Stygende kragtariewe kelder boere

(Argieffoto: Mike Krüger)

Die onlangse besluit deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) dat Eskom byna R13,3 miljard van verbruikers kan verhaal, bykomend tot die jaarlikse elektrisiteitsverhoging, gaan boere in die land kelder. Só het AgriSA Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring uitgereik deur AgriSA, is die huidige trajek van stygende kragtariewe onvolhoubaar in ’n land wat alreeds ekonomies sukkel en waar die ekonomiese toestand weens die landwye afsondering verder verswak.

AgriSA sê meer as 25%  van die land se voedsel word deur besproeiing- en energie-intensiewe nywerhede geproduseer, insluitend tuinbou, suiwel, pluimvee, korrels en landbouverwerking.

“Die landbousektor speel ʼn kardinale rol om te verseker dat die nasionale voedselsekerheidsvereistes nagekom word. Ten tyde van die Covid-19-pandemie, is dit selfs nóg belangriker dat die landbousektor voldoende en bekostigbare voedsel kan voorsien.”

Volgens AgriSA beloop elektrisiteitsuitgawes in die landbousektor landwyd ongeveer R7,4 miljard vir 2019. AgriSA meen die private opwekking van krag moet sterk as goedkoper alternatief oorweeg word.

Eskom verskaf tans omtrent 95% van die land se elektrisiteit, waarvan die meeste deur steenkool opgewek word. Die kragvoorsiener sukkel die afgelope dekade egter om in die vraag na elektrisiteit te voorsien weens die opwekkingsinfrastruktuur wat agteruitgaan.

Eskom steier onder skuld van nagenoeg R450 miljard en moes die afgelope paar jaar talle kere bakhand by die regering staan vir reddingsboeie om die ligte aan te hou.

Maroela Media het vroeër berig Nersa het Eskom toestemming gegee om die R13,3 miljard vir die 2018-’19-boekjaar van sy plaaslike en internasionale kliënte te verhaal. Die verhaling is bykomend tot die jaarlikse elektrisiteitsverhoging.

Nersa sê hy het die besluit geneem nie net op grond van Eskom se belange nie, maar ook dié van die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Nee wat.Eskom jy gaan maak dat mense skelm en kriminele word wat net elektrisiteit gaan aanle na hulle huise vanaf boke ens.Mense gaan nie meer betaal nie.

JohanR ·

Asseblief moenie die ANC pla moet die feit as daar nie boere is nie, dan is daar nie kos nie. Hulle het al genoeg probleeme met Covid-19, en die Communist Manifesto aantestel. Daai SAL vrag vlietuig wat by OR land het nie kos vir SA nie. Dit is die ANC, SACP en Cosatu se kos en drank!

katerinadiekat ·

Nee nie almal nie. Meeste mense in Soweto en baie ander swart nedersettings betaal niks.

Alyssa ·

Jy is heeltemal reg, dis alombekend hulle kry als verniet.
Het eintlik na ons werkersklas verwys

Miskruier ·

Verseker, ek betaal elke maand huur vir die een kragpaal maar daar is 22 ander kragpale op my grond en Eskom betaal nie n sent daarop nie.

Adam Adriaan ·

Hoof doel wat nagestreef word deur die ANC is reeds telkemale genoem op hierdie platform. Dit word vir hulle voorgeskryf, deur die linkse liberale sosialistiese NWO drywers. Alle mense in die wêreld moet verarm word en afhangklik gemaak word van die onderskeie regerings. Alle moet verniet vanaf die staat verkry word. Vry medies,vry, skole,universiteite vry alles. Beheer word verkry tot oor hulle godsdiens As hulle beheer kan verkry oor jou huishouding en jou gesinslewe, dan sal hulle jou kan manipuleer soos wat hulle wil. Een van die beste metodes is om mense honger te maak. As jy nie kos het nie, dan sal jy alles doen om aan die lewe te bly. Dit is die resep, waarna hulle strewe. Net die Elite wat bo regeer sal nie hieraan onderworpe wees nie. Duidelik wat nou voor ons afspeel. Hierdie toneel wat gespeel word deur voort te gee dat hulle so besorg oor ons lewens is, is misleiding!!!, om hulle doel te bereik.

Scalla ·

Die produkte op winkelrakke moet eers klaar raak voor hul gaan besef van waar dit oorspronklik kom.

Wondermaarnet ·

Seker ook net sekere boere wat deur hul nek betaal vir krag.

Piet parys ·

Gelukkig het ek eskom gegroet middel april . Solar duur aanvanklik , maar genoeg gehad van Escom se belaglike verhogings. Die eskom punt is 1800 +btw en my verbruik was 400kw/ uur wat my rekening se totaal op R2500 bring . Maw R 6 / kw. Belaglik

Nico ·

Hoekom word elektrisiteit gratis aan Zimbabwe verskaf, die beste steenkool word ook uitgevoer noudat Eskom lae gehalte steenkool gebruik kan geen toerusting by Evkom behoorlik werk, daar is ook nie geskoolde arbeid nie, nou word ingenieurs ingevoer van Kuba af. Stop die weg gee van elektrisitien aan Zimbabwe, laat almal betaal vir elektrisiteit, stop daarmee dat die minderheids groepe vir al Eskom se gemors betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.