Okosa-tariewe ongeldig, onwettig verklaar

Grafika: Bandwidthblog

Grafika: Bandwidthblog

ʼn Nuwe asimmetriese interkonneksietarief-stelsel wat deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) voorgestel is, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof as ongeldig en onwettig verklaar, het eNCA berig.

Dit sal van Dinsdag af goedkoper wees om oproepe tussen verskillende selfoonnetwerke te maak.

Die hof het ʼn tydperk van ses maande aan Okosa gebied om sy regulasies te wysig.

MTN en Vodacom het Okosa gedagvaar om die organisasie te verhoed om ʼn regulasie oor interkonneksietariewe in te stel. Dit is die bedrag wat operateurs aan mekaar betaal vir oproepe na ander netwerke. -SAPA

Lees ook:
MTN en Vodacom pak Okosa in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.