderingstydperk help.

Makwetu sê mense wat groot bedrae geld ontvang het wat hulle nie moes nie, moet aansoek gedoen vir bewaringsbevele.

Die OG het LP’s vandeesweek op hoogte van sake gebring nadat hy vroeër vandeesweek die eerste van verskeie verslae bekend gestel het oor die besteding van R68 miljard se spesiale noodverligting, asook vir die finansiering van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) wat tot en met Julie vanjaar aangekoop is.

Hy het reeds skokkende bewyse gevind dat miljoene rande se toelae wat ingevolge die TERS-skema deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) uitbetaal is, in die sakke van gevangenes, dooies en begunstigdes sonder geldige ID-nommers beland het. Sommige van die toelae is ook inbetaal in die rekeninge van diegene wie se bankbesonderhede ooreenstem met dié van WVF-amptenare.

Die minister van arbeid, Thulas Nxesi, het die top-bestuur van die WVF vandeesweek voorlopig geskors.

Makwetu het Vrydag benadruk dat sy kantoor reeds die afgelope paar jaar waarsku teen onvoldoende beheermaatreëls oor staatsbesteding en dat die beweerde wandade moontlik gemaak is omdat dié waarskuwings geïgnoreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Vries die helle lot se rekenninge, familie, vriende en kennis in gesluit. En verkoop hulle bates dat hulle sommer ook op straat sit.

christo ·

Die korruptes moet die korruptes ondersoek! Dit werk net so nie. Die ANC beskerm sy lede teen vervolging.
Die Zondo kommissie gaan ook nie verder as die getuienis kom nie.
Die Covid-19 hulppakket vir die ‘armes’ het in die ANC elite se sakke beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.